Tuesday 10 October 2023

Duisend dankies, Dutoitspanners


Die funksies en aktiwiteite wat die kerk aangebied het, het so vinnig gekom en gegaan. Almal het só uitgesien daarna en nou is die blokkies afgemerk en snel die jaar ten einde. Ons dink aan die onlangse lentefunksie, die mandjiedans en ook ds. Ensie se uitreik na Malawi. Pragtige blomruikers, mooi gedekte tafels en heerlike eetgoed/etes was aan die orde van die dag. Gesindhede en die goeie samesyn was die gom wat van elke aktiwiteit 'n wenner gemaak het.

'n Groot dankie aan elkeen wat ongesiens en ongevraagd die ekstra myl geloop het om van die onderskeie funksies 'n sukses te maak.
 .  
Die kerk bid dat die saad wat in Malawi gesaai is, vrugte sal dra. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat ons, Sy kerk, so ryklik seën, bewaar en behou.