Wednesday, 25 March 2026
Mossiestilte: 1 Kor. 13:4-7
*4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
*5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
*6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
*7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Wanneer daar 'n glimlag op my lippe is, kan ek nie onnadenkende, kras of ongeduldige woorde spreek nie.
[Aangestuur]
*5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
*6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
*7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Met 'n glimlag op my lippe dra ek warmte en vriendskap oor aan ander.
Vandag glimlag ek ...
Vandag glimlag ek ...
Met 'n lied in my hart, erken ek die inherente goedheid wat daar in die ganse skepping is.
Met 'n lied in my hart, bly ek die hele dag kalm en rustig.
Met 'n lied in my hart, kan ek my blydskap met ander deel.
Vandag sing my hart ...
Met vriendelikheid teenoor almal, deel ek die seëninge uit wat ek vandag het om uit te deel.
Alles wat ek vandag doen, bevorder goeie verhoudinge en harmonie.
Vandag beoefen ek die vrug van die gees prakties.
Ek is begrypend en geduldig, gedagtig aan die behoeftes van ander en op die uitkyk vir geleenthede om liefde en vriendelikheid te betoon.
Vandag is ek vriendelik en behulpsaam ...
Ek onderneem plegtig om vandag met 'n glimlag op my lippe en 'n lied in my hart, vriendelik te wees teenoor 'n ieder en 'n elke wat my pad mag kruis ...
VANDAG IS EK 'N ADVERTENSIE VIR 1 KOR. 13!
Tuesday, 24 March 2026
Mandjie Hoop: Gesindheid maak 'n reuse verskil
* besluite te neem,
* probleme op te los en
* sterk te wees in moeilike omstandighede.
Dis nooit maklik nie, maar jou gesindheid kan ’n verskil maak! Dis nie jou opvoeding, jou omstandighede, jou gene of jou geld wat jou gaan help nie, maar wel jou gesindheid.
Die volgende gesindheidsoefeninge kan jou help om ’n verskil te maak!
* Vermy negatiewe denke.
* Vermy negatiewe mense.
* Vermy toksiese omgewings.
* Konsentreer op die positiewe.
* Help ander, reik uit en sien die nood rondom jou raak!
* Help ander, reik uit en sien die nood rondom jou raak!
* Hou jou gebedslyne oop.
'n Dankbare hart verander jou gesindheid
en
die manier waarop jy na dinge rondom jou kyk!
Monday, 23 March 2026
Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...
jou tegemoet strek.
Mag die wind
van agter waai.
Mag die son
jou gesig
met warmte koester.
En die reën
sag-suisend
in jou lewe val.
En mag God jou
in sy handpalm hou.
Sunday, 22 March 2026
Mossiestilte: Gee u gawe
Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien. 1 Pet. 4:10 (OV)
Het ons al aan onsself gedink as nodig en belangrik in ooreenstemming met die geskenk wat ons as individue aan die wêreld kan gee? Ons behoort dit te doen want ons elkeen is uniek en spesiaal en elkeen van ons het ‘n geskenk wat wonderlik en goed is. Iemand wag nou om die geskenk te ontvang wat ons het om te gee.
Wat is ons eie spesiale geskenk?
[Uit Daelikse Woord]

Dit kan die volgende wees:
Waardering - ‘n warm handdruk of ‘n klop op die skouer;
Vriendskap - ‘n helende hand of ‘n aanbod van diens;
Kommunikasie - ‘n telefoonoproep of ‘n briefie of selfs net ‘n glimlag;
Vredemaking - ‘n oop gemoed en ‘n begrypende hart;
Ondersteuning - materieel of geestelik om iemand wat in nood is te help;
Aanmoediging - ‘n luisterende oor of ