Saturday, 2 November 2024

Kerkgenotjies: Algemeen

Het jy al ooit gewonder hoekom Salomo die wysste man op aarde was? Omdat hy so baie vroue gehad het om vir hom raad te gee.

ooOOoo

Adam en Eva sit onder 'n boom toe die wind 'n vyeblaar stadig by hulle verbywaai.
"Haai kyk," sê Eva, "daar loop 'n onsigbare man!"

ooOOoo

"En wat dink jy van my nuwe toneelstuk?
"Ek het 'n voorstel. Laat die skurk homself in die laaste bedryf eerder doodskiet as om gif te drink."
"Hoekom?"
"Dit sal help om die gehoor weer wakker te maak."

ooOOoo

"Hy is 'n oorlogbaba."
"Regtig?"
"Ja, sy ouers het net een keer na hom gekyk, toe begin hulle baklei."