Na 'n besige en miskien slegte jaar, is dit nodig om tot stilstand te kom en die jaar in oënskou te neem. Op jou eie of tussen hartsmense is dit die beste plek. Hartsmense is nie net mense wat aan jou aandag gee of saam met wie jy lekker dinge doen nie. Dit is mense wat jou hart verstaan; mense rondom wie jy jouself kan wees, mense wat tyd het vir jou, mense wat na jou luister, vir jou bid en wat saam met jou lag en huil.
Na 'n jaar wat uitdagings stel aan jou finansies, jou werksituasie, jou emosionele en geestelike aspek, die misdaad waarvan ons almal al 'n slagoffer is of was, besef 'n mens hoe ongelooflik belangrik dit is dat jy jouself omring met jou hartsmense. Dit sluit die duisende gesiglose "followers" uit wat alles wat jy op sosiale media kwytraak, beaam en "like."
Mag jy in die nuwe jaar met nuwe krag en werkywer jou taak aanpak. Gereed vir die soms onmoontlike eise wat aan jou gestel word, wetend dat jy elke hekkie nie alleen aanpak nie.
Mag jy in die nuwe jaar met nuwe krag en werkywer jou taak aanpak. Gereed vir die soms onmoontlike eise wat aan jou gestel word, wetend dat jy elke hekkie nie alleen aanpak nie.
Mag jy in 2025 omring word deur baie genade!