Sunday 2 May 2021

Hoe geniet ons die lewe?

1. Wees tevrede 

2. Kies jou gemoedstoestand 

3. Veg teen stres en bekommernis.

Jip, dis moontlik. Ek het hierdie oulike ding gelees oor bekommernis: "Sluit die hekke van die verlede. Moenie aanhou terugkyk na die probleme en foute van die verlede nie. Sluit ook die hekke van die toekoms. Moenie bekommerd wees of vrees vir wat in die toekoms kan gebeur nie. Die toekoms is vandag. Hanteer vandag. Jy kan nie in die verlede leef nie, ook nie in die toekoms nie. Jy kan net vandag leef. Elke dag is 'n nuwe lewe, 'n nuwe begin. Berei jouself voor vir die toekoms deur vandag tot sy volle potensiaal te leef. As jy bekommerd is oor wat dalk more mag verkeerd gaan, was jy verniet bekommerd. En as dit dan wel gebeur, was jy twee keer bekommerd.”

Pragtig nè? Leef vir vandag - voluit. Nog iemand het gesê:- "Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today, is a blessing!"

Ps 118 : 24 "Live for today, enjoy today. This day belongs to the Lord! Let's celebrate and be glad today!”

Bekommernis maak jou siek, laat jou stres, steel jou lewensvreugde, maak jou moeg, gee jou plooie, maak jou depressief, negatief, veroorsaak vrees, moedeloosheid, magteloosheid. G'n mens kan sy lewe geniet as bekommernis jou hele dag insluk nie.

Hoe vind ek dan vreugde? Hoe kan ek dan my lewe ten volle geniet?

Vind jou vreugde in die Here:

God is goed, kom ons eer Hom daarvoor. Daar is baie om voor dankbaar te wees, kom ons geniet dit.

Die Here het ons die vermoë gegee om te kies, kom ons kies reg.

Glimlag teenoor frons. Lag teenoor huil. Vrolik teenoor bedruk ... wat kies jy?

"A smile is a curve that sets everything straight."

Lees die volledige stuk HIER.