Thursday, 30 January 2025
Loof-prys U Naam!
By die 👣 van Jesus word ons stil voor Hom
By die 👣 van Jesus hoor ons Sy stem
By die 👣 van Jesus spreek Hy woorde soet
By die 👣 van Jesus vind ons krag in gebed
By die 👣 van Jesus kan ons ontspan elke dag
By die 👣 van Jesus kry ons oorwinning oor twyfel
By die 👣 voete van Jesus verdwyn alle vrees
By die 👣 van Jesus is heling vir die gees
By die 👣 van Jesus vind ons troos vir ons gemoed
By die 👣 van Jesus is vrede te kry
By die 👣 van Jesus vloei genade vry
By die 👣 van Jesus is genesing vir die seer
By die 👣 van Jesus is liefde in oorvloed!

[Dankie, Rosetta!]
Wednesday, 29 January 2025
Verjaardagwense
Gelukkige verjaardag, Willem, mag jy elke dag Jesus se koesterende genade en liefde ervaar. 'n Geseënde nuwe lewensjaar, met vrede. Geniet jou dag.
Mossiestilte: Matt. 12:24 en 32
Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels nie.
vers 32 sê Jesus:
En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nooit vergewe word nie, nie in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
'n Ernstige boodskap teen hedendaagse Fariseërs en Godloënaars. Die Fariseërs het nooit kon dink watse verrykende gevolge hulle woorde dra nie; hulle het eintlik die Heilige Gees in Jesus beledig. Kom ons wees versigtig wat ons sê teenoor ander, sodat ons nie 'n oordeel oor onsself uitspreek nie. Lees gereeld die woord van God, mediteer oor die woord van God en bid vanoggend die woord van God, oor jouself, jou familie en vriende.
Dankie Vader, vir u woord wat onder ons kom woon het. Ek bid U, dat U deur die onderskeiding van die Heilige Gees in my lewe, my sal leer om u woord reg te interpreteer. Leer my meer van die Vader en leer my om die hart van die Vader te spreek. Leer my om mense te versterk met u woord, In Jesus Naam, Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Tuesday, 28 January 2025
Mandjie Hoop: Hoogste aspirasies
Ver weg in die sonskyn is my hoogste aspirasies.
Ek sal hulle dalk nie bereik nie,
maar ek kan na hulle opkyk
en hulle prag sien,
in hulle glo
en probeer gaan waar hulle my lei.
[Louisa May Alcott]
Ek sal hulle dalk nie bereik nie,
maar ek kan na hulle opkyk
en hulle prag sien,
in hulle glo
en probeer gaan waar hulle my lei.
[Louisa May Alcott]
Monday, 27 January 2025
Oases op die lang pad
"... Ek het grootgeword in 'n gesin waar ons gedurende vakansies die land deurkruis het. Ons het graag by padstalletjies gestop om van die kontrei se vrugte of droëvrugte te koop wat ons so in die ry geëet het. Die pad na, en van ons bestemming, was altyd deel van die reis en alhoewel die roete soms lank was, was die reis draaglik en aangeneem.
Ons lewenspad kan partykeer 'n hoofweg wees met kitskosrestaurante en geriefswinkels wat ons help om vinniger en makliker van punt A na punt B te kom. Ander kere lê daar weer 'n lang, eentonige pad voor ons uitgestrek waarteen ons opsien, maar wat ons nie kan vermy nie. Waaroor ons wel beheer het, is hoe ons kies om dié pad aan te pak. Gaan ons stop by plekke van lafenis op die pad wat anders lank en eentonig voor ons uitgestrek lê, of kies om eerder verby te ry en onsself die breek, die blaaskans te misgun?
Soms het ons min of geen beheer oor die pad waarop die lewe ons noodgedwonge neem nie. Ons kan egter kies om onsself 'n ruskans te gun deur die mooi en anderse wat wel periodiek op die roete voorkom, raak te sien, te geniet en daaruit te put wat nodig is om die pad vorentoe aan te durf. Net dalk word hierdie stoppe wonderlike herinneringe wat die lang reis nie net draaglik maak nie, maar in iets kosbaar omtower ..."
