Thursday 24 December 2020

2020 staan einde se kant toe:

Mag diegene wat 'n wonderwerk nodig het, geseënd wees.
Mag elkeen wat eensaam voel gedurende die feestyd, krag ontvang.
Mag elkeen wat swaar dra, se laste verlig word.
Ons wens vir jou is oomblikke van vrede, kosbare kontak met familie en vriende
(self al is dit nie in persoon nie).
Mag ons dankbaar wees vir alles wat ons het en ook so lewe.
Ons dra jou in ons harte hierdie seisoen.
Mag die vakansieseisoen jou huis met vreugde vul
en 2021 jou na plekke neem waar jy nog nooit van tevore was nie!