Een van die kerkraadslede het eendag in die middestad van Johannesburg verdwaal. Hy vra toe 'n verbyganger hoe hy by die bepaalde gebou in die stad kan uitkom?
Die man het eers dié kant toe, dan daardie kant toe beduie. Einde ten laaste sê hy: "Meneer, as u soontoe wil gaan, moet u nie eintlik hier begin nie."
oooOOooo
Verkeerskonstabels het ook hulle probleme. Eendag het een 'n man voorgekeer wie se motor in 'n treurige toestand was.
"Noem jy hierdie wrak 'n motor?" snou hy die bestuurder vies toe.
"Nooit," antwoord die man, "anders sou ek vir my al lankal 'n rybewys probeer kry het."
oooOOooo
In die ver afgeleë dele van die Noord-Kaap gebeur daar selde iets. Tot op 'n dag ...
Vrou: "Ou man, kom gou. 'n Man het nou net uit 'n vliegtuig geval en toe deur die skoorsteen tot in die eetkamer."
Man: "Dek maar nog 'n plek. Snaaks wat mense nie alles sal doen om ons gasvryheid te misbruik nie."