Friday 2 June 2023

Jy mag nooit vergeet waar jy vandaan kom ...

Verskeie mense word op jou pad geplaas.
Moet nooit 'n vreemdeling net dadelik wegstoot.
Jou glimlag, jou sagte groet, dalk jou aanraking,
dit alles maak 'n verskil van 'n leeftyd.

'n Ander se lewe is in jou hande,
bewustelik of onbewustelik.
Leer uit jou foute,
wat nie noodwendig 'n fout was nie.

Die Here gebruik elke dag gewone mense.
Ons het nodig om soms in ons spore gestop te word.
Soms is dit nodig om jou asem diep in te trek en op te kyk,
dis waar jou hulp vandaan sal kom.
 
Heer, dankie vir my mosbelaaide pad,
Dankie dat daar soms afdraaipaaie is.
Plekkies waar ek kan stop en 'n koeldrank kan drink ...
Of sommer net die skoonheid van 'n sonondergang kan bewonder.

Heer, dankie vir al die uitsonderlike mense in my lewe.
Dankie dat U my gebruik en soms gewone mense na my stuur
Dankie dat U altyd weet wat ons elke dag nodig het.

[Dankie, Anoniem]