Sunday, 22 December 2024
Mossiestilte: Hos. 13:14
Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.
'n Wonderlike profetiese woord wat in vervulling gekom het, wat jy vandag kan aanneem. God het jou nou losgekoop van die doderyk. Jesus se bloed het jou bevry en die dood is oorwin. Die doderyk het geen verderf meer om jou te vernietig nie. Die berou van God bestaan nie meer nie, want deur Jesus Christus se bloedoffer, is onverstandigheid en ongeregtigheid verborge vir die oë van God en is sy grimmigheid afgewend van jou af.
Here, ons God, U is ons almal se God. U het my sondes verander in geregtigheid. U het arm geword sodat ek deel kan hê aan die rykdom van u heerlikheid. U het gesterf sodat ek die ewige lewe kan hê. Jesus, die Seun van God is my enigste en ewige Koning. U, my Koning, het my losgekoop van die doderyk. U, sal altyd geloof en geëer word deur alle volke. Elke knie sal buig en elke tong bely dat U, Jesus Christus, die Here is; die liefling van my siel. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Saturday, 21 December 2024
Kerkgenotjies: Kersfees
Kersfees is om die draai en in een van Kimberley se groot winkelsentrums sit Vader Krismis op 'n groot stoel en praat met die kleintjies wat verby hom loop.
Klein Peter is baie bly om Vader Krismis te sien en klim pens en pootjies op sy skoot. Vader Kersfees vra die heel belangrikste vraag in die wêreld: "En wat wil jy vir Kersfees hê?"
Klein Peter staar geskok na Vader Krismis, voordat hy met 'n bewende stemmetjie vra: "Het jy dan nie my e-pos gekry nie?"
ooOOoo
'n Mamma vra haar seuntjie wat hy graag vir Kersfees wil hê.
"Ek wil 'n bababoetie hê," is sy antwoord.
"O, maar dit is 'n groot versoek," sê sy ma. "Hoekom wil jy 'n boetie hê?"
"Want 'n mens kan nie altyd al die skuld op die hond pak nie!" verduidelik hy.
ooOOoo
'n Kleuterskoolonderwyseres hou 'n ogie oor haar klas vol kinders, terwyl hulle tekeninge maak van Kersfees en al die karakters wat daarin voorkom. So nou en dan stap sy rond om te sien wat die kinders teken, en gaan staan by 'n paar van hulle om te gesels oor wat hulle uitbeeld.
Sy kom by klein Pulani, wat baie hard aan die werk is, en vra wat haar tekening uitbeeld.
Pulani: "Ek teken vir God."
Die onderwyseres huiwer vir 'n oomblik en sê toe: "Maar niemand weet hoe God lyk nie."
Pulani sê: "Hulle sal binnekort."
Friday, 20 December 2024
Mieta se gebed
More my Jirre,
Vandag is ou Mieta vroeg op
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop
Die vlaktes is droog
dit soek water my Jirre
die son brand
daar op my draad se klere
My Jirre die laaste reent
het vir Mieta trane gebring
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing
Die land bid vir reent
die boere kry swaar
Jirre skud daai hemel
dat die reent neer kan daal
My Jirre die son brand
hard op die droe aare
maar ou Mieta my Jirre
sy maak nie besware
Sy los die werke van die Groot Man
In Sy eie hande
maar ou Mieta bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande
Seen ons boere my Jirre
en seen hierdie land
doen U die werk daarbo
en ou Mieta sal bid aan hierie kant
Dankie my Jirre
Amen
Vandag is ou Mieta vroeg op
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop
Die vlaktes is droog
dit soek water my Jirre
die son brand
daar op my draad se klere
My Jirre die laaste reent
het vir Mieta trane gebring
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing
Die land bid vir reent
die boere kry swaar
Jirre skud daai hemel
dat die reent neer kan daal
My Jirre die son brand
hard op die droe aare
maar ou Mieta my Jirre
sy maak nie besware
Sy los die werke van die Groot Man
In Sy eie hande
maar ou Mieta bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande
Seen ons boere my Jirre
en seen hierdie land
doen U die werk daarbo
en ou Mieta sal bid aan hierie kant
Dankie my Jirre
Amen
[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur. Waardeer!]
Thursday, 19 December 2024
Think about it: Being a parent is a constant work-in-progress
You will teach them to fly,
but they will not fly your flight.
You will teach them to dream,
You will teach them to dream,
but they will not dream your dream.
You will teach them to live,
You will teach them to live,
but they will not live your life.
Nevertheless,
Nevertheless,
in every flight,
in every life,
in every dream,
the print of the way you taught them,
will remain ...
[Mother Teresa]
[Mother Teresa]
Wednesday, 18 December 2024
Mossiestilte: Joh. 15:5
Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder my kan julle niks doen nie.
Jy is ingeënt op die enigste ware wynstok, Jesus Christus. Slegs in Hom kan ons veel vrug dra, want Hy alleen gee ons die vermoë om die vrug te kan dra, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Ten spyte van jou swakhede gee God aan jou die krag om goeie vrugte te dra wat by die bekering pas.
Here, my God, ek verlustig myself in u heerlikheid. Ek is 'n loot en moet vrug dra. Die wynstok dra nie vrugte nie, maar stuur krag na die lote wat vrugte moet dra. Dankie Here dat U my deelgemaak het van u koninkryk, al is ek swak en geneig tot kwaad, maar U sal my bo my skaamte verhef. Ek sê weer net dankie en met blydskap in my hart, wil ek U loof en prys. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Monday, 16 December 2024
Versekering vir 2025!
So hardloop die laaste paar dae van 2024 ook deur die shredder ...
in daardie bondel papierrepies lê al jou vreugde, drome, liefde, hartseer en verdriet van 'n hele lange jaar ...
wat 'n Hemelse Voorreg om te weet jy was teenwoordig in 2024!
Dit was nog 'n jaar van onverdiende Genade!
Al was die jaar hoe moeilik,
al was die kruispaaie baie,
God het jou deurgedra,
want jy lees hier,
en jy het dit gemaak!
Onthou, saam met God bly jy 'n WENNER,
maak nie saak wat die situasie is nie ...
met jou hand in God se Hand,
sal jy altyd as wenner uit enige stryd tree!
'n Onbekende 2025 lê op die horison en wag, maar ons kan blymoedig ons voete op die 2025-pad sit.
Want ons weet ons Hemelse Vader loop vooruit!
[Aangestuur deur Ena Coetzer - waardeer!]
Sunday, 15 December 2024
Mossiestilte: Ps. 65:4
Die mens se weë is wetteloosheid en hy soek sy eie weë. Niemand wil God dien nie. Maar God ken die ongeregtigheid van die mens en sal aan jou siel lewe gee en nie toelaat dat jou voet wankel nie. God sal jou uitverkies en laat nader kom om in sy voorhowe te staan.
Dankie, onse Vader, dat U met my weë van wetteloosheid gehandel het en aan my vertroosting gebring het. U het my siel rustig gemaak en my skoongewas. Ek is U ewig dankbaar en kom nader na U, om u guns te ontvang wat ek nie verdien nie. U verryk my grootliks; U stroom o God, is vol water. U seën my, u uitspruitsel wat U natgemaak het. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Saturday, 14 December 2024
Kerkgenotjies: Kersfees
“Wat gee jy jou ma en pa vir Kersfees Jannie?”
“’n Lys van alles wat ek wil hê juffrou.”
Die afgelope vyf jaar het Eskom die Kers terug in Kersfees gesit - ek wonder of hulle hierdie Kersfees dit ook gaan doen.
Definisie van 'n ALMANAK: Dis 'n kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
“’n Lys van alles wat ek wil hê juffrou.”
ooOOoo
Die afgelope vyf jaar het Eskom die Kers terug in Kersfees gesit - ek wonder of hulle hierdie Kersfees dit ook gaan doen.
ooOOoo
Definisie van 'n ALMANAK: Dis 'n kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
Friday, 13 December 2024
Thursday, 12 December 2024
Did you notice today's date is 12/12
See what the Bible says about today's date:
🗝️Genesis 12:12.
You will not die you will live.
🗝️Exodus 12:12.
I will execute judgment against your enemies.
🗝️Deuteronomy 12:12
You and your households will be joyful in God's presence.
