Wednesday 12 December 2018

Liefdes op aarde?

Wat is 'n ma?
'n Ma is 'n drukkie-mens,
'n soentjie-mens,
en ek-is-lief-vir-jou-mens.
Jou ma is 'n koningin wat jou soos 'n slaaf bedien.
Wees lief vir haar - gee haar aandag!

Wat is 'n pa?
'n Pa is jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief-mens.
Jou pa is 'n koning wat soos 'n slaaf vir jou werk.
Wees lief vir hom - gee hom 'n druk!

Wat is 'n broer?
'n Broer is 'n gee-terug-my-goed-mens,
want-ek-gaan-jou-klap-mens.
Jou broer is soos 'n prins. Hy sal jou altyd red.
Gee hom 'n soen!

Wat is 'n suster?
'n Suster is 'n klikbek-mens,
'n toemaar-troos-mens,
maar ook 'n vriendin-mens.
Jou suster is soos 'n prinses. Sy sal jou altyd bystaan.
Gee haar 'n roos.

Wat is 'n vriendin?
'n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra.
'n Vriendin en 'n deel-mens.
'n Luister-mens, maar ook 'n seermaak-mens.
Jou vriendin is soos 'n roos. Gee haar gereeld water.
Koester daardie vriendskap.

Wat is jy?
Jy is 'n pragtige mens, 'n liefde-mens,
en ek-kan-alles-doen-mens.
'n Ek-is-hartseer-en-ek-is-bly-mens.
Jy is... 'n spesiale mens!
Baklei dikwels onnodig met jouself en kla onnodig oor jouself.
Gee jouself 'n klap en 'n soen!

Wat is God?
God is Hy-sonder-wie-ons-nie-kan-of-wil-lewe-nie.  
Gos is Hy-wat-ons-anker-in-die-lewe-is.
God is Liefde.
Gee vir God ... jouself!
(Oorgeneem)