Tuesday 13 June 2023

Terugblik: Die Pienk Boekie


Dawn du Preez vertel: Gedurende 2011 was Kimberley vir vier dae sonder water; die winkels het ook geen water op hulle rakke gehad nie. Een van die senior burgers van Kimberley-Wes gemeente wat nog op haar eie woon, het haar apteker gebel om hom te vra of hy nie asseblief vir haar 'n bietjie water kan stuur vir 'n koppie tee en die res vir haar hondjie nie. Sy het niemand anders om te vra nie.

[Dit laat 'n mens dink hoe betrokke is ons regtig met die mense wat nie geld of 'n manier het om water te koop nie, veral deesdae is geen water eerder die reël as die uitsondering.]

[Bron: Die Pienk Boekie Nuusbrief nr. 93 Maart 2011] 

Die Pienk Boekie is 'n boekie wat kwartaalliks uitgegee is vir die vrouelidmate van die NG Kerk in die Noord-Kaap. Die redakteur op daardie stadium was Janetta du Preez wat op Lime Acres gebly het.

Die visie van hierdie Christen-vroue was leer, leef en dien met liefde.