🗝️Joshua 12:12
You will defeat all your enemies
🗝️1 Samuel 12:12
A new and a better king will rule in your life.
🗝️2 Samuel 12:12
The evil plans of your enemies will be made public.
🗝️1 Kings 12:12
Your favours shall return to you.
🗝️2 Kings 12:12
You will build your own house.
Today is the first day of the rest of your life!!!!
[Thank you, Rosetta]
Wednesday, 11 December 2024
Mossiestilte: Jud. 1:20
Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in julle allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
Ervaar jy nou 'n moeilike, donker, koue, droë en alleentyd? Dan is dit nou die tyd om jou wortels soos die van 'n boom, dieper in die grond te vestig. Terwyl jou blare afgeval het en jy nie nou vrug kan dra nie. Bid nou meer en vertrou die Here. Binnekort kom die lente en die tyd wat jy nuwe blare en blomme moet maak. As jy jou lewe dieper inwortel in God se krag, sal jy op die regte tyd weer blare, blomme en vrugte kan gee. Dit gaan nie oor jou nie, maar oor wat jy vir ander kan gee, wat jou werk in die lewe is.
Dankie Here, vir u seëninge oor my, u barmhartigheid oor my, u genade wat ek elke dag kry. Strome van seën tref my elke dag. Strome van genesing, van rykdom, van blydskap en vreugde, van vriende en familie, van geloof in U. U sê duidelik dat strome van lewende water sal uit ons uitborrel, die wat in U glo. Ons het so baie om uit te deel en aan ander te gee. Ek is opgebou in die Allerheiligste en ek wil net in u Heilige Gees bly, sodat ander van my vrugte kan kry. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Tuesday, 10 December 2024
Wat is liefde?
Dis 'n houtkruis teen alleenheid,
'n Steunpilaar in pyn,
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
Wanneer jou lewenslig begin kwyn.
Dis 'n skouer om op te huil,
Wanneer die wêreld jou soms druk,
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.
Dis 'n oor wat na jou luister,
Al praat jy soms nie sense,
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens."
Dis 'n kombers teen die koue,
'n Sambreel teen die reën,
'n Fort waardeur geen wind kan waai,
Selfs wanneer die donderweer buite dreun.
Dis 'n telefoonoproep uit die bloute,
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,
En wanneer woorde oorbodig is,
Word liefde 'n stille gebed.
Bo alles is Liefde 'n gawe van God -
Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod.
[Anoniem]
Monday, 9 December 2024
Is jy voortdurend bekommerd?
“Dit is nie God se wil dat jy met voortdurende bekommernis saamleef nie. Dit is nie sy wil dat jy elke dag met angs en ontsteltenis tegemoetgaan nie. God het jou gemaak vir meer as ’n lewe vol bekommernisse wat jou asem steel en angstigheid wat jou gedagtewêreld verskeur. God beplan ’n nuwe hoofstuk vir jou lewe, en Hy is gereed om dit te begin skryf.”
Max Lucado
Sunday, 8 December 2024
Tot siens en baie welkom
Malan, wat as leierouderling uittree,wil ons baie dankie sê vir sy toewyding en hulpvaardigheid wat hy aan die dag gelê het om sy taak suksesvol uit te voer. Ons waardeer al sy insette.
Terselftertyd wil ons as gemeente vir Henry baie geluk en welkom sê. Hy vat die leisels by Malan oor. Baie seën en sterkte vir hierdie taak. Mag die saak van die Here van krag tot krag gaan.
Afkondiging: Bid saam met ons vir ...
1. Ons Huis - die tehuis vir bejaardes - vir die inwoners, vir hulle in die siekeboeg en die personeel.
2. Sally Aucamp - die tehuis vir volwasse gestremdes - die inwoners, siekes, hulle wat mismoedig en depressief is en die personeel.3. alle gemeentelede wat siek is, swaarkry en tans sonder werk is.
4. alle huwelike en gesinne!
5. vrede, verdraagsaamheid en wedersydse respek onder mekaar wat wyer kan uitkring.
6. ons gemeente dat ons God 1ste sal stel!
7. elke gelowige dat hulle die vrug van die Gees sal uitstraal.
