Tuesday, 31 December 2024
Monday, 30 December 2024
Hartsmense
Mag jy in die nuwe jaar met nuwe krag en werkywer jou taak aanpak. Gereed vir die soms onmoontlike eise wat aan jou gestel word, wetend dat jy elke hekkie nie alleen aanpak nie.
Sunday, 29 December 2024
Oudtroepies genooi na 'n heerlike kuieroggend
Mossiestilte: 1 Kor 1:9
Woorde van die bekende Izak de Villiers:
“Van tyd kan 'n mens baie dinge sê. Tyd heel wonde en laat 'n mens vergeet. Tyd vlieg verby en namate jy ouer word, lyk dit of dié al hoe vinniger gaan. Jy kan tyd nie terugkry nie, want wat verby is, is verby. En jy kan jou tyd verspeel, of só geïnteresseerd raak in iets dat jy nie agterkom dat die tyd verbygaan nie. Verliefdes kom tyd selde agter.
“Die Prediker het 'n halwe hoofstuk geskryf oor die feit dat alles 'n bepaalde tyd het: om te huil en te lag, om te plant en uit te roei, om te lewe en te sterwe, om lief te hê en te verlaat (vgl Pred 3). Ja, en die Prediker was nie 'n baie vrolike man nie. 'n Mens verkies die optimisme van Longfellow:
“Lives of great men all remind us
we can make our lives sublime
and, departing, leave behind us
footprints in the sands of time
(uit: A Psalm of Life).
“Ons hoop ons kan 'n voetspoor in die sand van die tyd agterlaat, dalk vir iemand om te volg. Totius het gesê dat wanneer hy die grens van die ewigheid oorsteek, hy die voetspoortjies van sy heengegane kinders voor hom sal sien om hom huis toe te lei. Dis alles mooi beelde, maar Dawid s'n is die mooiste: 'My tye is in u hand ...' (Ps 31:16; 53-vertaling).
“Dis of 'n mens in jou verbeelding 'n groot hand sien, of liewer twee hande saam gehou sodat dit 'n bakkie vorm, met alles, ook my hele aardse program daarin. Daardie hande is beskermend, onderhoudend, koesterend, ewig, sterk en veilig. Wat ook al met my gebeur, gebeur binne die beskermende sfeer van daardie Goddelike hande. Dis natuurlik 'n baie menslike beeld wat Dawid vir God gebruik, maar dit druk die gevoel van God en sy totale heerskappy en liefde uit. Dis tog Dawid wat gesê het: Selfs vir my straf wil ek liewer in die hande van die Here as dié van mense val ...
“Daarmee kan ek, mens, my vereenselwig - met oorgawe en berusting.”
Uit: In die Teenwoordigheid van God deur Izak de Villiers
[Kuier HIER vir interessante stukkies, brokkies en dagstukkies.]Afkondiging: Bid saam met ons vir ...
2. Sally Aucamp - die tehuis vir volwasse gestremdes - die inwoners, siekes, hulle wat mismoedig en depressief is en die personeel.
3. alle gemeentelede wat siek is, swaarkry en tans sonder werk is.
4. alle huwelike en gesinne!
5. vrede, verdraagsaamheid en wedersydse respek onder mekaar wat wyer kan uitkring.
6. ons gemeente dat ons God 1ste sal stel!
7. elke gelowige dat hulle die vrug van die Gees sal uitstraal.
Saturday, 28 December 2024
Kerkgenotjies: Kinderlogika
Thursday, 26 December 2024
Dink hieroor: Wat is lewe?
Tuesday, 24 December 2024
Terugblik: Knagende muis het glo aandeel in Stille Nag se skepping gehad
Monday, 23 December 2024
'n Rowwe grondpadjaar
* Ja soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie.
* Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai.
* Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek op pad verloor, maar dis okay.
* Ja, daar was dorings wat my vele kere gesteek het sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie, maar dit was ook okay.
*Dit was lang paaie, soms sonder water, soms sonder suurstof, soms met geskeurde skoene, maar dit was goeie paaie.
Maar, het ek iets geleer uit die jaar? Absoluut!
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie.
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie, net jy self moet.
* Dat min mense jou enduit gaan help.
* Dat beloftes soms leë woorde is.
* Dat opgee nooit n opsie is nie.
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê.
* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan, omdat hulle dit nie vir jou gun nie.
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie.
Ja, daar was goed én sleg maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê.
Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het deur ons Vader se genade en liefde - ek het by elkeen iets geleer.
Wat nou voorlê weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Dat ek daagliks my geloof moet versterk in God se Woord.
* Meer moet vertrou.
* My God loof en prys vir Sy genade en goedheid.
* Op my knieë in aanbidding moet bly!
* Soveel meer suurstof inkry om my nuwe roete aan te pak.
wees lief vir mekaar,
help mekaar,
droom saam,
lag saam,
maak tyd vir mekaar.
Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2024 kon dra.
* Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2025 en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie ...
* Mag die laaste paar dae van 2024 net vol sonskyn en liefde wees en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.
* Mag 2025 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jou lewe.
[Dankie, Marguerite vir hierdie mooi wense. Waardeer al jou 2024-bydraes. Seën vir jou!]
Sunday, 22 December 2024
Mossiestilte: Hos. 13:14
Saturday, 21 December 2024
Kerkgenotjies: Kersfees
Friday, 20 December 2024
Mieta se gebed
Vandag is ou Mieta vroeg op
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop
Die vlaktes is droog
dit soek water my Jirre
die son brand
daar op my draad se klere
My Jirre die laaste reent
het vir Mieta trane gebring
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing
Die land bid vir reent
die boere kry swaar
Jirre skud daai hemel
dat die reent neer kan daal
My Jirre die son brand
hard op die droe aare
maar ou Mieta my Jirre
sy maak nie besware
Sy los die werke van die Groot Man
In Sy eie hande
maar ou Mieta bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande
Seen ons boere my Jirre
en seen hierdie land
doen U die werk daarbo
en ou Mieta sal bid aan hierie kant
Dankie my Jirre
Amen
Thursday, 19 December 2024
Think about it: Being a parent is a constant work-in-progress
You will teach them to fly,
You will teach them to dream,
You will teach them to live,
Nevertheless,
[Mother Teresa]
Wednesday, 18 December 2024
Mossiestilte: Joh. 15:5
Monday, 16 December 2024
Versekering vir 2025!
So hardloop die laaste paar dae van 2024 ook deur die shredder ...
in daardie bondel papierrepies lê al jou vreugde, drome, liefde, hartseer en verdriet van 'n hele lange jaar ...
wat 'n Hemelse Voorreg om te weet jy was teenwoordig in 2024!
Dit was nog 'n jaar van onverdiende Genade!
Al was die jaar hoe moeilik,
al was die kruispaaie baie,
God het jou deurgedra,
want jy lees hier,
en jy het dit gemaak!
Onthou, saam met God bly jy 'n WENNER,
maak nie saak wat die situasie is nie ...
met jou hand in God se Hand,
sal jy altyd as wenner uit enige stryd tree!
'n Onbekende 2025 lê op die horison en wag, maar ons kan blymoedig ons voete op die 2025-pad sit.
Want ons weet ons Hemelse Vader loop vooruit!
[Aangestuur deur Ena Coetzer - waardeer!]
Sunday, 15 December 2024
Mossiestilte: Ps. 65:4
Saturday, 14 December 2024
Kerkgenotjies: Kersfees
“’n Lys van alles wat ek wil hê juffrou.”
Die afgelope vyf jaar het Eskom die Kers terug in Kersfees gesit - ek wonder of hulle hierdie Kersfees dit ook gaan doen.
Definisie van 'n ALMANAK: Dis 'n kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
Friday, 13 December 2024
Thursday, 12 December 2024
Did you notice today's date is 12/12
Wednesday, 11 December 2024
Mossiestilte: Jud. 1:20
Tuesday, 10 December 2024
Wat is liefde?
Monday, 9 December 2024
Is jy voortdurend bekommerd?
Sunday, 8 December 2024
Tot siens en baie welkom
Afkondiging: Bid saam met ons vir ...
3. alle gemeentelede wat siek is, swaarkry en tans sonder werk is.
4. alle huwelike en gesinne!
5. vrede, verdraagsaamheid en wedersydse respek onder mekaar wat wyer kan uitkring.
6. ons gemeente dat ons God 1ste sal stel!
7. elke gelowige dat hulle die vrug van die Gees sal uitstraal.