Sunday 30 August 2015

My woorde


Waak teen jou gedagtes, hulle word woorde.
Waak teen jou woorde, hulle word dade.
Waak teen jou dade, hulle word gewoontes.
Waak teen jou gewoontes, hulle word jou karakter.
Waak teen jou karakter, hulle word jou bestemming.

Watter woorde spreek jy oor jou lewe?  Joel Olsteen sê met woorde kan ons of ons toekoms seën, of ons kan ons toekoms vervloek.  Wat sê jy van jouself, jou man, jou kinders, jou besigheid, jou kollegas, jou kliënte en jou finansies?

Positiewe en inspirerende woorde verwek energie en ‘n seën oor jou lewe. Dit het my lank geneem om te besef dat ek regtig nie net kan sê wat ek wil sê nie, omdat ek dit wil sê of omdat ek voel om dit te sê nie.  

Let op jou woorde, let noukeurig op jou woorde.

(Nonnie Hendriksz)