Wednesday, 26 February 2025

Mossiestilte: Job. 42:4-6

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my.
Volgens hoorsê ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Daarom herroep ek en het berou in stof en as.


Die dag wanneer God met jou praat sal jy bewe soos 'n riet; Jou vlees en jou hart kan ingee soos met Jesaja en Johannes. Dan sal alles wat jy geleer het en weet, soos niks wees voor God. Jou skaamte sal ontbloot wees voor God en met berou sal jy omverskoning vra. Sy kennis en wysheid sal jou leer, vra van die Here en Hy sal hoor en Hy sal jou leer.

Here, aan U gee ek myself oor. Vrees het my beetgepak toe u stem praat. Ek leer by U. Met vrees en bewing het ek gehoor toe U my naam uitspreek en tog was dit die mooiste klank vanuit u mond. Hoor tog Here en leer my in Jesus Naam. U vervang die die vrees vir wêreldse dinge met die vrees vir God; wysheid wat van U af kom. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 25 February 2025

Dankie vir elkeen wat inloer en 'n e-besoek bring!

Mandjie Hoop: Dank God elke oomblik

Loof God wanneer jy gelukkig is,
soek God wanneer jy swaarkry.

Aanbid God wanneer jy stil word,
vertrou God wanneer jy hartseer is.

Dank God elke oomblik en maak
Hom die anker in jou lewe!! 

Afkondiging: Selgroep

Monday, 24 February 2025

Nooi vriend en vyand na 'n steak-oase in vandag se besige lewe!


Wanneer: 02 Maart 2025

Waar: Kerksaal

Tyd:12h30 vir 13h00

Prys: R80 volwassenes, Kinders o/12 R50
Wegneemetes beskikbaar! 
Plaas bestellings voor of op 27 Feb by die kantoor: 053 842 1100

BRING EIE EETGEREI, DRINKGOED EN KOM KUIER HEERLIK!!

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar
.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Sunday, 23 February 2025

Afkondiging: Gebedsversoeke

Mossiestilte: Matt. 11:28-30

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.


Jesus nooi jou vandag uit: Kom na My toe, Jesus is die Messias, jou Verlosser, sy planne is reeds uitgewerk vir jou; daardie swaar las wat wat die wêreld of jyself jou laat dra, wil Hy vanoggend weg neem en jou rus gee.

Sy juk is sag op jou, leer van Hom; jy weet nie eers sy juk is op jou nie, so sag is dit. Hy is sagmoedig en nederig van hart en Hy kom gee jou vanoggend rus vir jou siel. Kom na Hom toe en verloor jou in sy sagmoedigheid en nederigheid; steek jou hande uit na Hom en ontvang in oorvloed wat Jesus vir jou in stoor het. Sy juk is sag en sy las is lig, teenoor die wêreld se hardheid. Dalk is jy hard op jouself.

Here, my Verlosser, ek reik uit na U vanoggend en kom sit by U voete. by u voete is daar oorvloed van rus en vrede, is daar genesing en verkwikking, is daar rykdom en blydskap. Ek kom om U te verheerlik en myself in u heerlikheid te verloor terwyl ek saam met U in hemelse plekke sit. Laat u koninkryk kom op my en my gesin en my vriende en op aarde, net soos in die hemel. Ek sien die hemel geopend en die engele van God opklim en neerdaal (verg. Joh1:52). U gee my u volheid, my barmhartige Vader. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Oesmaande: Februarie

Eerste kwartaalprogram: Februarie & Maart

Dagboek

Saturday, 22 February 2025

Kerkgenotjies: Nog steeds Koos ...

* "Liewe aarde, Koos, wanneer gaan jy tot trou kom? Hier is darem oulike nooientjies op die dorp."
":Ja, daar is, maar ek sien in elke mooi nooi 'n potensiële skoonma.'

* "Môre, Koos, ek hoor jou skoonma is baie siek?"
"Ja, sy is regtig baie siek."
"Is haar toestand gevaarlik?"
"Nee, sy is gelukkig nou te swak om gevaarlik te wees."

