Saturday, 30 November 2024

Kerkgenotjies: Adams- vs. Evasgeslag

* Mans lyk goed as hulle soggens wakker word. Om die een of ander obskure rede gaan vroue gedurende die nag agteruit.

* Elke getroude man moet die foute wat hy maak, vergeet - dis onnodig dat twee mense dit onthou.

* 'n Man sal R100 bestee op iets wat R50 werd is en dit gebruik. 'n Vrou sal R50 op twee items bestee wat sy nooit sal gebruik nie.

* Daar is twee maniere om 'n vrou gelukkig te hou: om haar te laat dink sy kry haar sin en om dit vir haar te gee.

* Om gelukkig getroud te wees, moet 'n vrou 'n man baie goed verstaan en hom 'n bietjie liefhê. Om gelukkig getroud te wees, moet 'n man 'n vrou baie liefhê en nie probeer om te verstaan nie.

* Daar is twee dinge wat 'n man nie verstaan nie: 'n vrou - voor die huwelik en daarna. 

* Iets wat 'n man altyd in gedagte moet hou: die vrou het altyd die laaste woord tydens enige argument. Enige iets wat 'n man net ná die argument sê, sal tot 'n nuwe argument lei.

Bankbesonderhede


Friday, 29 November 2024

Mandjie Hoop: Dringende rus nodig

Al die krisisse van die laaste tyd,
het jou liggaam siel en gees uitgeput.
Totaal gedreineer.
Dis nie net jou liggaam wat moeg is nie.
Jou siel is moeg.
Jou kop is moeg.
En jou hart.
Soms voel jy net niks.
Dood.
Koud.
Afgestomp.
Maar Ek sal jou weer optel en opbou, sê die Here.
Ek sal vir jou rus gee.
Ware rus.
My rus.Bonatuurlike rus.
Jou gedagtes sal stil raak.
Die storm sal bedaar.
Jy sal kalmte en rus vind in my sterk arms.
Nuwe energie.
Nuwe hoop.
Genesing vir jou emosionele wonde.
Nuwe geloof.

[Dankie, Anna.]

Statistiek: Ons sien uit na nog 176 000 e-besoeke!

Einde-van-die-jaar-dankies: Motorwag

Thursday, 28 November 2024

Think about it: All our stuff

TRUTH is, that all of the STUFF here on earth we work SO hard to buy and accumulate ... does NOT mean a thing. At the end of the day ... people will be cleaning out our STUFF, going through our STUFF, figuring out what to do with all of our STUFF ... this STUFF we've accumulated in our life. 

The only thing of VALUE that remains are the MEMORIES and what we deposit into others. May we all learn to spend less time accumulating STUFF and spend way more time making MEMORIES.

[Thank you, Liz]

Einde-van-die-jaar-dankies: Voorsangers

Wednesday, 27 November 2024

Einde-van-die-jaar-dankies: Ds. Ensie Enslin

Mossiestilte: Heb. 6:19-20

en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel 
waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.

Die voorhangsel het van bo tot onder geskeur en die bloed van Jesus het vir ons 'n plek verseël, wat hoog en heilig is in die teenwoordigheid van God die Vader. Deur die bloed van Jesus het ons die reg om by God se voorhangsel in te gaan en tot in die voorportaal van God se koninkryk te mag staan. Ons sondige natuur is versoen, vir ewig, deur die Slagoffer, die Lam van God. 

Dankie ons hemelse Vader vir die redding van ons siele wat deur U bevestig is. Jesus het vir ons die weg berei en het vir ons 'n woonplek gaan berei volgens sy belofte. Aan ons is die Heilige Gees as pand gegee, met die belofte van Jesus, wat weer sal terugkeer en sy bruid kom haal. Dankie Vader, dat U my uitverkies het. Aan U kom toe al die lof en eer en aanbidding, in Jesus Naam. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Tuesday, 26 November 2024

Loof die Here

Loof die Here,o my siel,
en moenie enige van sy weldade
vergeet nie -
Hy wat al jou sondeskuld vergewe,
wat al jou siektes genees,
wat jou lewe vrykoop van die graf,
jou kroon met troue liefde en ontferming,
wat jou begeerte met die goeie versadig.
Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut.

