Sunday, 3 November 2024

Mossiestilte: Ex. 15:3-4

Die Here is 'n krygsman; Here is sy Naam.
Hy het die Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.


Wanneer jy weet jy is so vasgekeer en nog skuldig voel ook daaroor, dan maak jou God 'n plan wat almal verstom sal laat staan. Die Here red nie net vir jou nie, maar die vyand word totaal uitgewis.

Dan is daar nie meer vrees en angstigheid nie, maar vreugde en blydskap, en word daar gesing en dans voor die Here. Die Here sê vandag vir jou, jy was nou lank genoeg 'n gevangene en die slaaf van die vyand. Vandag is die dag, wat die Here jou totaal sal verlos en in vryheid deur die bloed van Jesus Christus sal uitstuur. Die beste en sterkste vyand in jou lewe word uitgewis.

Here, my God, ek dank U vir die verlossing wat U vir my gegee het. Self kon ek niks daaraan doen nie, maar toe ek nog vol sonde was, het U my verlos deur u grote liefde. U het die hekke van die hel gebreek, sodat ek die ewige lewe kan beërwe. Ek is nou vry van slawerny aan sonde, deur die kosbare Naam van Christus Jesus. Groot en heerlik is u heilige Naam. Tot in ewigheid is u koning. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]