Monday 11 July 2022

Gebed vir die week – John Baillie

Here God, mag die herinneringe aan die lewe van u Seun
wat op die stofpaaie van hierdie aarde geloop
en tussen ons gewone mense gelewe het,
vandag in die alledaagse take en eise van die lewe
vir my tot inspirasie wees.

Laat my onthou hoe Hy gedien het,
eerder as om op bediening aanspraak te maak;
hoeveel deernis Hy gehad het met alle mense se pyn en seerkry;
hoe moedig Hy was in sy eie lyding.

Herinner my in my eie optrede aan sy nederigheid.
Hoedat Hy nie ander beledig het
toe hulle Hom verneder en geslaan en bespuug het nie.

Laat sy eenvoud my leer
om alle vertonerigheid te vermy.

Laat my leer uit sy
selfbeheersing, sy rustigheid en innerlike vrede,
sy volkome vertroue op U, sy Vader.

Vul my vandag opnuut met die krag van u Gees,
sodat ek in Jesus se voetspore sal kan volg.

(Uit: Die Groot Gebedeboek, saamgestel deur Piet Naude, 2014)