Saturday 29 August 2015

My aksies

My optrede kan my of afbreek of opbou.  My aksies is gebaseer op besluite wat ek op ‘n daaglikse basis maak.  Indien jy jou omring met positiewe en inspirerende mense sal jy ook meer gemotiveerd wees.  Wanneer jy motiveringsboeke lees, na motiverings praatjies op CD luister, motiverings televisie programme kyk, sal jy meer geinspireer voel.

Indien jy goed slaap, goed eet en gereeld oefen, sal jy waarskynlik meer gemotiveer voel. 

Wanneer jy begin om die dinge te doen waarvoor jy lief is, sal jy meer geinspireer word.  Wanneer jy dit staak om betrokke te raak in die drama en detail van ander mense en begin fokus om jouself te verander, sal jy ook meer gemotiveer voel.

Maak ‘n lys van 21 dinge wat jy geniet om te doen en wat jou regtig inspireer.  Begin om die aktiwiteite op jou lys te doen.  Jy kan slegs gee aan ander wanneer jy iets het om te gee.  Wanneer jyself gedreineer is, hoe kan jy ‘n verskil in ander se lewens maak?
(Nonnie Hendriksz)