[Madelein Campher - The Post, April 2024, bl. 12]
Sunday, 26 January 2025
Mossiestilte: Heb. 11:1
Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.
Jou geloof is gebou op dinge wat jy nie kan sien nie.
Ons weet ook dat die wêreld deur God toeberei is deur sy woord, nie dinge wat ons kan sien nie, maar sy woord (vers 3) Ongelowiges en ateïste sal hieroor stry, maar geloof stry nie. Dis 'n vaste vetroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (vers 1).
Jesus het keer op keer verwys na geloof, geloof wat red, of geloof wat te kort kom. Menige gelowiges is gedood oor hul geloof in Christus, sommige omdat hulle Jesus gesien het, met 'n verwagting op die ewige lewe en vergifnis van sonde. Ander omdat hulle glo wat hulle nie gesien het nie, maar met dieselfde verwagting en hoop.
Dankie Here vir die mate van geloof waarmee U my geseën het. Ek glo U is die Almagtige, alwetende God. Ek glo U woord het die skeppingswerk gedoen en U onderhou dit. Ek glo U Seun het vir my sondes met sy bloed betaal. Ek glo Jesus is die woord van God, wat by God is en in God is en lewendig geword en by ons kom woon het. Met my hart glo ek en met my mond bely en getuig ek, dat Christus die Here is en dat die bloed van die lam my oorwinning is. Mag ek U behaag deur die krag van Jesus. Amen.

Saturday, 25 January 2025
Kerkgenotjies: Waarheid - naarheid
* Die vakansie van 'n leeftyd begin dikwels met 'n stukkende waaierband.
* Geen probleem is ooit so groot dat jy nie iemand anders daarvoor kan blameer nie.
* 'n Mens gebruik veel minder spiere om te glimlag as om te frons. ... en nog minder om iemand heeltemal te ignoreer. (??)
* Die getroude lewe is soos vlieë by 'n venster. Dié wat buite is, wil binne wees en dié wat binne is, wil buite wees.
[Dankie, Anoniem, vir hierdie waarhede.]
Friday, 24 January 2025
SNAAKS ...
... hoe baie R100 is as jy dit kerk toe neem, en tog so min as jy supermark toe gaan.
... hoe lank is 'n uur as jy die Here dien en hoe kort 60 minute is as jy langs die viswaters sit.
... hoe moeilik dit is om 'n hele hoofstuk van die Bybel op een slag te lees en hoe maklik dit is om 'n hele roman deur te lees.
... hoe ons nie weet wat om te sê as ons bid nie - en tog kan ons ure lank oor nietighede gesels.
... hoe mens te moeg is na werk om biduur toe te gaan, maar hoe verfris jy voel as daar partytjie gehou word.
... hoe daar nie nog tyd is om op die kerkraad of vrouediens te dien nie, maar hoe 'n mens ure lank na TV, FB en videos kan kyk.
... hoe verveeld mens kan raak wanneer die dominie 30 minute lank preek, maar hoe interessant 'n vollengte rolprent kan wees.
... hoe onbekwaam 'n mens is om vir Here te werk, maar hoe op hoogte van sake jy kan wees oor die politiek van die dag.
Nee, dit is maar net tekens van waar ons prioriteite lê - en van ons ware toewyding aan die God wat ALLES vir ons gegee het
"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Dit is die eerste en groot gebod." Matt 22:37.

[Eerw. Jan Muller]
Thursday, 23 January 2025
Waarvoor wag ons?
Hoekom is daar só verskriklik baie reëls in die liewe lewe?
Genade tog!
Bederf jou kinders, so lank en so baie jy wil.
Eet! Eet wat vir jou lekker is.
