Wednesday, 30 December 2020
Tuesday, 29 December 2020
My beker loop oor, wanneer:
1. Ek genoeg lewensmiddele het vir een dag. In die Onse Vader-gebed bid ons “gee my vandag my daaglikse brood”, en dit beteken dat jy net genoeg moet hê vir een dag. As jy dus meer as dit het, stort jou beker soos 'n waterval oor sy kante.
2. Ek relatiewe goeie gesondheid geniet. Daar staan geskrywe: waar daar lewe is, is daar hoop. As jy dus, soos ek, gesond is, stort daai beker oor sy kante.
3. Ek goeie verhoudinge met mense het; met familie, vriende, werksmense, huweliksmaat, want dan beteken dit dat jy ondersteuning het in moeilike tye. Spr 17:17: Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken.
4. Ek die genade van geloof het, want dit is 'n gawe uit die hand van God. As jy in God glo, en in Jesus se versoeningswerk, dan maak dit vir jou die poorte van die hemel summier wyd oop.
5. God homself aan my openbaar. Hoe sou jy voel as Madiba jou vandag bel? Of Barak Obama? Of Bill Gates, Brad Pitt of Charlize Theron? Besef jy dat hulle ou oproepie NIKS is teen Hom wat alles in hierdie heelal geskep het nie. Hy wat elkeen van hierdie hooggeplaastes met Sy eie hande gevorm het! Wow, die grootste Een in die hele heelal, roep jou vandag. Openbaring 3:20: Kyk Ek staan by die deur en klop ...
6. Ek besef ek spring die kruis vry, want Jesus het dit klaar gedoen.
Vriend, jou beker loop oor ... glo dit, en leef so!
Monday, 28 December 2020
The Lord's Test ...
Friday, 25 December 2020
Thursday, 24 December 2020
2020 staan einde se kant toe:
Mag elkeen wat eensaam voel gedurende die feestyd, krag ontvang.
Mag elkeen wat swaar dra, se laste verlig word.
Ons wens vir jou is oomblikke van vrede, kosbare kontak met familie en vriende
(self al is dit nie in persoon nie).
Mag ons dankbaar wees vir alles wat ons het en ook so lewe.
Ons dra jou in ons harte hierdie seisoen.
Mag die vakansieseisoen jou huis met vreugde vul
en 2021 jou na plekke neem waar jy nog nooit van tevore was nie!
Friday, 18 December 2020
Monday, 14 December 2020
Friday, 11 December 2020
Wednesday, 9 December 2020
Tuesday, 8 December 2020
Monday, 7 December 2020
Friday, 4 December 2020
Wednesday, 2 December 2020
Monday, 30 November 2020
Sunday, 29 November 2020
Saturday, 28 November 2020
Bankbesonderhede
Friday, 27 November 2020
Wednesday, 25 November 2020
Tuesday, 24 November 2020
Kersfees by Kerslig
Monday, 23 November 2020
Friday, 20 November 2020
Wednesday, 18 November 2020
Monday, 16 November 2020
Friday, 13 November 2020
Wednesday, 11 November 2020
Monday, 9 November 2020
Eksamengebed
Die Here is my herder
waarvoor sal ek bang wees?
Hy laat my die eksamenkamer
rustig binnegaan.
Hy verlig my verstand
Hy lei my in die kennis van geleerdheid
om Sy Naams ontwil.
Al kyk ek na die vraestel
en die vrae is moeilik
sal ek kalm bly,
want Hy is met my.
Die goedheid van my onderwysers
en wat hulle my geleer het,
sal vrug dra en ek sal leef
om Sy naam te loof
tot in ewigheid.
[Onbekend]
Vir elkeen wat bekommerd en bang is vir 2020 se eksamens na 'n spannende jaar.
Saturday, 7 November 2020
Lewensles
Hierdie boom staan steeds regop nadat die wind, weer, water en storms die sand onder hom weggekalwe het ... omdat sy wortels diep in die grond as fondasie vasgeanker is ...
Wat is die fondasie waarop jou lewe gebou is? Hoe diep en stewig is jou geloofswortels in God, Sy Woord, Liefde en trou, vasgeanker? Sal jy kan staande bly ondanks die lewenstorms wat op pad is?...
Maak nou seker ... Maak nou reg!...