Thursday 5 October 2023

'n Heerlike mandjiedans

Kuier, kuier, kuier, lag, gesels en skerts was aan die orde van die dag op Rooifontein. Die week se probleme en die land se slegte nuus het op pad Rooifontein toe in die niet verdwyn en met die orkes wat voete laat jeuk het, was daar nie tyd om oor beurtkrag en petrolpryse te murmereer nie. Wat wel 'n onderwerp van bespreking was, was die rugbywedstryd en die skopprobleem ...

Foto's: Elsa Minne