Weet enigiemand wat die verband tussen hierdie gemeente en die baie bekende Nellie du Toit is?
Stuur gerus 'n e-pos en hou die blog dop vir die antwoord!
[http://www.sahistory.org.za/dated-event/petronella-nellie-du-toit-south-african-soprano-singer-born]
Wednesday, 31 January 2018
Tuesday, 30 January 2018
Monday, 29 January 2018
Sunday, 28 January 2018
Dutoitspan se noot vir 'n noot...
Die gemeente se orrel vra na meer as 60 jaar dringende aandag. Niemand van ons is so gelukkig om nooit in 60 jaar dokter toe te gaan nie - in kort, ons kort nou die bekwame hande van 'n "orreldokter" en dit kos geld!
Die oplossing? 'n Orrelfonds! Ons kort dringend papiernote vir die kerk se orrelnote!!
Hiervoor benodig ons elkeen se heelhartige samewerking en toewyding. 'n Klein bietjie agtergrond oor die orrel, sal ons net meer motiveer as ons weet waarvoor ons werk.
Die
pragtige en baie suksesvolle aand is in die kerksaal afgesluit met heerlike
verversings en saamkuier.
Die oplossing? 'n Orrelfonds! Ons kort dringend papiernote vir die kerk se orrelnote!!
Hiervoor benodig ons elkeen se heelhartige samewerking en toewyding. 'n Klein bietjie agtergrond oor die orrel, sal ons net meer motiveer as ons weet waarvoor ons werk.
Ons sal
later kyk na die begin-geskiedenis van die orrel. Ons gaan net so ver terug
soos 1954. Baie vroeg in 1954 het dit duidelik geword dat die orrel dringende
aandag nodig het, die toestand van die orrel was om die minste te sê, treurig!
Daar moes 'n dringende besluit geneem word of daar herbouing moet plaasvind en
of die orrel met 'n nuwe een vervang moes word. Geen ligtelike besluit nie.
Hoewel daar
op daardie stadium nie dadelik aandag aan die orrel gegee kon word nie, weens
ander groot verpligtinge, het die koorlede onder leiding van die orreliste,
mev. AR van der Westhuizen besluit om 'n orrelfonds te loods.
Later het
ds. C Theron en die gemeentesusters (bekend as die huisvlytsusters) 'n reuse
aandeel aan die insameling van fondse gehad. Die hele gemeente was
gemobiliseer, want almal het besef dat die nood (noot...) hoog is!
Die
kerkraad het toestemming verleen dat daar vanaf April 1955 wyksfunksies gehou kan
word ter stywing van die orrelfonds. Die kerksraadslede van die onderskeie wyke het
hulle wykslede aangespoor, want daar was so 'n onderlinge kompetisie oor wie
nou eintlik met die beste fondsinsamelingsplan voor 'n dag sou kom.
Intussen is
tenders aangevra en uiteindelik word die tender vir die firma R Muller vir 2 750 pond
(R5 500,00) gegee. Met die toevoeging van die klokkespel (min kerkorrels beskik
hieroor), sierpype en die aanbring van deurlopende paneelwerk op die galery,
het die bedrag op 3000 pond (R6000,00) te staan gekom. Die spieël, die raamwerk
en gordyn, asook die twee waaiers, is deur goedgesinde persone geskenk.
Pieter van der Westhuizen en |
Die naweek van 2 - 4 Maart 1956 het die orrelinwyding plaasgevind. Die kinders
het die geleentheid gehad om Vrydagaand na die musiekprogram en kantate-uitvoering
te kon luister. Die werklike inwyding het dié Saterdagaand plaasgevind. By
hierdie geleentheid het ds. C Theron die verrigtinge met skriflesing en gebed
geopen en almal baie hartlik verwelkom. Mev. AR van der Westhuizen het, nadat
sy die sleutel van die orrelbouer, mnr. W Zimnier, ontvang het, die herboude
orrel oopgesluit.
Die
gemeente het as lofsang Ps. 146 vers 8 gesing en daarna het prof. dr. Jac J
Muller van Stellenbosch die wydingsrede gehou.
In die
musiekprogram wat gevolg het, is pragtige orrelspel deur mnr. Septimus Smuts en
sangstukke deur mnr. Frank Scheepers en mev. Minnie Greeff (plaaslike talent)
gelewer, voordat die kantate-uitvoering, "'n Jubelende danksegging"
deur die Dutoitspan-kerkkoor onder leiding van die baie bekwame mev. Van der
Westhuizen gevolg het.
Geen moeite is ontsien om 'n program uit die boonste rakke saam te stel nie.
Geen moeite is ontsien om 'n program uit die boonste rakke saam te stel nie.
Ds. C Theron (1953 - 1957) |
Prof. dr.