8. ons land, regering en vir elke landsburger. (1 Tim 2:1-7)
9. die verkondiging van U Woord in 'n wêreld wat al verder van U af wegdryf.
10. hulle wat in gevaarlike en moeilike omstandighede U Woord verkondig.
Die krag van gebed kan nooit onderskat word nie! Elkeen van ons het 'n verantwoordelikheid om vir mekaar te bid.
Mossiestilte: Rom. 16:25-26
Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring wat eeue lank verswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof ...
God het sy Woord bewaar wat Hy reeds voor die grondlegging van die wêreld gespreek het en nou ook genadiglik aan jou gebring is, sodat jy mag deelhê aan sy genade volgens die belofte aan Abraham en Isak. Jy is nou saam met die uitverkore volk Israel, deelgenoot aan die erfenis van die Almagtige God, deur die bloed van Jesus Christus, wat jou ingekoop het by God se ewige erfenis. Jy het niks gedoen om dit te verdien nie, maar die liefde van die Vader is ryk aan barmhartigheid en genade en gee aan almal na die rykdom van sy heerlikheid.
Dankie onse Vader, dat U die Woord vir my ook gebring het en lewendig gemaak het om in my te kom woon. Ek het nou 'n dienaar geword van Christus in die bediening en lydsaamheid om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou aan my en sy heiliges geopenbaar is. My hoop is nou op Christus, en in sy heerlikheid. Nou kan elke mens volmaak wees in Christus (sien Kol. 1:24-28). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Saturday, 7 December 2024
Dankie, Dagbestuur vir 2024!
Dankie vir jul entoesiasme waarmee julle jul taak verrig het. Dankie vir al die harde werk wat julle deur die loop van die jaar ingesit het en dankie vir die geestelike voetspore wat julle laat - daar waar julle arbei. Seënwense vir hierdie Kersgety.
Afkondiging: Somervakansieklub
Om bg. vakansieklub moontlik te maak, benodig ons asb. hulp vanuit die gemeente:
1. Hoërskoolkinders/studente en volwassenes wat kan help as groepleiers.
2. Iemand om verantwoordelikheid te neem om die kos voor te berei. Alle bestanddele word verskaf, maar ons benodig iemand om bv. die worsbroodjies te maak.
3. Dat elkeen asb. die woord sal versprei, sodat soveel as moontlik kinders in Kimberley die geleentheid kan bywoon.
4. Enige finansiële bydrae om te help om ‘n minderbevoorregte kind te borg.
5. Raak asb. betrokke - Desember is by uitstek uitreikmaand!
Kerkgenotjies: Kinders
Een van die gemeentelede se dogtertjie het lank gedink oor dié vraag, voordat sy besluit het om haar ma te vra. "Mamma, het liewe Jesus my kleinboet vir ons gegee?"
"Ja, Skat."
"Dis darem nou seker lekker stil daar by Hom, né, Mamma?"
ooOOoo
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê: "Moenie vir my betaal nie, ek is nog onder ses."
ooOOoo
'n Moedelose ma sit elke Sondag in die moederskamer van die kerk, maar selfs daar is Jannie te woelig en steur die ander kinders. Sy kan duidelik sien dat Jannie se gedrag die ander ma's pla, omdat dit vir hulle baie moeilik is om hulle eie kinders te dissiplineer en hulle sover te kry om te leer om stil te sit.
Uit pure moedeloosheid en radeloosheid fluister sy in Jannie se oor: "Hoe dink jy gaan jy eendag in die hemel kom?"
Die seuntjie het so 'n bietjie nagedink daaroor en sê toe: "Ek sal in- en uithardloop tot Petrus vir my sê: "Liewe aarde, Jannie, kom nou in of bly buite."
Friday, 6 December 2024
Ontmoet ons personeel: Anna van Wyk
Anna van Wyk, lidmaat van die gemeente vir meer as 20 jaar, is die afgelope 7 jaar Dutoitspan se koster.
Anna is gebore en getoë in Cradock. Sy het later die Oos-Kaap verruil vir die Noord-Kaap - 'n landstreek wat bekend is vir sy vriendelike mense en hartsmense. Sy is 'n Kimberliet sedert 1995 en op 17 Januarie 2000 haak sy en Maans die knoop deur.