Praat, sê dit wat gesê moet word.
Gaan kyk hoe lyk die wêreld, waarvoor wag jy?
Sing, wat jy wil, waar jy wil.
Draai elke klip om en gaan soek jóu waarheid.
Dra jou geel rok al sê almal geel pas jou nie.
Plant die roosboom,
al sê almal dit gaan nie groei nie.
Bestel 'n glas champagne as almal koffie drink.
Waarvoor wag ons?
Hierdie paar ure van elke dag, is jóune.
Maak jou merk, skeef of krom, buite die lyne, so what?
Eendag gaan jy terugkyk.
Ek hoop dan kan jy kliphard lag van tevredenheid.
(#kykmooinajouself)
[Dankie, Rosetta, dat jy altyd aan ons dink met inspirasiegedagtes!]
Verjaardagwense
Estelle, baie geluk met jou verjaardag, mag Jesus jou seën met gesondheid, liefde en vreugde. Geniet 'n wonderlike geseënde dag.
Wednesday, 22 January 2025
Mossiestilte: Gal. 3:7
Die Here sê vandag vir jou dat die belofte wat Hy aan Abraham gedoen het, is ook vir jou. Jy is nou gered en deur jou geloof geseën, deur die belofte dat al die nasies in Abraham geseën sal wees. God se wil was nog altyd, om alle mense te seën en die saad van Abraham het vir jou verlossing en seën gebring.
Jesus is uit die geslag van Abraham, Isak en Jakob. Hy het aan die kruishout almal losgekoop en soos sy belofte aan Abraham, is jy deel van die belofte aan Abraham.
Dankie Here, U het reeds 'n paar duisend jare terug met u woord vir my verlossing gebring. U kan nie lieg soos 'n mens nie. U, is waarlik getrou aan u woord. Al het die mens U nooit gesoek nie, het U my tot God in u lig gebring. Ek is nou eenmaal die geseënde van die Here. Ek is dankbaar en bring al die eer aan U. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Tuesday, 21 January 2025
Mandjie Hoop: God het my geleer ...
om nie bekommerd te wees nie.
Ek het gister oorleef.
Ek hanteer vandag.
En met God se hulp,
kan ek môre aanpak
en alles wat op my pad kom.
[Dankie, Ena]
Monday, 20 January 2025
1 758 e-lesers op 17 Januarie 2025
'n E-besoekershoogtepunt: 1 758 e-besoeke is Vrydag, 17 Januarie 2025 geregistreer. Dankie vir elkeen wat ingeloer het. Moenie dat dit die laaste keer wees nie. 3 503 plasings is tot op hede gedoen. 'n Wye verskeidenheid leesstof - ietsie vir elkeen se smaak. Geniet die leesstof wat die res van 2025 op hierdie blog gaan verskyn.
Sunday, 19 January 2025
Mossiestilte: 'n Aandlied - Ps 4:1-9
Ps 4:2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In my benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig , en hoor my gebed!
Elke dag het sy eie probleme. Een van die grootste probleme is dalk jyself wat alles te ver oordink; ook oor jou eie foute. Daar is ook dan nog die wat uit hulle pad uitgaan om jou skade te berokken, hetsy fisies of geestelik. Maar in jou benoudheid voel jou wêreld baie klein en voel jy ingedruk, asof jy nie ruimte het om asem te haal nie.
Maar die God van geregtigheid ken jou swakhede en het reeds vir jou sondes betaal en sy geregtigheid maak jou vry. Hy is genadig en hoor jou gebed en in benoudheid het Hy vir jou ruimte gemaak.
Here, op my bed spreek ek in my hart en is ek net stil voor U. U het my deur u genade afgesonder as gunsgenoot van U. U hoor as ek U aanroep. U verhef oor my die lig van u aangesig o Here. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon. My benoudheid verander in vrede voor u voete, in die lig van u aangesig. Amen.

