Interessanthede

Terug na HOME PAGE


Interessante feite oor die Bybel
66 boeke
1189 hoofstukke
929 hoofstukke in die Ou Testament
260 hoofstukke in die Nuwe Testament
31214 versies
773746 woorde
3466480 letters
Langste vers - Ester 8:9
Korste vers - Joh 11:35
Middelste boek - Miga
Middel van die Bybel - Ps 118:8
Kortste hoofstuk - Ps 117
Langste hoofstuk - Ps 119

Die Bybel is uniek in sy samestelling

Die samestelling van die Bybel is uniek en het geen gelyke nie.

BOEKE: Die Bybel bestaan uit twee dele wat bekend staan as die Ou Testament en die Nuwe Testament. In totaal is daar 66 boeke in die Bybel wat oor ‘n tydperk van ongeveer 1600 jaar geskryf is. Die Ou Testament bestaan uit 39 boeke en die Nuwe Testament 27. Die Ou Testament het baie geskiedenis, maar daar is ook baie voorspellings van ‘n Messias of ‘n Verlosser wat sal kom.

Die 27 boeke van die Nuwe Testament is geskryf deur verskillende mense wat in die tyd van Jesus gelewe het en dus ooggetuies was van Jesus se lewe op aarde. Paulus was wel nie een van Jesus se dissipels nie, maar hy het in dieselfde tyd gelewe en het net na die opstanding die gelowiges aktief vervolg. Al 27 boeke is binne 27 jaar na Jesus se sterwe en opstanding geskryf.

OORSPRONG: Die Bybel is geskryf op drie verskillende kontinente: Afrika; Asië en Europa, in tye van vrede, voorspoed, hongersnood, verdrukking, oorwinning en in drie verskillende tale: Grieks, Hebreeus en Aramees.

SKRYWERS: Die Bybel is deur 40 verskillende mense uit elke moontlike vlak van die samelewing geskryf: 
Moses was ‘n geleerde man.
Petrus was ‘n visserman.
Dawid was ‘n Koning.
Matteus het vir die ontvanger van inkomste gewerk.
Rut was uit die werkersklas.
Ester was ‘n koningin.
Paulus was ‘n Fariseër en het die grootste gedeelte van die Ou Testament uit sy kop geken.
Lukas was ‘n mediese dokter.

Besoek gerus die onderstaande webwerf vir ongelooflike interessanthede.
Attie se koffietafel http://attiesnel.com/2008/07/28/die-bybel-is-uniek-saamgestel/
Die Bybel
Die oudste manuskrip van die NT is ‘n papirus fragment wat verse uit Johannes 18 bevat.  Geleerdes dink dat dit uit ongeveer 125 n.C. dateer.

Vroeë Christene het ook die Bybel lukraak oopgeslaan, as hulle ‘n antwoord op ‘n probleem wou ontdek, en die eerste reël gelees waarop hulle oë val, en dit as ‘n goddelike boodskap aan hulle beskou.  Dit was so gewild dat dit gereeld deur die eerste kerklike konsilies veroordeel is.

Die woord Bybel kom van die ander Griekse woord vir die papirus plant, biblos, omdat die pit daarvan gebruik is as papier.   Die pit van die papirus plant (‘n soort biesieplant wat in die Nylrivier gegroei het) is kruis en dwars gelym en dan glad geskuur. Lengtes hiervan is ook aan mekaar vasgelym om boekrolle te vorm.  Mettertyd is sulke papirusbladsye aan mekaar gebind in boekvorm, wat kodekse genoem is (bv. die Alexandrynse kodeks ens.).

Ons hoofstuk- en vers indeling kom uit die tyd toe die teks van die Vulgaat, die amptelike Bybel van die Roomse Katolieke Kerk in Latyn, verdeel is in hoofstukke in die 13de eeu deur Stephen Langton, ‘n professor van Parys, en in die 16de eeu ook in verse deur Robert Estienne, ‘n Franse uitgewer, wat verwysings na die Bybel makliker as tevore gemaak het.

Maar dit het natuurlik ook tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as te vore.  In plaas daarvan dat die Bybel (of ‘n boek in die Bybel) in die eerste plek as ‘n geheel gelees is, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om sekere dogmatiese punte te beklemtoon.  Lectio (lees) het baie makliker oorgegaan in Questio (bevraagteken).

Die Bybel is die oudste en mees gewilde boek van die wêreld. Die Bybel is die bron van die waarheid en die lewe. Die Bybel is in 'n skrif geïnspireer deur ons Skepper.

[Written by Chris van Wyk.]