Friday 20 September 2019

Ondersteun die ACVV en Ons Huis se basaarpoging ...

Met September al 'n hele ent agter ons, is daar definitief mense wat huis skoongemaak het en 'n bietjie van hulle oortollige goed uitgegooi het. Onthou altyd: jou onbruikbare artikels is 'n anderman se skatte.

En orals is hierdie skatte welkom. Die ACVV maatskaplike dienste het 'n groot witolifanttafel, maar daar is ook die Kleretrommel by Ons Huis wat altyd op soek is na voorraad om te verkoop. En dan is daar Dutoitspan se eie klerewinkel.