Saturday, 18 January 2025
Kerkgenotjies: In die kerk ...
Terwyl die dominee preek, sien hy dat klein Pieter kort-kort iemand met 'n kettie skiet.
Toe die gemeente sing, glip die dominee vinnig af na Pieter toe en gryp hom aan sy kraag.
"Pieter, wat dink jy doen jy hier in die kerk?"
"Moenie worry nie, Dominee, sê Pieter. "Ek hou die gemeente wakker, terwyl dominee preek."
--000--
Attie is 'n besige mannetjie in die Sondagskool en om die kinders weer gefokus te kry, vra die Sondagskooljuffrou: "Attie, wat sê jou pa voordat julle begin eet?"
Attie: "Stadig met die brood, dit kos al amper R24,00 vir 'n brood."
Thursday, 16 January 2025
n Rede tot blydskap
Elke nuwe dag wat GOD sy kinders gee, is 'n rede tot blydskap. 'n Dag wat ons voluit kan geniet en die dinge kan doen wat ons graag wil. Nie een van ons weet hoeveel lewensdae ons nog oorhet nie.
Ook weet jy nie hoeveel môres daar nog vir jou voorlê nie.
Maar jy het wel vandag waarvan jy seker is. Maak spesiaal tyd om vandag maksimaal te benut. Moet niks tot môre uitstel wat jy vandag kan doen nie. As jy iets wil doen, doen dit vandag. Sê jy is jammer, wys nou jy is lief vir iemand. As jy rusie gemaak het, maak nou reg. Moenie tyd mors nie.

Wednesday, 15 January 2025
Mossiestilte: Jes. 63:7
Ek sal die goedheid van die Here prys, die roemryke dade van die Here prys, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid ...
Wanneer laas het jy vrou geprys omdat sy pragtig is? Wanneer laas het jy jou man geprys omdat hy so sterk en manlik is? Nie net moet jy dít doen nie, maar ook jou God, en Koning, prys vir sy goeie dade aan jou en jou gesin en werk.
God laat niks gebeur sonder 'n rede nie en sal sy goedheid nooit onttrek van jou nie; sy genade sal jou altyd bybly en versterk, en in jou benoudheid, stuur Hy jou barmhartigheid met 'n engel vanuit sy koninkryk.
Dankie my grote God! In majesteit tel u my op en beskerm en verlos U my elke dag. Help my om nie wederstrewig te wees en u Heilige Gees te bedroef nie. O Heilige Gees, leer my en lei my en bevestig my in die weg van die Vader. Ek loof en prys u heerlikheid en heerskappy, o Almagtige Vader. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Verjaardagwense
Pieter, baie geluk met jou verjaardag, mag jy 'n geseënde lewensjaar geniet vol goeie gesondheid, vreugde en liefde van Bo. Geniet 'n heerlike dag.
Tuesday, 14 January 2025
Monday, 13 January 2025
Nataniël se woorde vir 2025
Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy ... en hoe lekkerder slaap jy!
Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy is ... vriende kan jy kies, familie nie! Moenie toelaat dat jou brein muf met 'issues' soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie. Sorteer alle moeilikheid uit nog voor die son sak.
Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi ... help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het ... 'use it - or lose it'! Geniet die eenvoudige dinge. Al wys die 'replay' duidelik dat hy verkeerd is ... maak vrede met die ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel!
Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray, waar hooter-neuse in snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap ... kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets te ry ... doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis 'common' en maak ander mense skuldig voel.
As jy 'n 'no-name brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit ... Te m*** met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit net gemaklik pas ... Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plêstiek-wêreld gee!
Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat ... hou matigheid voor oë ALTYD! Behou jou grapgat-vrinne en vermy die suurgatte ... hulle is 'demoralising' en trek jou af na hulle vlak.
Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs ... en die beste kar is een wat klaar betaal is!
Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ... hê geloof! Wys vir mense dat jy vir hulle omgee ... môre trek jy dalk jou houtjas aan, dan is dit te laat ...
