Predikante wat in die gemeente gearbei het

Terug na HOME PAGE
Enkele leraars 

1.    Prop. JC de Vries  05/1873 word hy bevestig


2.    Stephanus Hendrik Kuhn, 10/06/1877 - 07/1880


3.    Abraham Kriel, 22/07/1881 - 07/03/1893
Ds. Abraham Kriel,
1881 - 1893















4.    Stefanus Jacobus Perold, 07/1893 - 04/1895
Ds.S J Perold,
893 - 1895

















5.    Willem Francois Petrus Marais, 10/01/1896 - 18/10/1912
Ds. Willem F P Marais,
1896 - 1912















6.    Jacob Rabie, 31/05/ 1913 - 28/01/1916

Ds. Jacob Rabie,
1913 - 1916















Ds. Jacob Rabie en gesin




















7.    Christiaan Rudolph Kotzé, 21/04/1916 - 16/11/1918


8.    Stephanus de Villiers, 13/07/1919 - 10/.01//1926


9.   J le R. Hauptfleisch  17/07/1926 - 05/08/1940

Ds. J le R. Hauptfleisch
1926 - 1940















10. Jozua Francois Naudé jr. 12/10/1940 - 31/03/1945

Ds. J F Naudé jr. 
1940 - 1945

















11.   Johannes Visser, 08/08/1945 - 18/07/1952
Ds. en mev. Johannes Visser, 
1945 - 1952













12. Cornelis Theron, 08/02/1953 - 13/09/1957


13. Hermanus Louwrens Burger, 07/03/1954 - 15/04/1955 
(word die eerste leraar van dogtergemeente Diamantveld)


14. A.P. Smit,03/ 1958 - 08/1959 (word die argivaris van die Kaapse Kerk)


15. Willem J. Steenkamp 06/02/1960 - 23/03/1964
Ds. Willem Steenkamp
1960 - 1964 















16. Johannes Hermanus Frier, 02/11//1964 - 08/03/1968
Ds. JH  Frier














17. Johannes Hendrikus Siebert  08/12/1968 - 31/12/ 1973

Ds. en mev. JH Siebert
(met Hannes en Igno)
1968 - 31 Desember 1973













18. Hendrik Christoffel de Wet, 5/10/ 1974 - 06/04/ 1985


19. Casprus Marthinus Vermaak  Wait 29/01//1979 - 25/04/1982



20. Nicolaas Christoffel van Wyk.13/08/1983 - 26/04/1987


21. Lucas Marthinus Coreejes, 19/12/1987 - 26/11/1995


22. Andries HG  Lötter. 17/12/1988 - 09/1992


23.John Stevens van der Walt 21/1/1996 - 30/04/1999


24. Richard James  Holloway.12/05/1996 - 26/07/2009


25. Keyde O'Callaghan. 01/01/2000- 25/02/2007


26. Jacobus Stephanus  Kloppers  4/02/2010 -


Interessanthede van sommige leraars:

#Jozua Francois Naudé jr. 12/10/1940 - 31/03/1945


Bekende kultuurmens oorlede
(Martiens van Bart)

KAAPSTAD. - Die bekende en geliefde Afrikaanse taal- en kultuurmens en jare lange lid van die SA Bybelgenootskap, ds. Jozua Francois Naudé (89), is gister in Pretoria aan hartversaking oorlede. Hy was die ouer broer van die ewe bekende dr. Beyers (oom Bey) Naudé.

**Oom Joos, soos hy alombekend was, is op 23 Februarie 1913 in Roodepoort gebore. Hy was daar, in Piet Retief en in Graaff-Reinet op skool. Daarna het hy in die teologie aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en was, soos oom Bey, 'n Wilgenhoffer.