* Mev. Van der Merwe besoek die dokter.
"Wat is fout?" vra die dokter.
"Ag, dokter, ek is moeg en afgerem."
"Slaap jy goed."
"Ek het altyd soos 'n baba geslaap ... maar dit was natuurlik vóór ek my eie gehad het!"  

Verjaardagwense

Jannie, mag die oorvloed van die liefde van Christus al die dae van u lewe vul. Baie geluk met jou verjaardag. Baie seën vir hierdie dag. 

Friday, 21 February 2025

Moenie hierdie kans deur jou vingers laat glip nie!


Wanneer: 02 Maart 2025

Waar: Kerksaal

Tyd:12h30 vir 13h00

Prys: R80 volwassenes, Kinders o/12 R50
Wegneemetes beskikbaar! 
Plaas bestellings voor of op 27 Feb by die kantoor: 053 842 1100

BRING EIE EETGEREI, DRINKGOED EN KOM KUIER LEKKER SAAM MET ONS!!

Thursday, 20 February 2025

Moet nooit vergeet nie ...

Wees soos 'n posseël:
KLOU vas aan jou geloof tot jy jou bestemming bereik!
Wees soos 'n arend:
SWEEF altyd hoog bo jou omstandighede met gebed!
Wees soos 'n sonneblom:
KYK op en ontvang Jesus se seën en genade!
En moet NOOIT vergeet hoe spesiaal en uniek JY is nie!

[Dankie, Rosetta.]

Wednesday, 19 February 2025

Mossiestilte: Miga 7:7

Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.


Oraloor is daar vyandiggesindes teen jou. Sommiges hou glad van wie of wat jy is nie, ander glo jy is vals, terwyl sommiges net in hulleself glo en alles wat jy sê sal teenstaan. God wil jou vanoggend gerusstel, en laat besef dat Hy jou enigste antwoord en uitkomste is in alles wat jy doen of sê.

Hy is die God van jou heil en Hy sal jou hoor. Nou maak dit regtig nie meer saak wat ander teen jou sê of doen nie. Sien uit na God se aanraking, Hy hoor jou pleidooi en sal jou antwoord en uitlei.

Dankie, Here, U is die God wat sien; U is die God wat hoor en U maak my paaie gelyk. Ek kan niemand vertrou nie, maar ek sien uit na u besoek en u antwoord. Net U bly getrou, die God van heil. Ek sal op U wag want self is ek swak en onverstandig. Met U loop ek 'n bende storm en met U spring ek oor 'n muur. U is my beskerming in die donker en in die dag van onheil. Net op U wag ek! Amen.

Tuesday, 18 February 2025

Basaar: Raak betrokke!

Mandjie Hoop: Vir wie sou ek vrees?

Die HERE is 
my LIG en
my REDDER,
vir wie sou ek bang wees?
Die HERE is 
my TOEVLUG
vir wie sou ek vrees? 
[Dankie, Ena]

Afkondiging: Selgroep

Monday, 17 February 2025

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Sunday, 16 February 2025

Mossiestilte: Ps. 78:20+35

Kyk Hy het die rots geslaan, dat die waters gevloei en spruite restroom het. Sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? En hulle het daaraan gedink dat God hul rots was God, die Allerhoogste, hul verlosser.


Die Vader het die rots, Jesus, geslaan (deur Moses se hand en staf) vir jou sondes in die dae wat jy rondgeswerf het in die woestyn van sonde. Jesus is die Allerhoogste God. Die dag wat Hy aan die kruis vir jou gesterf het, het jy onmiddellik toegang tot die lewende water gekry. God dek 'n tafel vir jou in die woestyn en jy eet brood wat engele eet (verg. vers 19 en 25)
Vandag sal God aan jou, jou daaglikse voedsel voorsien.

