Friday 20 October 2023

Grenadella-yskastert vir die naweek

Benodigdhede
: (groot tert)
2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
125 ml (½ koppie) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 pakkie jellie (suurlemoengeur)
250 ml (1 k) kookwater
Suurlemoenskyfies (opsioneel)

Metode:
Klits die koue ingedampte melk
Voeg die suiker stadig by
Voeg die grenadellamoes by en meng
Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos
Laat afkoel, maar moenie dat dit stol nie.
Roer in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot gesmeerde bak
Gooi van die melkmengsel oor
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel
Verkoel 3-4 ure
Sit voor met ekstra grenadellamoes of dun suurlemoenskyfies