Nataniël
[Dankie, Liz de Koker wat Nataniël se woorde vir ons aangestuur het.]
Sunday, 12 January 2025
Mossiestilte: Ps. 20:7
Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
Plaas jou lewe vanoggend in die hand van die oue van dae wat vir ewig is; Hy het aan Moses verkondig: Ek is wat ek is, so moet julle My noem.
Die Here salf die skape van sy weide teen die bose en gee hom vreugde en voorspoed.
Die wat op aardse goed vertrou sal inmekaarsak en val, terwyl die gesalfdes weer sal opstaan.
Die Here wil jou vandag gee na jou hart en jou voornemens vervul.
Dankie, Here, dat U my verhoor vanuit u heilige tempel met magtige dade van verlossing van u regterhand. U stuur my elke dag hulp deur u genade, vanuit U heilgdom en ondersteun my vanuit u heilige berg. In die dag van benoudheid hoor U my. U Naam; die God van Jakob, beskerm my. U het my as oorwinnaar gesalf, as u kind en erfgenaam; u regterhand verlos my in die dag wat ek om hulp roep. Amen.

Saturday, 11 January 2025
Kerkgenotjies: Algemeen
Een van die gemeentelede ry hopeloos te vinnig. Die verkeerskonstabel keer haar voor en vra om haar lisensie te sien.
Vrou aan die konstabel: "Ek wens julle klomp wil besluit wat julle wil hê - gister het julle my lisensie van my weggeneem en vandag wil julle daarna kyk!"
ooOOoo
Van der Merwe lees in die Noordkaap Bulletin dat 98% van alle ongelukke binne 'n radius van 20 km van 'n mens se huis gebeur - toe trek hy na 'n nuwe huis 25 km verder.
ooOOoo
Toeris aan 'n Noord-Kapenaar: "Hoe sou jy die reën in dié deel van die land beskryf?"
Inwoner: "Klein bietjies water wat uit die lug uitval."
Friday, 10 January 2025
This poem is written so beautifully
How Can You " SM_LE " Without " I " ?
How Can You Be " F_NE " Without " I " ?
How Can You " W_SH " Without " I " ?
How Can You Be "N_CE " Without " I " ?
How Can You Be a
" FAM_LY " Or *" RELAT_VE "
Without " I " ?
How Can You Be a " FR_END " Without " I " ?
So " I " Am Very Important!

But How Can I Achieve " S_CCESS " Without " U " ?
How Can I " LA_GH " Without " U "?
How Can I Take A " C_P " of Tea Without " U " ?
How Can I Enjoy The " S_NSHINE " Without " U " ?
How Can I Have " F_N " Without " U " ?
And That Makes " U " Also Important As " I "
Therefore humans ( U & I ) = WE need one another in life to be happy, work together and achieve greater things. Let's propagate positivity and shun negativity.
U and I can make this world a better place.
Let's start all over again in 2025.

[Thank you, Rosetta!]
Thursday, 9 January 2025
Dink hieroor: Hartseer maar to só waar
Ons kla oor grys hare -
'n kankerpasiënt wens sy het hare gehad!
Ons kla oor nuwe skoene -
die gestremde wens hy het voete gehad!
Ons gooi kos weg -
honger mense bid net vir stukkie brood!
Ons baklei met ons geliefdes -
êrens in die lewe sit iemand alleen en bid vir liefde om oor hulle pad te kom!
Ons ouers irriteer ons soms of ons opinies verskil -
maar êrens in 'n ouetehuis sit ou mense en bid vir 'n kuiertjie van hul kinders wat hulle weggegooi het!
Ons baklei met ons kinders en ons kinders met ons -
êrens sit n ma of 'n kind by 'n graf en ween en wens net vir nog een dag saam met daardie persoon!
