Friday 3 August 2018

Basaar: Die tyd het haas uitgeloop...

Dutoitspanners skud julle vere reg vir ’n heerlike fees môre.

Daar is 'n paar basaar-instruksies wat asb. noukeurig nagekom moet word, ten einde van die basaar 'n sukses te maak.

1.  Kom so vroeg as moontlik, die basaar-woord is uit en kom deel in positiewe pret.
2.  Moenie ontbyt by die huis eet nie - die keuse by die basaar is soveel groter en lekkerder!  
3.  Moenie jou beursie by die huis vergeet nie - dit kan katastrofiese gevolge hê.
4.  Bring die bure saam - goeie buurmanskap is deesdae baie belangrik.
5.  Nooi jou skoonma vir middagete en nuttig dit sommer op die terrein - geen skottelgoed!!
6.  Kom woon hierdie (dank)fees by, want ons het nog so baie om voor dankbaar te wees!   
7.  Koop genoeg braaiwors, kerrie en rys en gee vir vroulief Sondagmiddagete af!
8.  O ja en baie hande maak ligte werk - onthou dit as daar opgepak begin word!

'n Naweek om te onthou...