Tuesday, 31 October 2023
Monday, 30 October 2023
Sunday, 29 October 2023
This stopped me in my tracks!
We are all in “the line” without knowing it.
We never know how many people are before us.
We cannot move to the back of the line.
We cannot step out of the line.
We cannot avoid the line.
So while we wait in line -
Make priorities.
Make the time.
Make up.
Make peace.
Make love.
Make the change.
Make moments count.
Make someone smile.
Make everybody feel like a somebody.
Make sure to tell people they are loved.
Make sure to give more than you take.
Make sure to learn from your mistakes.
Make sure to have no regrets.
Make sure you are ready.
[Author Unknown]
Saturday, 28 October 2023
Kerkgenotjies: Toe oë
Friday, 27 October 2023
Jogurttert vir die naweek
Vulsel: Los jellie in kookwater op
Vou laastens die room in
Kospakkies: oesmaande
Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.
Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.
Oktober: Pasta
November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla
[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]
Monday, 23 October 2023
Sunday, 22 October 2023
Donasies vir motorwag
Dankie, Hemelse Vader ...
Sê daagliks dankie vir die geskenke wat jy uit God se hand ontvang het. Sif deur die dag se gebeure, en haal die geskenke een vir een uit.
- Sê dankie vir God se liefde, daar waar jy liefdevol was en liefde ontvang het.
- Sê dankie vir God se onfeilbare liefde en vergifnis en vra Hom vergifnis daar waar jy die dag minder liefdevol was. Hoor hoe God vir jou sê: “Ek weet dit, Ek was daar. Jy word vergewe, want Ek is lief vir jou.”
- Sê dankie vir die opstandingskrag wat jou in staat gestel het om uit ’n moeilike situasie “op te staan”.
- Kyk saam met Christus vooruit na die volgende 24 uur en vra vir Hom om van jou ’n helder vertoonvenster vir Hom te maak.
Saturday, 21 October 2023
Kerkgenotjies: The same business
The attendant worked quickly, but there were many cars ahead of him.
Finally, the attendant motioned him toward a vacant pump.
“Reverend,” said the young man, “I’m so sorry about the delay. It seems as if everyone waits until the last minute to get ready for a long trip.”
The minister chuckled, “I know what you mean. It’s the same in my business.”
Friday, 20 October 2023
Grenadella-yskastert vir die naweek
Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos
Roer in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot gesmeerde bak
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel
Verkoel 3-4 ure
Kospakkies: oesmaande
Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.
Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.
Oktober: Pasta
November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla
[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]
Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word.
Wednesday, 18 October 2023
Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek
Tuesday, 17 October 2023
Potjiekos
Praat met Malan as jy dalk kan help op een of ander wyse.
Kom ons soek die Here se aangesig in die aanbieding van hierdie aktiwiteit.
Monday, 16 October 2023
Sunday, 15 October 2023
Ds. Ensie: "Dalk is dit die rede hoekom God nie ons gebede beantwoord nie ...!"
🌿🌹Die son staan vir 'n oomblik stil en kyk vir Tant Hester waar sy besig is om hulle enigste bok te melk. Dan sak die son vinnig weg sonder om weer om te kyk.
Oom Servaas kom aangestap met 'n arm vol hout en gaan plak dit op die koolstoof neer. Die ou bokooi het nie veel melk nie, en Tant Hester sit die halwe koppie melk op die tafel.
Dis Ou Kersaand.
Terwyl Oom Servaas die vuur maak brand, krap Tant Hester al wat 'n bestanddeel is, uit die kas. Daar is 'n driekwart koppie koekmeel. Die halwe brood skuif sy op sy, want vanaand sal hulle twee vir oulaas lekker eet. Oom Servaas is tog so lief vir gebakte bruin poeding. Met die bietjie meel en melk kan sy darem amper 'n halwe resep aanmaak. Die botter meet sy versigtig af want dis die laaste bietjie. Sy moet oorhou vir more se brood. Sy skep bietjie appelkoos konfyt uit en dan begin sy die mengsel aanmaak.
🌹Die vuur begin knetter in die koolstoof as sy die poeding opsit. Dit moet omtrent 'n uur prut.
Sy skil nie die laaste drie klein aartappeltjies af nie, want dan is daar niks van oor nie. Sy sit die misbredie, wat so welig in die kraal groei na die goeie reën, saam met die aartappels op. Die stukkie fisant wat nog oor is rond hulle koningsmaal af.