Ons bekommer onsself oor watse geskenk ons gaan kry of koop -
êrens sit n ma en bid dat sy net die Kersfees 'n brood en 'n bottel aanmaakkoeldrank en miskien 'n stukkie hoender vir haar kinders kan voorsit! Wat nog te sê 'n geskenk?
Ons kla oor vet of maer wees -
êrens veg iemand om oorlewing en wag vir 'n orgaan!
Wees dankbaar vir wat jy het,
wie in jou lewe is en
wees tog geduldig en
klaar dinge uit op 'n mooi manier!
Dink oor hoe geseënd jy is en
hoe jy dinge sommer maar net verwag omdat dit jou toekom!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!
Hartsake en liefde is meer werd as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!
Hartsake en liefde is meer werd as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Die dood is so finaal,
maak die beste van jou en
jou geliefdes se lewe!!!
Wednesday, 8 January 2025
Mossiestilte: Hand 16:31
Die Here het aan jou geregtigheid gegee en jou vrygespreek sodat jy ander kan help om dieselfde genade te smaak. Dit gaan nooit oor jouself nie maar altyd oor ander. Die Here gee jou krag en versterk jou sodat jy ander kan ondesteun wat krag verloor het en hopeloos voel. Die Here rus jou toe om jou hele huisgesin te red deur jou geloof in die Here.
Dankie Here dat U my gered het en wil gebruik om ander op te tel en te ondersteun. Ek verdien geen genade, maar U het my uitverkies, om u werk hier op aarde in u koninkryk te doen, net soos dit in die hemel gedoen word. Ek bid U vir sterkte, dat ek nie moeg te word nie en my kragte te gebruik, om u Naam te verheerlik en Jesus Christus op te lig vir die wêreld om U te sien en na U te kom. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Tuesday, 7 January 2025
Oudtroepies genooi na 'n heerlike kuieroggend
Veterane van die nasionale diensplig wat in Kimberley en omgewing woon, word na 'n saamkuieroggend vroeg in Januarie uitgenooi. Die geleentheid word op Woensdag, 8 Januarie om 10:00 by die NG Kerk Dutoitspan by Rosestraat 4 in Beaconsfield aangebied.
Belangstellendes kan hul naam, ID-nommer en die woord "Kimberley" in 'n WhatsApp-boodskap na 066-518-0402 stuur om hulle plek te bespreek!
Hope pryse is op die spel, geskenkpakkies gaan uitgedeel word asook 'n inkopiegeskenkbewys. 'n Spreker en musiek gaan deel van die kuieroggend uitmaak.
Moenie hierdie spesiale kuiergeleentheid misloop nie. Klik HIER om die berig in Noordkaap Bulletin te lees.
Onthou: Bespreek betyds!
Sunday, 5 January 2025
Mossiestilte: Mark. 16:20
Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.
God wil aan jou sy krag openbaar, deur jou geloof sodat jy sy woord kan verkondig. Die Here sal saam met jou werk en jou dade sal met tekens bevestig word. God wil sy Naam verheerlik deur jou dade in sy woord. Preek en leef die woord van God uit soos wat God jou gemaak het met die talente wat Hy vir jou gegee het.
Dankie Here, vir die oorvloed van talente en strome van seën. Hoe sou ek kon oorwin op my eie, maar U gee my u oorwinning daagliks. Ek sal al u werke doen, sodat u Naam verheerlik kan word. Ek weet dat hoe swakker ek is, hoe sterker is U, my Here, en my God. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Saturday, 4 January 2025
Kerkgenotjies
Louise is 'n tipiese skattige driejarige wat nuuskierig is en almal peper met vrae - natuurlik heeltemal te wys vir haar ouderdom. Eendag besef haar pa dat sy nie mooi die konsep van die huwelik snap nie. Hy besluit toe om vir haar hulle troualbum te wys, dalk help die visuele aspek daarvan dat Louise die beginsel beter begryp.