Here, ten spyte van my ontrouheid, is U barmhartig teenoor my. U het my ongeregtigheid versoen en my nie verdelg nie, dikwels wend U, u toorn af en wek U nie al u grimmigheid op nie. U weet ek is net vlees en is dikwels wederstrewig teenoor U (verg. vers 37 tot 40), nogtans voorsien U my daaglikse brood en die lewende waters les my dors. Ek eer en verheerlik u grote en getroue Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Eerste kwartaalprogram: Februarie & Maart

Dagboek

Saturday, 15 February 2025

Verjaardagwense

Nico, veels geluk met jou verjaardag, wense van voorspoed, God se seëning en genade vir al die jare vorentoe. 'n Geseënde dag.

Kerkgenotjies: Dink hieroor

* As jy deesdae om 'n lening aansoek doen, moet jy eers kan bewys jy het dit eintlik nie nodig nie. 

* Moet nooit met 'n idioot in 'n argument betrokke raak nie - die mense om jou sal dalk nie die verskil tussen julle twee agterkom nie. 

* As ons op die aarde geplaas is om ander te help, waarvoor is die ander daar?

Thursday, 13 February 2025

Jy is 'n inspirasie

Jy's ‘n INSPIRASIE
as jy ander kan optel ongeag omstandighede.
Jy's NEDERIG
as jy onthou waar jy vandaan kom.
Jy's STERK
as jy jou hartseer leer om te glimlag.
Jy's BRAAF
as jy jou vrese konfronteer & ander help om dieselfde te doen.
Jy's POSITIEF
as jy probleme as geleenthede sien.
Jy's WYS
as jy nederig jou beperkinge aanvaar.
Jy's EERLIK
as jy nie blind is vir al jou foute & tekortkominge nie.
Jy's SUKSESVOL
as jy die potensiaal in ander kan raaksien & help ontgin.
Jy's TROTS
as jy weet wanneer om die minste te wees.
JY's MENSLIK
as jy ongeag jou foute steeds kan droom, wens & hoop.
Jy's LIEFDEVOL
as jy vergeet van jou seer& ander sin raaksien.
Jy's MOOI
as jou hart nog mooier is as jy.
JY's OPREG
as jy alles doen uit jou hart uit.
Jy's GELUKKIG
as jy jou geluk, hoop & liefde kan deel met ander.
JY's DANKBAAR
as jy glo al die seëninge in jou lewe is net genade.
JY LEWE
wanneer jy gister se seer agter jou kan sit, besef dat môre nie gewaarborg is nie & net leef vir nou.

[Dankie, Rosetta!]

Wednesday, 12 February 2025

Mossiestilte: 1 Pet. 5:7

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Die belangrikste deel van die vers is dat God sorg vir jou.
Vandag sal God aan jou bewys dat Hy is jou Voorsiener. Al sien jy dit nie en voel jy, jy het iets verloor in die proses, onthou dat alles gebeur ten goede vir hulle wat in God glo.

Sou jy dalk iets "wen" uit 'n situasie, dank God vir sy voorsiening; onthou, God laat dit reën oor die regverdige en die onregverdige; God is dus nie 'n aannemer van die persoon nie.

God is 'n regverdige God en sal vir elkeen voorsien soos Hy na sy plan oor jou goed dink. Werp dus jou bekommernisse op Hom en moenie laat jou bekommernisse oor jou die oorhand kry nie; God sal voorsien waar jy dit nie verwag nie.

Here, ek verneder myself onder u kragtige hand, sodat U my sal verhoog op die regte tyd; ek laat dit aan U oor (vers 6). Van U is my verwagting. Laat ek nooit van myself meer dink as wat ek is nie. U tyd is vir my belangrik. Wanneer die Opperherder verskyn sal ek die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang (vers 4). Die eer en heerlikheid kom U toe. Amen.

