Friday 27 October 2023

Jogurttert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pak tennisbeskuitjies
30 ml botter - gesmelt
1 pak jelliepoeier (perske/pynappel/aarbei)
125ml kook water
1 blik kondensmelk
2 telepels gelatien (opgelos in warm water)
750ml gegeurde yoghurt (perske/pynappel/aarbei)
Belangrik: Sorg dat geur van jellie en yogurt dieselfde is.
250 ml room (styf geklits met bietjie suurlemoen)
60 ml suurlemoensap

Metode:
Kors: Breek tennisbeskuitjies en meng met gesmelte botter
Pak onderin 'n gesmeerde bak  
Vulsel: Los jellie in kookwater op
Roer kondensmelk en yogurt by
(Jelly hoef nie af te koel nie)
Voeg nou opgeloste gelatien by
Vou laastens die room in
Gooi vulsel in die kors en laat in yskas stol