Psalms 103:2-5 AFR20

Einde-van-die-jaar-dankies: Klerewinkel

Afkondiging: Selgroep

Sunday, 24 November 2024

Kerssangdiens

Gebed: Vandag het ek vir jou gebid

Vandag het ek vir jou gebid
God het gehoor, ek weet
Sy antwoord was soos altyd,
"Sou Ek my kind vergeet?"
En het ek gevra vir eerbewyse
Talryk soos bome in 'n woud?
Nee, vir ander ryker gawes
Kosbaarder as goud
Sy nabyheid en beskerming
Soos 'n mantel elke dag;
Gesondheid, seën en vriendskap
Sonstraal blink en blommeprag.
Bowenal was dit my bede:
Al voel elkeen soms verward
Hoop en liefde in jou lewe
En Sy Vrede
in jou hart.

[Dankie, Brenda]

Mossiestilte: Es. 38:23

So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Die dag waarna alle kinders van God uitsien, wanneer jy God Homself, laat wys dat geen ander gode toegelaat word voor sy aangesig nie. Dit gaan net oor Hom en sy koninkryk. Hy het alles geskep om Hom te verheerlik. Hy is God Almagtig; die Alpha en die Omega, die Skepper van alles in die heelal.
 
Hierdie God, is jou ewige Vader wat sy verlossingsdaad vir jou gegee het, om jou na sy koninkryk te bring, sonder die sonde; skoongewas deur die bloed van die Lam. Die Vader se liefde oorheers alles; Sy groot haat vir die sonde het alles op die hoof van Jesus afgekom.

Onse Vader in die hemel, laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, in die hemel so ook op die aarde. Heilige Gees leer my en lei my, om te doen wat die Vader verlang. Ek wil U dien en vereer en u Seun Jesus verheerlik. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 23 November 2024

Kerkgenotjies: Leuenaars

Die predikant kondig aan dat hy die volgende Sondag 'n spesiale preek oor leuenaars gaan lewer. Hy vra die gemeente om solank Markus 17 te lees.

Die volgende Sondag vra hy dat almal wat Markus 17 gelees het, hulle hande moet opsteek.

Omtrent die hele gemeente steek hulle hande op.

"Dis nes ek gedink het," sê die dominee. "Die Markus-evangelie hou by hoofstuk 16 op." 

Verjaardagwense


Thuso (Sally Aucamp), vrolike verjaardagwense aan 'n baie spesiale mens. Vreugde en vrede. Mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Geniet jou verjaardag.  

Friday, 22 November 2024

Terugblik: 2002 - Lentedagkaartjies


Lentedagboodskappies wat vir die senior burgers uitgedeel is, tydens die lentetee wat die gemeente vir hulle in die saal aangebied het.

Einde-van-die-jaar-dankies: Kerkraadslede & dienswerkers


Suzaan Edwards
Estelle Kotzé
Jannie Erasmus
Eugene Jooste
Maans van Wyk
Willem Grové
Pieter Britz
Fanie Minne
Jannie Stroebel
Malan Smith
Daphne de Beer
Rinus Slabbert
Leon Natal
Elsa Minne
Alex van der Westhuizen
Coen Visser
Henry Weideman
Rina Groenewald 

Dankie vir die onvermoeide ywer en tyd wat julle vanjaar as kerkraadslid en dienswerker in Sy koninkryk belê het.

Thursday, 21 November 2024

Einde-van-die-jaar-dankies: Funksies by Sally Aucamp

Dink hieroor: Jou geskenk

God kon nie wag om jou te sien wakker word vanoggend nie. Hy het jou gisteraand die hele nag opgepas, en terwyl jy nog geslaap het, reeds in al jou behoeftes voorsien vir die dag.

