Een van die gemeentelede se dogtertjie het lank gedink oor dié vraag, voordat sy besluit het om haar ma te vra. "Mamma, het liewe Jesus my kleinboet vir ons gegee?"
"Ja, Skat."
"Dis darem nou seker lekker stil daar by Hom, né, Mamma?"
ooOOoo
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê: "Moenie vir my betaal nie, ek is nog onder ses."
ooOOoo
'n Moedelose ma sit elke Sondag in die moederskamer van die kerk, maar selfs daar is Jannie te woelig en steur die ander kinders. Sy kan duidelik sien dat Jannie se gedrag die ander ma's pla, omdat dit vir hulle baie moeilik is om hulle eie kinders te dissiplineer en hulle sover te kry om te leer om stil te sit.
Uit pure moedeloosheid en radeloosheid fluister sy in Jannie se oor: "Hoe dink jy gaan jy eendag in die hemel kom?"
Die seuntjie het so 'n bietjie nagedink daaroor en sê toe: "Ek sal in- en uithardloop tot Petrus vir my sê: "Liewe aarde, Jannie, kom nou in of bly buite."