Sunday 18 June 2023

Ek is nog steeds jou Pa ...

Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy nie meer luister of omgee wat ek sê nie.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy besluit dat ek outyds is en jou eie pad wil gaan.
Ek is nog steeds jou Pa ....
As jy terugpraat, kla en stry.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy dink, jy weet jy meer as ek.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy wegtrek en 'n stukkie van my hart saamneem.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En ek sal jou nog net so lief hê soos die eerste dag toe ek jou in my arms gehou het.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En ek sal vir jou bid en sorg dat jou vlerke sterk genoeg is om te sweef.
Ek is nog steeds jou Pa ...
ek sal wil hê wat die beste is vir jou en ek sal my planne vir joune opoffer.
Ek is nog steeds jou Pa ...
Ek sal altyd plek vir jou hê en 'n drukkie om jou te verwelkom.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En tot my laaste asem sal ek jou liefde aanhou dra.
En dank God elke dag vir die voorreg en vreugde wat dit al genoem is
Jou Pa.

[Oorgeneem]