Monday 19 June 2023

Besoek gerus die blog en kuier saam met ons

Dutoitspan se blog is net 'n selfoon ver. Merk hierdie leesgenot gerus as 'n gunsteling op jou foon. Daar is 2595 artikels en 50 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Onder die pages is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.

Bogenoemde statistiek is net 'n paar getalle om vir ons 'n aanduiding te gee wat die afgelope maand gelees is. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers was, is Moedersdag. Dit wil voorkom asof die ma's baie belangriker as die pa's is. Vadersdag lê in die derde plek, ten spyte daarvan dat Vadersdag in Junie-maand val.


Klik HIER om 'n vinnige draai by die page Moedersdag te maak, as jy graag wil weet hoekom dit so gewild is. 'n Ander interessante besoekpunt is die blink idees vir 'n basaar. Dit is 'n aanduiding dat die basaar nie te ver is nie. Klik HIER om 'n paar basaaridees te kry.


Die post wat die meeste besoek is, is die nagmaaldiens wat by Sally Aucamp gehou is. Klik HIER as jy 'n kykie in die lewe van 'n Sally Aucamp-inwoner wil kry. In die tweede plek hou die lesers (ek vermoed dis die vrouelesers) van die wyse waarop pa na kerk vir die gesin vleis braai.  Klik HIER om die braaistorie te lees.

'n Groot dankie vir elke getroue leser, elkeen wat só gereeld brokkies nuus, foto's en inspirasiestories instuur en die gereelde terugvoering wat nodig is om 'n behoeftebepaling te doen. Vandag sê ons 98 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com