🌹🌿Tant Hester doen alles met sorg en liefde, want hulle weet dat dit hulle laaste maaltyd vir 'n baie lang tyd sal wees. Oom Servaas gaan bad en trek hom skoon aan vir die spesiale maal. Tant Hester maak die kombuis skoon en loer vir oulaas na die karige, maar geurige maaltyd voordat sy ook loop klaarmaak.
Oom Servaas stap op en af in die ou huisie, opgewonde dat hulle twee na 52 jaar se huwelik nog 'n Kersfees saam sal deurbring. Verbeel hy hom of was daar 'n klop aan die deur. Hierdie deel van die Bosveld het mos omtrent ontvolk. Al die boere is eintlik sakemanne van die stad. Na die tragiese ongeluk van hulle enigste dogter het hulle die plaas verkoop en lewensreg op die ou opstal behou. Hier kom g'n mens ooit by hulle nie. Daar is dit weer. Weliswaar 'n klop aan die deur.
🌿🌹Oom sevaas stap deur se kant toe en Tant Hester sluit vinnig by hom aan. Voor hulle staan 'n middeljarige man, duidelik afgemat en moeg.
Hy stel homself voor as Josef Hayes. Hy is nou al vir ses dae op reis vanaf Suid-Wes Afrika na Pretoria, waar sy ouers woon. Dis baie moeilik deesdae rygeleenthede te kry en hy het vandag sowat 40 km ver gestap. Hy vra baie mooi vir 'n rusplekkie vir die nag. Oom Servaas nooi die man in. Die geur van kos hang in die huis. Josef het lanklaas geëet en snuif behaaglik in die lug. Daar is kwalik genoeg kos vir een mens, wat nog van drie.
🌹🌿Oom Servaas knik sy kop en Tant Hester verstaan. Sy bied vir Josef kos aan en hy aanvaar dadelik die aanbod. Sy sit die kos op die tafel en dek een bord.
Josef val weg asof hy nog nooit geëet het nie, en kort voor lank lek hy letterlik die potte uit. Tant Hester bied koffie aan. Gelukkig drink Josef swart sterk koffie sonder suiker. Sy slaak 'n sug van verligting, want hulle het nie melk of suiker nie.
Na koffie sit hulle nog 'n rukkie en gesels, maar Josef is duidelik moeg. Tant Hester wys vir hom die badkamer, en terwyl Josef bad, kry sy vir hom 'n bed gereed. Dis baie jare laas dat iemand in die spaarkamer geslaap het.
🌹🌿Daarna gaan haal sy die halwe brood uit en sit die laaste bietjie botter op. Sy deel met Oom Servaas. In tasbare stilte eet hulle hul laaste maaltyd.
Daarna wag hulle dat Josef kamer toe gaan.
🌿🌹Oom servaas neem sy kers en Tant Hester volg hom. Hy plaas die kers in die vensterbank van die slaapkamer, dan neem hy Tant Hester se hande in syne. Hulle kyk by die venster uit en dan sluit hulle hul oë.
Oom Servaas bid uit sy hart. Eers dra hy die vreemdeling op aan die Here en vra dat hy spoedig en veilig met sy familie herenig sal word. Dan hou hy Tant Hester stywer vas as hy die Liewe Vader vra dat sy Engele tog nie in die nag by hulle huis sal verby gaan nie. Hulle sal die laaste kers brandend in die venster hou dat God nie sy bruid sal verpas nie. Dat die Hemelse Vader hulle albei in hierdie nag sal kom haal, en voed uit die Goddelike tuin, en hulle laat drink uit Sy fontein. Hulle het sekerlik nou aan die einde van die pad gekom, want daar is nou niks meer oor vir hulle nie.
🌹🌿Oom Servaas bid met emosie en sy lippe begin bewe as hy pleit dat hulle gereed is vir die reis na die ewigheid.
🌿🌹Langsaan, in die spaarkamer lê Josef en luister na die opregte emosie belaaide gebed. Hy besef, met groot skuldgevoel en hartseer, dat hulle onbaatsugtig hul laaste maaltyd vir hom wat Josef is, afgestaan het. Josef slaap die nag nie goed nie.
Vroeg oggend staan Josef op. Hy is bang om deur die huis te stap, bang om aan hul deur te klop. Bang dat die Here gehoor gegee het aan Oom Servaas se pleidooi. Daarom sluip hy stilweg uit en kry koers.
🌹🌿Hy is gelukkig om vinnig 'n geleentheid te kry na die volgende dorp, waar hy 'n muntbus gaan soek en sy ouers skakel.
Hy huil en praat deurmekaar as hy hulle vertel van sy ervaring van die vorige nag.
