Saturday 2 May 2020

My werk-Psalm







Die HERE is my Werkgewer
en daarom is my ‘salaris’ voldoende;
ek kom niks kort nie.
Die Here maak my rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in my en rondom my.
Die Here lei my na Sy plek
van vrede en vreugde
waar my gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee my krag
vir elke dag,
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei my veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke,

Nou weet ek,
ek kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal my nooit in die steek laat nie. 

(Aangepas-ACRó26/09/2013)