Anna is 'n familiemens en haar grootste vreugde is om elke oggend vir haar kind môre te kan sê en hom te sien - 'n voorreg wat baie ouers nie het nie. Daar is soveel ouers wat elke dag met die wete wakker word dat hulle kinders en kleinkinders oorsee is en die realiteit is dat hulle mekaar net een maal 'n jaar of drie sien.
'Hier is n paar algemene vrae om die mens agter die kosterwerk beter te leer ken:
Vraag: Watter gedeelte in die Bybel spreek direk tot jou hart?
Anna: Psalm 23 is my groot gunsteling.
Vraag: Watter kossoort staan heel boaan jou lysie van gunstelinge?
Anna: Met lasagne kan jy my onder 'n wip vang.
Vraag: Watter karaktereienskap in mense is vir jou onaanvaarbaar en kan jy nie mee vrede maak nie?
Anna: Mense wat oneerlik is en wat vir jou in jou oë kyk, terwyl hulle vir jou jok.
Vraag: Wat is jou gunstelingkleur?
Anna: Ek hou van swart.
Vraag: Wat is jou stokperdjie?
Anna: Ek is baie lief vir naaldwerk en het klere gemaak voordat ek met die kosterwerk begin het. Ek was agt jaar oud toe ek my eerste rok gemaak het - natuurlik vir myself. Van daardie dag af het ek besef dat 'n mens vlerke aan jou drome kan gee met naald en gare. My tannie het vir my die naaldwerkdeur oopgemaak. Nou is daar nie meer so baie vrye tyd beskikbaar vir hierdie passie in my lewe nie.
Vraag: Lees jy graag en wat is jou gunsteling genre?
Anna: Ek hou van romanse - die ou mense het altyd van liefdesverhale gepraat. Daar is só baie moeilikheid en swaarkry in die lewe, dat hierdie genre 'n teenvoeter bied teen die swaar waarvan ons elke dag in die koerante lees en oor die TV hoor. Met elke storie word die leser bederf met hoop en verwagting. 'n Mens lees die boek met die verwagting en die hoop dat alle probleme wat die karakters beleef, oorkom en opgelos sal word. Anders as in die regte lewe waar probleme so dikwels tot mense se ondergang lei.
Vraag: Watter tipe musiek roer jou hartsnare?
Anna: Ek hou van country musiek en Don Williams se musiek is my groot gunsteling.
Vraag: Wat is die lekkerste deel van jou werk?
Anna: Om ander te kan help.
Vraag: Die wêreld soos dit vandag daar uitsien, is goed deurmekaar. Watter gedagte wil jy by die leser los wat hierdie gesprek gelees het?
Anna: Ons as mens, kan nie sonder God lewe nie en dit moet ons doel wees om elke dag nader en nader aan Hom te probeer leef.
'n Vinnige voëlvlug oor die mens wat die kosterspos beman en wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop.
Thursday, 5 December 2024
Besoek en bid vir ons bejaardes in die ouetehuise
Baie eensame mense en bejaardes voer amper 'n kluisenaars bestaan, selfs bejaardes wat in ouetehuise is, word vergeet. Geestelike en emosionele armoede is aan die orde van die dag. Dit is die een aspek wat aangespreek kan word, sonder addisionele kostes.
Hoe ouer ’n mens word, hoe meer voel en ervaar hulle dat hulle deur die samelewing uitgeskuif en vergeet word. Hierdie mense het toe hulle jonk was, hulle kant gebring waar dit nodig was. Maar ongelukkig neem die waarde van 'n bejaarde af in die oë van die wêreld. Grysheid het skielik 'n diskwalifikasie geword.
Hierdie is van die gewaarwordinge met 'n besoek aan Resthaven. Daar is 'n behoefte aan vrywillige werkers wat 'n boodskappie kan bring of sommer net tussen die inwoners kan kuier of langs 'n siek bed sit en iemand se hand vashou.
Desember is 'n uitreikmaand - kom ons sluit Resthaven in.
Duisend dankies Rina, Daphné, ds. William, Isobel, Pulla en Lizzie!
Subscribe to:
Posts (Atom)