[Aangetuur deur Pieter Swanepoel] 

Tuesday, 11 February 2025

Mandjie Hoop:

Sonder geloof kan 'n mens
niks vermag nie; 
met geloof is alle dinge moontlik.
[Sir William Osler] 

Afkondiging: Selgroep

Monday, 10 February 2025

Terwyl 'n vrou eendag bid, vra sy:

"Wie is U, Here?"
Hy antwoord haar toe: "EK IS."
"Maar wie is EK IS?" vra sy.
God sê: "EK IS Liefde;
EK IS Vrede;
EK IS Genade;
EK IS Vreugde;
EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe;
EK IS die Lig;
EK IS jou Vertrooster;
EK IS Krag;
EK IS die Skepper;
EK IS die Alfa en die Omega - Die Begin en die Einde."
Sy vra toe: "Maar Here, wie is ek dan?"
God vee haar trane af en sê: "JY IS MYNE

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar
.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Sunday, 9 February 2025

Afkondiging: Gebedsversoeke

Dankfees skop af met 'n muntlegging


Snuffel deur beursies, kyk of daar 'n paar sent in 'n spaarblikkie is en keer die spreekwoordelike klip om om muntstukke vir die muntlegging bymekaar te maak. Kom ons probeer verlede jaar se bedrag klop!

Eerste kwartaalprogram: Februarie & Maart

Mossiestilte: Stille werkers - lees Kolossense 4:10-18

Hy (Epafras) ... bid altyd erstig vir julle ... (v 2)

In die slot van die brief aan die Kolossense lees ons van Paulus se persoonlike vriendekring en medewerkers. Een van hulle, Epafras, die stigter van die gemeente Kolosse, het Paulus in die gevangenis geskryf waarna Paulus hierdie brief aan die Kolossense gerig het. Epafras was waarlik besorg oor die gemeente en 'n steunpilaar wat opreg vir hulle gebid het. Hy was 'n vriend wat die gemeente liefgehad het. Hy was ook saam met Paulus in die tronk - 'n gevangene ter wille van Jesus Christus.

Elke gemeente het vandag mense soos Epafras nodig:

* DADERS van die Woord van God (v 13)
* BIDDERS wat by God intree vir die gemeente.
* GEESTELIK VOLWASSE mense wat gehoorsaam is aan die wil van God

Mag die voorbeeld van Epafras in die kerk van Christus voortleef!

Gebed
Dankie, Here, vir opregte voorbidders en bidders. Dankie vir die stille werkers wat sonder fanfare en vertoon in u diens staan. Dankie vir die sin wat hulle gebede, optrede en offers in ander se lewe bring.
Dankie vir hulle wat geestelik volwasse en volkome gehoorsaam aan u wil is. Hulle dien U in elke beroep onder die son.
Dankie vir elkeen wat 'n taak getrou en goed verrig, wat dit as diens aan die Here sien, wat voltooi wat begin is. Ons kan ons so blind staar teen die negatiewe nuus van elke dag, dat ons nie die stille werkers rondom ons raaksien en waardeer nie. Hulle haal ook nie die nuusberigte nie.
Dankie dat ons kan voel dat daar vir ons gebid word. En wanneer ons stil word voor U, bring U saggies die nood van ander onder ons aandag.
Dankie vir u Gees wat in ons spreek wanneer ons bid. Bewaar ons daarvan dat die gejaagde lewe ons gebedslewe verskraal. Gebruik ons soos u vir Epafras gebruik het.
Here, leer ons elke dag bid.
Amen

Aletta Lübbe - net 'n gebed ver, gedagtes en gebede vir elke dag pp. 61-62

[Dankie, Elmari vir die deel hiervan.]   

Oesmaande: Februarie

Dagboek

Saturday, 8 February 2025

Kerkgenotjies: Langs wie jy nie in 'n fliek wil sit nie ...

* iemand met 'n groot pak Simba-skyfies.
* iemand met 'n groot boks van jou gunsteling sjokolade.
* iemand wat verveeld raak, aan die slaap raak en begin snork.
* 'n vyfjarige wie se ma vir hom alles in 'n teatrale fluisterstem moet verduidelik.
* iemand wat nie die armleuning wil deel nie. 
* 'n kind wat aanmekaar sy lekkergoed op die vloer laat val.
* twee tieners wat dink hulle het ware liefde gevind.

