Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer ...
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig ...
Toe gee Hy my genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.
Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop ...
Toe gee Hy my armoede om my van my hoogmoed te stroop.
Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys ...
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.
Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet ...
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.
Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie ...
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my.
By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou.
Altyd.
[Bron: internet]