Stukkies en brokkies uit ander media

Terug na HOME PAGE

Nog Kerkkantore Spog met Personeel

Ons het verlede week berig oor Swellendam se skriba met 40 jaar diens. 'n Paar gemeentes was vinnig om te laat weet dat hulle eie kerkkantoor personeel self lank in die tuig is. In Dutoitspan (Noord-Kaapland) is Schalk Pienaar sedert Julie 1961 deel van die span, eers as kassier, toe as skriba/kassier en sedert Oktober 2011 weer as kassier! Dis mos so-te-sê in die kategorie van 'n goue bruilof.  Elma Bosman by Parow-Welgelegen het aaneenlopend 28 jaar diens en hoop om haar 30 jaar te voltooi!

Van ons kant: DANKIE aan elke skriba/kassier – sonder julle hulp met kommunikasie en administrasie, is ons hande afgekap!


[JONGSTE NUUS
7 Februarie 2014
Sentrum vir Kommunikasie
Privaatsak X8, Bellville, 7535
Tel: 021 957 7195
Faks: 021 957 7197
kommunikasie@kaapkerk.co.za]


Die NG Kerk Noord-Kaapland het 'n beriggie 
in hulle eNuus geplaas!