[Dankie, Sonia van Pretoria]

Thursday, 6 February 2025

Straatuitreik

Straatuitreik: 'n Voorbeeld van 'n boemelaar

Hy sien hom sit - moeg, moedeloos en verwaarloos.

Hy stap oor die pad na dié boemelaar wat sku langs die gebou sit. Half verskuil teen die ongenaakbare wind. Hy gee vir die persoon die boks met die oorblywende pizza wat hy wou huis toe vat. Die man is sigbaar dankbaar en begin dadelik eet.

Terwyl die man nog besig is, kom 'n persoon van die anderkant aangestap en vra vir die boemelaar ’n stukkie pizza. Sonder enige huiwering, gee die boemelaar vir hom ’n stuk en sit en smul die twee vreemdelinge lekker.

Dis ’n eenvoudige verhaal van ’n boemelaar wat honger ken, wat weet hoe dit voel as iemand jou uitskel en wegjaag, wat weet wat dit is om soos ’n hond behandel te word. Al het hy min, deel hy graag, want hy wil nie ander mense soos ’n hond laat voel nie.

Op ’n manier het die omstandighede waarin die boemelaar is, hom gevorm. Op ’n manier het God die omstandighede gebruik om hom te vorm. Op ’n manier het God hom vaardighede gegee om goed te doen aan ander, al sit hyself nie goed daarin nie.

Ons groot gemeenskaplike doel op aarde is om ’n verskil te maak. Orals waar ons gaan, wil God ons gebruik om ander mense se lewens te verryk. God wil ons gebruik om goed te doen. 

Hiervoor hoef ons nie eintlik te gaan swot nie. Ons hoef nie spesiale kursusse te volg om dit te doen nie. Nee, God gebruik die omstandighede om ons te vorm, sodat ons hierdie gawe van uitreik en goed doen, wat ons ook van Hom ontvang het, te kan deel.

Ons elkeen is gebore met ’n gawe, sommige het meer gawes as ander gekry, sodat ons vir ander die lewe 'n bietjie makliker en lekkerder kan maak. Dit is outomaties deel van die pakkie. Maar op ’n manier kry sommige dit reg om dit onder ’n emmer te sit en nie ’n stukkie van hul pizza te deel nie.

'n Mens wonder hoekom sal ’n boemelaar ’n stukkie van sy min deel en die restaurant-klante, wat oorgenoeg het, die ander se honger nie raaksien nie of net ’n veer daarvoor voel?

Ons los voetspore in harte van mense - veral hulle wat minder as ons het.

Verjaardagwense

Adene, mag God jou lewe vul met oneindige gelukkige oomblikke, baie vreugde en goeie gesondheid. 'n Geseënde dag.

Wednesday, 5 February 2025

Mossiestilte: Ps. 73:17a

Totdat ek die heiligdomme van God ingegaan het.

Dis eers toe die Here, jou verlossing geskenk het en jy sy heiligdomme betree het dat jou oë oopgegaan het. Jou voete het amper gestruikel, jou voetstappe het byna uitgegly (vers 1). Hy het jou voetstappe weer reg gerig. Toe was jy dom en het niks geweet nie (vers 22). Die Here sal jou lei deur sy raad en jou daarna in heerlikheid opneem.

Dankie Here, dat U in u teenwoordigheid, in U heiligdomme laat ingaan het. U bloed, u genade, het my daar laat intree. Daar het ek wysheid gesien en is ek versterk. Want ek was afgunstig toe ek die voorspel van die onsinnige mense sien (vers 3.) Maar nou, wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel (vers 28). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 4 February 2025

Uitnodiging: Tabita-vroueaand

Mandjie Hoop: Vertrou die Allerhoogste

Die mens wat standvastig op die Allerhoogste vertrou,
staan kragtig in sy krag,
wys in sy wysheid,
gelukkig in sy geluk.

[Joseph Addison]

Afkondiging: Selgroep