Wednesday, 28 January 2026

Mossiestilte: 1 Kor. 15:10a

Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tervergeefs nie, maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal nogtans nie ek nie, maar met die genade van God wat met my is.

Die Here wil jou 'n prys gee oor jou oorvloedige werk ... werk uit die geloof en nie om aansienliker ander vooruit te gaan in goeie werke nie, maar om mekaar te dien en te ondersteun. God gee jou sy genade om aan te hou en voluit vorentoe te gaan in sy werk vir die ewigheid. Jy is wat jy is deur die genade en beplanning van God, oor wie en hoe jy moet wees.

Dankie, Here, dat U my geskep het soos ek is. Ek is geskep om U Naam te verheerlik en u evangelie uit te brei. Ek verheug my daarin dat ek die werk kan doen ten spyte van kritiek en vyandigheid. Ek doen dit nie om eendag 'n prys te kry nie, maar net om in u heerlike teenwoordigheid te mag voortleef. U is die Seun van God en waarheen sal ons anders gaan, as om in u lieflike en aangename heerlikheid te bly. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]