Sunday 30 October 2016

Gebed vir matrieks...

Ek staan op die brug, Heer, 
tussen gister en môre... nou -
Tussen kindwees en grootwees is ek nou.
En ek weet -
Nog nooit het ek soveel geweet nie,
of so min...
Nog nooit was ek so groot nie,
en so klein -
Nog nooit was ek so honger vir die lewe,
of so bang, as juis nou.
Here, wees U by my,
langs my,
oor hierdie brug -
Want sonder U Here, wil ek omdraai en vlug!
Here, help my om gister suksesvol af te sluit,
Help my om myself vir môre te slyp.
Help my fokus, Heer,
help my lees -
Gee my moed en insig en krag vir elke vraestel,
elke eksamendag.
In elke vak wat ek studeer, o Heer -
Laat my opnuut die wonder van U aarde,
U skepping sien -
Die hand van die Almagtige God wat ek dien.
Maak my rustig, Heer,
kalm en stil -
Hou spanning en angs weg van my.
Laat my hand in U s`n bly.
Ek bid daarvoor in die naam van ons Here Jesus Christus.
AMEN