Monday, 31 August 2015
Sunday, 30 August 2015
My woorde
Waak teen jou woorde, hulle word dade.
Waak teen jou dade, hulle word gewoontes.
Waak teen jou gewoontes, hulle word jou
karakter.
Waak teen jou karakter, hulle word jou
bestemming.
Watter woorde spreek jy oor jou lewe?
Joel Olsteen sê met woorde kan ons of ons toekoms seën, of ons kan ons toekoms
vervloek. Wat sê jy van jouself, jou man, jou kinders, jou besigheid, jou
kollegas, jou kliënte en jou finansies?
Positiewe en inspirerende woorde verwek
energie en ‘n seën oor jou lewe. Dit het my lank geneem om te besef dat ek
regtig nie net kan sê wat ek wil sê nie, omdat ek dit wil sê of omdat ek voel
om dit te sê nie.
Let op jou woorde, let noukeurig op jou woorde.
Let op jou woorde, let noukeurig op jou woorde.
(Nonnie Hendriksz)
Saturday, 29 August 2015
My aksies
My optrede kan my of afbreek of opbou.
My aksies is gebaseer op besluite wat ek op ‘n daaglikse basis maak.
Indien jy jou omring met positiewe en inspirerende mense sal jy ook meer
gemotiveerd wees. Wanneer jy motiveringsboeke lees, na motiverings
praatjies op CD luister, motiverings televisie programme kyk, sal jy meer
geinspireer voel.
Indien jy goed slaap, goed eet en gereeld
oefen, sal jy waarskynlik meer gemotiveer voel.
Wanneer jy begin om die dinge te doen waarvoor
jy lief is, sal jy meer geinspireer word. Wanneer jy dit staak om
betrokke te raak in die drama en detail van ander mense en begin fokus om
jouself te verander, sal jy ook meer gemotiveer voel.
Maak ‘n lys van 21 dinge wat jy geniet om te
doen en wat jou regtig inspireer. Begin om die aktiwiteite op jou lys te
doen. Jy kan slegs gee aan ander wanneer jy iets het om te gee.
Wanneer jyself gedreineer is, hoe kan jy ‘n verskil in ander se lewens maak?
(Nonnie Hendriksz)
Friday, 28 August 2015
Thursday, 27 August 2015
Wednesday, 26 August 2015
Kookwater-effek
'n Baie talentvolle tiener, met heeltemal te
veel hooi op sy vurk, sit eendag moedeloos by sy ma in die kombuis. Hy is
sommer lus om handdoek in te gooi, want hy is so besig dat hy nie by alles
uitkom nie. Hy is gedurig moeg en gevolglik is hy baie liggeraak, as sy maats
'n simpel ou grappie met hom maak.
Sonder om vir hom te preek, neem sy ma drie
kastrolle en vul elk met water. in die eerste een plaas sy 'n paar wortels, in
die tweede 'n paar eiers en in die derde gemaalde koffiebone. Toe sit sy dit op
die stoof en laat dit kook.
Twintig minute later skakel sy die plate af.
Sy haal die wortels uit in 'n bakkie, toe die eiers en laaste die heerlike
geurige koffie en vra aan haar seun: "Wat sien jy?"
"Wortels, eiers en koffie," antwoord
die seun.
Die ma laat hom aan die wortels voel. Dit was
saggekook. Sy dop die eier af en laat hom aan die kliphard gekookte eier voel.
Daarna skink sy vir hom van die heerlike geurige koffie.
"Elk van die drie het dieselfde krisis
deurstaan - KOKENDE WATER," verduidelik sy ma. "Maar elkeen het
verskillend gereageer. Die wortel is hard en onverbiddelik in die water in,
maar dit het sag en swak daaruit gekom. Die eier was broos en sag. Die dun dop
het die vloeibare inhoud beskerm. Maar die kookwater het die binnekant verhard.
Die gemaalde koffiebone het uniek gereageer. In plaas daarvan dat dit verander
het, het dit die kookwater waarin dit was, verander!"
"Watter een is jy?" vra sy vir haar
seun. "As krisis en pyn aan jou deur klop, hoe reageer jy? Is jy 'n
wortel, 'n eier of 'n koffieboon?"
Baie kinders en grootmense swig onder die druk
van krisisse en word kragteloos. Ander lyk oënskynlik maar nog net dieselfde
van buite, maar binnekant is hulle kliphard. Sal dit nie wonderlik wees as ons
almal soos die koffiebone kon reageer nie?
Mag jy 'n permanente koffiebone-effek in 'n
kookwaterwêreld hê!!
(Internet bron onbekend. Oorgeneem en aangepas.)
Tuesday, 25 August 2015
Monday, 24 August 2015
Sunday, 23 August 2015
Gebed!
Oe Here, draai my geldjies om
soerat ek my skuld kan betaal,
en Here, hou rie rent tog laag,
suprise ons met 'n ding wat daal;
soerat ek my skuld kan betaal,
en Here, hou rie rent tog laag,
suprise ons met 'n ding wat daal;
(" 'n Swaar djop ", 'n Ordinary
mens, 1982)
Saturday, 22 August 2015
Friday, 21 August 2015
Thursday, 20 August 2015
Wednesday, 19 August 2015
Tuesday, 18 August 2015
Monday, 17 August 2015
Sunday, 16 August 2015
Gebed
Bewaar my van die diens aan die leuen,
wanneer ek leer om ander te leer
wat elke dag met hulle verloop, en rondom hulle.
wanneer ek leer om ander te leer
wat elke dag met hulle verloop, en rondom hulle.
("gebed van 'n leerlingjoernalis",
spesiaal geskryf vir die
Departement van Joernalistiek, Universiteit
Stellenbosch)
Saturday, 15 August 2015
Friday, 14 August 2015
Thursday, 13 August 2015
Wednesday, 12 August 2015
Tuesday, 11 August 2015
Monday, 10 August 2015
Sunday, 9 August 2015
Gebed van Franciskus van Assisi
Here, maak my 'n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde saai;
waar daar onreg is, vergifnis;
waar daar twyfel is, geloof;
waar daar wanhoop is, hoop;
waar daar duisternis is, lig;
waar daar droefheid is, blydskap.
O Goddelike Meester,
gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te
word nie as om te troos;
om verstaan te word nie as om te verstaan;
om bemin te word nie as om lief te hê.
Want dit is deur te gee dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige
Lewe gebore word.
Saturday, 8 August 2015
Friday, 7 August 2015
Wednesday, 5 August 2015
Monday, 3 August 2015
Sunday, 2 August 2015
Subscribe to:
Posts (Atom)