Sunday, 8 December 2024

Mossiestilte: Rom. 16:25-26

Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring wat eeue lank verswyg is, 
maar nou geopenbaar is en deur die Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof  ...

God het sy Woord bewaar wat Hy reeds voor die grondlegging van die wêreld gespreek het en nou ook genadiglik aan jou gebring is, sodat jy mag deelhê aan sy genade volgens die belofte aan Abraham en Isak. Jy is nou saam met die uitverkore volk Israel, deelgenoot aan die erfenis van die Almagtige God, deur die bloed van Jesus Christus, wat jou ingekoop het by God se ewige erfenis. Jy het niks gedoen om dit te verdien nie, maar die liefde van die Vader is ryk aan barmhartigheid en genade en gee aan almal na die rykdom van sy heerlikheid. 

Dankie onse Vader, dat U die Woord vir my ook gebring het en lewendig gemaak het om in my te kom woon. Ek het nou 'n dienaar geword van Christus in die bediening en lydsaamheid om die woord van God te vervul, naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou aan my en sy heiliges geopenbaar is. My hoop is nou op Christus, en in sy heerlikheid. Nou kan elke mens volmaak wees in Christus (sien Kol. 1:24-28). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]