** Sy eerste beroep was na die NG gemeente Beaconsfield in Kimberley, waarna hy leraar van die NG gemeente Elsburg was. In 1949 het hy hom by die SA Bybelgenootskap aangesluit en in 1976 afgetree. Hy het lank op Somerset-Wes gewoon voordat hy sy laaste dae in die Masonic Haven-tehuis in Die Wilgers, Pretoria, deurgebring het.

** Jozua was die oudste seun van agt kinders van die Bittereinder ds. Jozua Naudé. Sy susters Hymne Weiss en Lierieka Badenhorst is reeds oorlede.

** Hy word oorleef deur dr. Beyers Naudé, mev. Lichtstraal Söhnge, mev. Adalena Bekker, mev. Vryheidster (Stella) Verloren van Themaat en mev. Reinet-Retief Geldenhuys.

**Die verassingsdiens is Saterdag om 11.30 uit die NG gemeenskapskerk Fountainbleau. Ds. Chris Brand sal die roudiens lei.
[Die Volksblad Woensdag 30 Oktober 2002 bl.2]

Ds.J.F.Naudé , leraar van 
1921 tot 27 Augustus 1948
toe hy in die amp oorlede is. 
Hy was 75 jaar oud. 
Ds. Jozua Francois Naudé (senior - die pa van Dutoitspan se ds. Naudé)

Ds. Jozua Francois Naudé (Middelburg, Kaap, 20 Maart 1873 - 27 Augustus 1948) was eers 'n onderwyser, maar daarna 'n predikant en leiersfiguur in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Naudé kry sy opleiding op Stellenbosch en het toe eers onderwys gaan gee.

Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, het hy gaan veg en het eers ná die oorlog sy studie voortgesit aan die Kweekskool op Stellenbosch. Einde 1909 is hy gelegitimeer en die volgende jaar is hy in sy eerste gemeente Goedemoed, 'n arbeidskolonie in die Suid-Vrystaat oorkant die Oranjerivier naby Aliwal-Noord, bevestig. Hy vertoef net twee jaar hier, want in 1911 word hy in Roodepoort bevestig. In 1919 vertrek hy na Piet Retief, waar hy bly tot 1921 en toe 'n beroep aanneem na die NG gemeente Graaff-Reinet, waar hy die volgende 27 jaar sou arbei tot en met sy dood.

Volgens die skrywer van Naudé se doodsberig in die NG Kerk se Jaarboek vir die jaar 1949 "het die Here hom geseën met kostelike gawes van verstand en hart". Wanneer hy oor 'n saak gepreek het, was dit "altyd weldeurdag". Hy het dan ook 'n leidende rol geneem in kerklike vergaderings en in belangrike kommissies gedien. 'n Tyd lank was hy ook lid van die Raad van die Kerke, die voorloper van die NG Kerk se Algemene Sinode in die dae toe die vier provinsiale sinodes nog afsonderlike kerke was.

In 1948 is Naudé benoem as waarnemende actuarius. Hy is egter onverwags op 27 Augustus 1948 in die ouderdom van 75 jaar oorlede toe hy nog predikant op Graaff-Reinet was.

Van ds. Naudé word gesê dat hy 'n "vriendelike persoonlikheid" gehad het "wat sy vroomheid weerspieël het". Hy het sy lewensarbeid met toewyding en getrouheid verrig. Sy seun Beyers was ook 'n NG predikant en 'n vooraanstaande kampvegter vir gelyke politieke regte vir alle Suid-Afrikaners en 'n dogter, Hymne Weiss, 'n skrywer en vertaler. Sy is op Goedemoed gebore.[1]

Ds. Naudé se nasaat Milde Weiss het in 2014 'n boek, Vuurtoring, oor sy lewe die lig laat sien.[2] Die Laerskool Jozua Naude in Roodepoort is na hom vernoem.

Bronne[wysig | wysig bron]
Oberholster, dr. J.A.S. 1948. Jaarboek van die Gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerke, 1949. Kaapstad: Jaarboek-kommissie van die Raad van die Kerke.