Die volgende 24 uur is Sy geskenk aan jou. Wat jy daarmee gaan doen, is jou geskenk aan Hom. God gee die geskenk vandag en elke dag vir die res van jou lewe vir jou. Geniet hierdie groot geskenk.  

[Dankie, Rina, dat jy hierdie kosbare gedagte met ons deel.] 

Wednesday, 20 November 2024

Afkondiging: Vleis beskikbaar

Einde-van-die-jaar-dankies: Eiendom & erediens

Mossiestilte: 2 Thes. 1:8

in vuur en vlam wanneer Hy wraak uitoefen op die wat aan die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

Ons hou van al die mooi en goeie beloftes van God, aan hulle wat Hom in gehoorsaamheid dien. Ons vergeet soms dat God sonde haat, daarom het Hy Sy Seun gestuur om al die sondes weg te neem. Aan dié egter, wat ongehoorsaam aan Hom bly, is daar 'n plek berei. God het egter vir die hele wêreld se sondes 'n baie duur prys laat betaal, Sy enigste Seun se dood aan die kruis.

Dankie Here, u liefde maak my vry van die dood. U laat my toe om u heerlikheid te erf tot in ewigheid. Ek wag nou op die openbaarmaking van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele (vers 7b).  Laat u Naam verheerlik word, u wat ons in bewaring hou. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Tuesday, 19 November 2024

Kerkgenotjies: Koos kom kuier weer

* Koos, gaan dokter toe omdat sy keel seer is. "Dis jou mangels," sê die dokter, "en jy moet dit laat uithaal."
"Hoeveel sal dit kos?"
"Ongeveer so R75 000"  
"Ag, dok, kan jy hulle nie maar net so 'n bietjie losmaak sodat hulle vanself uitval nie?"

* Koos het bakore gehad. 
"Koos," vra 'n maat op 'n dag, "pla daardie ore jou nie?"
"Nooit," antwoord Koos, "behalwe wanneer ek 'n rondekraagtrui aantrek."

* Koos boer in die Waterberge. Sy vrou moet Kaapstad toe gaan om na haar siek ma om te sien.
Koos se vrou: "Koos, jy moet my een maal 'n week bel. Dis vir ma-hulle te duur dat ek hierheen kan bel. Ek wil nie onnodige uitgawes veroorsaak nie."
'n Week later bel Koos die sentrale om uit te vind hoeveel 'n oproep Kaapstad toe kos.
Dame by die sentrale: "Sowat R15,55 vir drie minute."
Koos in 'n smekende stemtoon: "Kan ek dit nie maar vir halfprys kry nie? Ek sal tog net moet luister, want ek kry nooit 'n woord in nie.

Einde-van-die-jaar-dankies: Leierouderling & leierdiaken

Afkondiging: Selgroep

Mandjie Hoop: Ps 146 gee die volgende tien beskrywings van God se karakter in vers 6-9

* Die Here bly getrou tot in ewigheid,
* Die Here handhaaf die reg van verdruktes,
* Die Here gee aan hongeres brood,
* Die Here bevry gevangenes,
* Die Here maak blindes se oë oop,
* Die Here rig dié op wat terneergedruk is,
* Die Here het regverdiges lief,
* Die Here beskerm vreemdelinge,
* Die Here help vaderloses en weduwees op,
* Die Here maak die pad van goddeloses krom.

Sunday, 17 November 2024

Belydenisaflegging 2024

Baie geluk aan ons nuwe lidmate wat vandag belydenis van hulle geloof afgelê het. Julle is só welkom in ons geloofsfamilie. Baie geluk aan die ouers en grootouers wat vandag in die vreugde van hierdie spesiale geleentheid kom deel het.














Foto's: Elsa Minne