🌿🌹Oom Servaas staan op en kyk die man agterna soos hy wegstap. Hy draai om en wens Tant Hester 'n geseënde Kersfees toe. Hulle sit op die stoep en drink hulle swart bitter koffie. Vandag sal hulle daarop moet staat maak, want hulle laaste maal was gisteraand.
🌹🌿Oom Servaas begin rondstap op soek na veldkosse. Tant Hester gaan oes misbredie in die kraal. Sy betrek die bokooi en karring nog 'n halwe koppie melk uit die uier. Oom Servaas kom heelwat later terug met 'n handjie vol suurpruime, en moretla-bessies. Hulle eet saam aan die gawe van die natuur. Die res van die dag is mistroostig en teen laatmiddag neem Oom Servaas die Bybel op en gaan wag vir Tant Hester op die stoep. Vanaand sal hulle honger gaan slaap.
🌿🌹Tant Hester vee haar hande droog aan haar rok en kom sit langs Oom Servaas. In die groot pad hoor hulle 'n voertuig wat spoed verminder, en later stilhou.
Na 'n ruk kom daar nog een aan, en later nog een. Na sowat vyftien minute kom drie voertuie in hulle pad opgery. Hulle stop voor die huis.
🌿🌹Oom Servaas stap hulle tegemoet. Josef klim uit en vat Oom servaas se hande in syne vas, dan begin hy trane in sy oë kry.
Josef draai om en stel sy Pa aan Oom Servaas voor.
Dr. Hayes tree nader en stel sy hele gevolg voor. Al drie mans uit dieselfde praktyk.
Hulle bring kos voorrade en onderneem om voortaan elke maand hierdie twee ou mense te kom versorg, vir die onbaatsugtige diens aan hulle naaste wat hulle die vorige aand gebied het.
🌿🌹Oom Servaas draai na Tant Hester en sê: "Dit is hoekom God nie ons gebed verhoor het nie, want Hy het nog 'n stukkie pad vir ons oor. Sy genade is groot en dis al wat ons nodig het."
Nog 'n stukkie pad oor ... en baie Genade.
[Skrywer onbekend]
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons is dankbaar:
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
Ons bid in die besonder vir:
Ons Huis: Die inwoners, maar in die besonder vir elke personeellid.
Sally Aucamp: Elke inwoner en elke personeellid.
Neil Retief - tans besig met behandeling.
Ds Ray Goddess: keelkanker.
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
Saturday, 14 October 2023
Kerkgenotjies: The minister and the police officer
Then he put a note under the windshield wiper that read: “I have circled the block 10 times. If I don’t park here, I’ll miss my appointment.
Forgive us our trespasses.” When he returned, he found a citation from a police officer along with this note “I’ve circled this block for 10 years. If I don’t give you a ticket I’ll lose my job. Lead us not into temptation.”
Friday, 13 October 2023
Aarbeitert vir die naweek
30 ml botter - gesmelt
Metode:
Maak 2 pakkies aarbeijellie aan met een koppie kookwater en 1 koppie kouewater
[Dankie, Elmari, vir die heerlike resep]
Thursday, 12 October 2023
Ons Huis en Sally Aucamp
Wednesday, 11 October 2023
Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente
Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak.
Tuesday, 10 October 2023
Duisend dankies, Dutoitspanners
Die funksies en aktiwiteite wat die kerk aangebied het, het so vinnig gekom en gegaan. Almal het só uitgesien daarna en nou is die blokkies afgemerk en snel die jaar ten einde. Ons dink aan die onlangse lentefunksie, die mandjiedans en ook ds. Ensie se uitreik na Malawi. Pragtige blomruikers, mooi gedekte tafels en heerlike eetgoed/etes was aan die orde van die dag. Gesindhede en die goeie samesyn was die gom wat van elke aktiwiteit 'n wenner gemaak het.
Potjiekoskompetisie
Dankie by voorbaat aan diegene wat op die dag gaan help om dinge vlot te laat verloop.
Praat met Malan as jy dalk kan help op een of ander wyse.
Kom ons soek die Here se aangesig in die aanbieding van hierdie aktiwiteit.
Sunday, 8 October 2023
Donasies vir motorwag
Saturday, 7 October 2023
Kerkgenotjies: Die tien gebooie
Die klerk by die poskantoor vra haar: “Is daar iets breekbaars hier binne?”, waarop sy antwoord:”Net die tien gebooie.”
Friday, 6 October 2023
Gewone vinnige yskastert vir die naweek
2 blikke Neslé-room
250 ml suurlemoensap
Meng kondensmelk, room, maaskaas en suurlemoensap saam
Kospakkies: oesmaande
Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.
Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.
Oktober: Pasta
November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla
[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]