Jac J Muller het die volgende oggend die Nagmaalsdiens gelei en met 'n dankdiens
die aand afgesluit.
Met al
hierdie verrigtinge het die orreliste en haar koor, sowel as die gemeentesusters en ds. Theron,
'n leidende rol gespeel.
Dinge is
sommer op groot skaal in die gemeente aangepak!
Pas twee
maande na die inwyding van die herboude orrel, is die firma Joubert, Owens en Van
Niekerk (argitekte) geraadpleeg i.v.m. die herbou van die kerkgebou. In hulle
verslag beveel hulle aan dat die houtvensters deur staalvensters vervang word,
die ou pleisterwerk buite afgekap word en met Tiroolse pleister afgewerk word,
dat die toring 30 voet hoër gemaak moet word, terwyl die sy- en vooruitgange
heeltemal verander moet word. Aan die binnekant moes al die mure nuut
uitgepleister en tot vensterhoogte met Mahonie-paneelwerk afgerond moet word.
Ook om die preekstoel moes paneelwerk aangebring word.
(Word vervolg)
(Word vervolg)
Saturday, 27 January 2018
Friday, 26 January 2018
Thursday, 25 January 2018
Wednesday, 24 January 2018
Tuesday, 23 January 2018
Monday, 22 January 2018
Friday, 19 January 2018
Thursday, 18 January 2018
Wednesday, 17 January 2018
Wie se werk is dit?
Dit is die storie van 4 mense – Almal,
Iemand, Enigiemand en Niemand. Daar was ‘n belangrike werk wat gedoen moes word
en Almal was seker dat Iemand dit sou doen. Enigiemand kon dit gedoen het, maar
Niemand het dit gedoen nie. Iemand het kwaad geword daaroor, want dit was Almal
se werk. Almal het gedink Enigiemand kon dit gedoen het, maar Niemand het besef
dat Almal dit nie wou doen nie. Op die ou end het Almal Iemand geblameer toe
Niemand gedoen het wat Enigiemand kon gedoen het.
Tuesday, 16 January 2018
Monday, 15 January 2018
Sunday, 14 January 2018
Gemeentestaaltjie: Die basaar se vleistafel...
Frank Orton was 'n aktiewe gemeentelid en hy en sy vrou, Mary, het skouer aan skouer in die gemeente gewerk. Hy was o.a. hoofdiaken en ook 'n raakvatter as dit by vleiswerk kom. Voor elke basaar het hy en sy vrou saam met die ander getroue "vleiswerkers" aand na aand in die kombuis van die saal gestaan en vleis bewerk. Braaitjoppies, sosaties en wors is vroeë jare deur gemeentelede gemaak. Beeste, skape of varke is vir die kerk geskenk. Dit is reeds vroeg in die jaar op die basaarlys geplaas wat die diakens deur hulle wyke neem. So heel vroeg al kon die kerkraad sien watter "tafels" kreun onder die bydraes en watter vra om daadwerklike hulp!!
Teen die tyd dat dit basaardag is, het die vleiswerkers 'n hele klomp ure agter die blad, maar ook heerlik gekuier in dié kombuis - staaltjies van en grappies oor slag, hoe dinge in die "ou dae" gedoen is, is vertel en resepte en rate is opgediep, afgestof en uitgeruil.
Die "vleiswerkers" was ook sommer die braaiers en met die basaar is daardie vure sommer baie baie vroeg aangesteek, sodat daar reeds braaivleis beskikbaar was na die amptelike opening van die basaar.
Dutoitspan was bekend vir sy heerlike vleistafel (spesiale sosatiesous- en worsresepte was deel van die geheim) en Kimberliete het 'n vinnige draai by die basaar kom maak, net vir die vleis...
Daardie jare het elke gemeente sy basaardatum so gekies dat dit nie bots met ander kerke se basare nie - deesdae is dit nie meer moontlik nie... Kimberley het uitgebrei en vleis word nie meer deesdae op dieselfde manier voorberei nie!!
Teen die tyd dat dit basaardag is, het die vleiswerkers 'n hele klomp ure agter die blad, maar ook heerlik gekuier in dié kombuis - staaltjies van en grappies oor slag, hoe dinge in die "ou dae" gedoen is, is vertel en resepte en rate is opgediep, afgestof en uitgeruil.
Die "vleiswerkers" was ook sommer die braaiers en met die basaar is daardie vure sommer baie baie vroeg aangesteek, sodat daar reeds braaivleis beskikbaar was na die amptelike opening van die basaar.
Dutoitspan was bekend vir sy heerlike vleistafel (spesiale sosatiesous- en worsresepte was deel van die geheim) en Kimberliete het 'n vinnige draai by die basaar kom maak, net vir die vleis...
