Kerkkantoorgeskiedenis!

Terug na HOME PAGE

Hoe het ek in die kerkkantoor van Dutoitspan 54 jaar terug beland? 

Ons het in Julie 1958 in Dutoitspan-gemeente ingetrek. Nie lank daarna nie, het ds. Smit as argivaris na Kaapstad vertrek. Ds. WJ Steenkamp het hom as predikant opgevolg toe hy die beroep na Dutoitspan-gemeente aanvaar het. Hy het van Olifantshoek af gekom. en het sy intreepreek op 5 Februarie 1960 gegee - my verjaardagdatum!!

Die kassier op daardie stadium was mnr. Andries Combrinck. Hy was kassier van 1957 tot 1960. Hy word skielik verplaas en mnr. Saly Beukes neem as kassier oor. Ongelukkig kon hy net 'n paar maande aangaan, tot Junie 1961, toe hy ook verplaas word. Die skriba- en kassierwerk is deeltyds gedoen deur werkende persone, sodat die kerk nie 'n salaris aan die persone hoef te betaal nie. Hulle het slegs 'n honorarium gekry. Dutoitspan was nog nooit 'n ryk gemeente nie en moes in die verlede, net soos nou, sy sente omdraai om al die gate toe te stop.

Ds. Steenkamp het my genader en gevra of ek bereid is om oor te neem as kassier, aangesien ek op daardie stadium die enigste een in die gemeente is, wat 'n boekhouer was. Vir elke verskoning wat ek gemaak het, het hy 'n oplossing gehad. Op die ou end is ek sedert Julie 1961 in die pos aangestel en moes ek myself leer wat aangaan. My salaris was vir baie lank R15,00 (7 Pond 10) 'n maand, maar ek het dié werk met groot liefde gedoen.

Op daardie stadium was mnr. Piet Labuschangné, 'n onderwyser van beroep, die skriba van Augustus 1955. Na sy dood, het ek ook dié werkie gedoen. Tot en met 2011 was ek die skriba-kassier en het saam met verskeie predikante saamgewerk. Elmie Bean het by my oorgeneem as skriba.

As ek vandag terugkyk oor 'n leeftyd van diens, dan besef ek dat alles net genade is. Na 54 jaar is ek nog steeds in diens van die Dutoitspan-kerk.

Mei 2012 - tydens die kerkbasaar!

2011 het die gemeente vir my 'n geselligheid gereël vir 50 jaar
diens.
























Twee van my kollegas, Elsa Minne en Elmie Bean, wens my geluk!





















Johann Bean lewer 'n toespraak!

Christelle Hattingh sê 'n paar woorde, terwyl Addie Buitendach
die geskenk oorhandig!












































Saam met my skoonseun, Henry Welman!

Ds. Kobus Klopper, huidige leraar, Alda Welman, my oudste
dogter en ek in 'n ligter luim!
 

Ds. Groenewald, 'n gemeenteseun, was in my Sondagskoolklas. 
Die daaropvolgende week het hy Kaap toe getrek... 
as pensioenaris!!!