Saturday 14 September 2019

'n Beroep op al die omgeemense in die gemeente ...



Briefie van ACVV Ons Huis:

Ons hier by Ons Huis het harte en hande nodig.

Daarom vra ons met groot vrymoedigheid vir die Dutoitspanners om ons te help.

Die tyd raak min vir ons eerste basaar. 5 Oktober 2019 is om die draai en ons wil julle graag daar sien. Maar meer nog, ons wil graag mense hê wat by die tafels betrokke raak.

Ons besef dat julle 'n maand terug self  'n basaar gehad het, dus sal julle raad, idees, hulp en skenkings van onskatbare waarde wees.

Kontak my gerus vir enige navrae:

Cindy: 079 697 6336 of 053 831 5815

Die bedrywigheid gaan op die hoek van Longstraat en Hollandweg wees ... julle sal dit nie kan miskyk nie!!

Besoek ons faceboek of Ons Huis se blog vir meer inligting.

Van ons klomp hier by Ons Huis!