Daardie jare het elke gemeente sy basaardatum so gekies dat dit nie bots met ander kerke se basare nie - deesdae is dit nie meer moontlik nie... Kimberley het uitgebrei en vleis word nie meer deesdae op dieselfde manier voorberei nie!!
Saturday, 13 January 2018
Friday, 12 January 2018
Thursday, 11 January 2018
Wednesday, 10 January 2018
Tuesday, 9 January 2018
History -
Biography
Title deeds to the farm Dorstfontein granted to AP du Toit, 1860 The first of the Kimberley diamond mines to be discovered was the Dutoitspan Mine, named such because the farm Dorstfontein originally belonged to Abraham Paulus du Toit, who had built a small house next door to the Pan, a saucepan shaped depression that holds water. It was named Du Toit’s Pan for obvious reasons. Du Toit sold the farm to a Mr Geyer for £525 on 12 May 1865, and he in turn sold it to Adriaan J. van Wyk for £870 on 6 January 1869. At the time of the discovery the owner was Adriaan J. van Wyk. http://www.thesolomon.co.za/apr04.html See also page 66 Image attached The Diamond Mines of South Africa: Some Account of Their Rise and Development By Gardner F. Williams
https://www.wikitree.com/wiki/Van_Wijk-468
ANCESTORS
Brother of Floris Johannes van Wyk
Husband of Magdalena Maria Margaretha (van Dyk) van Wijk — married before in Orange Free State
DESCENDANTS
Gemeentegeskiedenis: Handtekening van Dutoitspan se bekendste orrelis!
Mev. AR van der Westhuizen, Dutoitspan se orrelis van April 1947 tot Februarie 1979. |
Pieter se dogter is die wêreldberoemde Anmari van der Westhuizen. Sy is tans professor aan die Universiteit van die Vrystaat
Anmarie van der Westhuizen, Pieter van der Westhuizen en mev. Remerta van der Westhuizen |
Monday, 8 January 2018
Sunday, 7 January 2018
Saturday, 6 January 2018
Friday, 5 January 2018
Gemeentestaaltjies: 'n Ouderling met 'n talent...
Van ouderling Hawie gepraat, hy was 'n man van vele talente...
Die magnetiese veld van die aarde werk op baie mense en oom Hawie was een van hulle - hy kon water wys! Kort nadat ds. JH Siebert in 1968 in die gemeente begin werk het, het die kerkraad besluit om te boor vir water.
Oom Hawie het die betrokke dag eers met 'n stok en daarna met 'n bottel water geloop... Voetjie vir voetjie het hy agter die kerksaal geloop... die ene konsentrasie in die maer lyf. Ondergrondse water werk op hom, dis 'n gawe wat hy het en wat hy tot voordeel van die kerk gaan aanwend... die plek waar hulle kan boor, word gemerk.
Mev. Siebert het ook geloop en alhoewel sy ligte tekens van ondergrondse water gekry het, was dit nie naastenby so sterk soos oom Hawie s'n nie.
Tot almal se groot vreugde word sterk water gekry en die boorgat voorsien vandag nog die kerkgronde van water!
Thursday, 4 January 2018
Gemeentestaaltjies: 'n Ouderling met 'n passie
DIE BESTUUR VAN DIE MSB
Voor: Mnre. PS Venter (sekretaris), AJ van
der Merwe (voorsitter), JP Havenga (o/voorsitter)
Agter: Ds. JH Siebert, FR Maré (tesourier)
|
Oom Hawie was iemand met 'n passie vir dit wat hy gedoen het en iemand wat nie bang was om die ekstra myl te loop nie.
Hy was reeds in ds. WJ Steenkamp se tyd in die vroeë sestigerjare, hulle ouderling.
Wat het oom Hawie so besonders gemaak?
Hy was elke dag dáár - hy het dienste vir die inwoners gehou, bidure, aandgodsdiens, saam met hulle tee gedrink, soms sommer vir aandete gebly, miskien die nuus saam met hulle gekyk, maar hy het altyd die belange van die inwoners op sy hart gedra. Elke Sondag in die konsistorie het hy verslag gedoen en was die predikant en die kerkraad op hoogte van elke sieke, elkeen wat 'n familielid aan die dood moes afstaan, vreugdes van kinders en kleinkinders, maar hulle het ook geweet wie 'n behoefte aan 'n predikantsbesoek gehad het.
Hy het altyd ouetehuis toe gestap en praatjies langs die pad met mense en gemeentelede aangeknoop. Nooit weer was daar 'n ouderling van sy kaliber nie. Met sy afsterwe het die ouetehuis hulle ambassadeur verloor.
Oom Hawie het net dogters en die gemeente het altyd gepraat van oom Hawie se mooi dogters ...
Wednesday, 3 January 2018
Tuesday, 2 January 2018
Monday, 1 January 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)