Terwyl hy so deur die album blaai, wys hu foto's uit van die bruid wat by die kerk opdaag, hoe sy by die paadjie van die kerk afstap, die seremonie self, die teken van die trouregister en die onthaal daarna.
"Verstaan jy nou, my skat?" vra die pa glimlaggend.
"Ek dink so," sê Louise effe onseker. "Dis toe mamma vir ons kom werk het."
ooOOoo
'n Klein seuntjie verstom sy ouers toe hy sy broeksakke begin leegmaak en rande en sente val daaruit. Uiteindelik vra sy ma: "Waar het jy al daardie geld gekry?"
"Sondagskool," sê die outjie. "Hulle het bakke en bakke en bakke daarvan."
Friday, 3 January 2025
CJ Langenhoven se wense is nog net so geldig ...
CJ Langenhoven het die nuwe jaar so mooi saam gevat:
“Ek wens vir jou dwarsdeur die Nuwejaar,
'n opgeruimde humeur,
'n gesonde kleur,
krag om te beur,
niks om te betreur,
min om te verleer,
te veel om te verteer,
en al wat jou hart behoort te begeer.”
Mag al jul drome waar word en baie mooi herinneringe in 2025.
[Dankie Marguerite, vir hierdie goeie wense - waardeer!]
Thursday, 2 January 2025
Think about it: Happiness
WOW ...
At that point, the professor told the students to take the first balloon that they found and hand it to the person whose name was written on it. Within 5 minutes, everyone had their own balloon.
The professor said to the students: "These balloons are like happiness. We will never find it if everyone is looking for their own. But if we care about other people's happiness, we'll find ours too."
A professor gave a balloon to every student, who had to inflate it, write their name on it and throw it in the hallway. The professor then mixed all the balloons. The students were then given 5 minutes to find their own balloon. Despite a hectic search, no one found their balloon.
At that point, the professor told the students to take the first balloon that they found and hand it to the person whose name was written on it. Within 5 minutes, everyone had their own balloon.
The professor said to the students: "These balloons are like happiness. We will never find it if everyone is looking for their own. But if we care about other people's happiness, we'll find ours too."
[Thank you, Lihat Sedikit]
Wednesday, 1 January 2025
Mossiestilte: 1Thes. 5:4
Die wêreld sukkel soms om te verstaan wie Jesus is en wat sy doel is. Daar kom 'n tyd dat Jesus weer terug sal kom om ons te kom haal. Bemoedig en bou mekaar, die een die ander op. (vers 11). Wees kinders van die lig en kinders van die dag (vers 5). God het jou bestem tot saligheid in Christus Jesus. (vers 9)
Dankie Here, vir u woord wat ons aanspreek en vry maak. U het vir my gesterf, dat of ek waak, of slaap, leef ek saam met U (vers 10). Ek weet U sal weer kom en ons kom haal nadat die wat in Christus gesterf het, eerste sal opstaan en ons daarna sal volg, U tegemoet. Dankie vir U bemoediging vanoggend (hfst. 4:17-18). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Vir 2025 is ons hartewens vir jou: 'n Geseënde 2025
MAG JY ...
Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
Nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
Nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
Nooit haat wanneer jy seergekry het nie.
Nooit minderwaardig voel wanneer jy nie waardeer word nie.
Nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
Nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.

Nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.
MAG JY ...
MAG JY ...
Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
Altyd ly in die geloof sodat lyding krag bring.
Altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
Altyd gee en deur jou gawe verryk word.
Altyd ly in die geloof sodat lyding krag bring.
Altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
Altyd gee en deur jou gawe verryk word.
Altyd gereëlmatigheid en ondersteuning kry.
Altyd lewe met die oog op die onsienlike.
Mag jy en jou huisgesin ... 'n absolute wonderlike jaar hê!
Altyd lewe met die oog op die onsienlike.
Mag jy en jou huisgesin ... 'n absolute wonderlike jaar hê!
Subscribe to:
Posts (Atom)