Sunday 10 February 2019

Dis God wat gee ...

U dek elke dag my tafel
met heerlikhede
uit die skatkamer van U hart.
U sit oorvloedige genade mildelik voor
sodat ek dit kan geniet.
U omring dit met keurige blomme
uit die hemelse tuin,
en sit daarby rypgeworde wyn
uit die kelder van U liefde.

U laat lééf my die lewe in al sy faasette.
U skep in my drome om na te streef.
U laat my groei tot nuwe hoogtes.

Omdat U daar is,
kan my lewe 'n feesmaak
van sukses wees.

Ek loof U, Hemel-God!

[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers.]