Saturday 23 May 2020

Wenke vir vryers!

VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER
RSG – MEI 2005

Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
As jou broek lyk of hy los hang, sal ek hom met ‘n paar spykers vir jou vassit.
Ek lyk nie gemeen nie – ek ís gemeen.
Ek is nie lus vir praatjies maak oor die weer of rugby nie.  Ek wil net een ding weet, en dis wanneer jy my dogter terugbring.  En ek ken net een woord – VROEG.
Moenie tyd mors met rondry nie. Maak jou handig – was die kar.
As jy my dogter laat huil, sal ék jóú laat huil.
Jy vat nie my dogter na enige fliek met ‘n ouderdomsbeperking nie. Walt Disney is ‘n goeie keuse, maar ‘n besoek aan haar ouma is nog beter.
Moenie vir my lieg nie – ek gaan vir jou uitvang!
Moenie jou laat flous deur die feit dat ek ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou tevrede te hou.
Toemaar, onder al die dreigemente het ek eintlik ‘n goeie hart!

[Hierdie is een van drie stukkies juwele wat ek anoniem gekry het - en ek deel dit graag - Meimaand 15 jaar terug, was sosiale kuiers 'n gegewe!]

Klik HIER as jy van hierdie stukkie Saterdagwysheid gehou het.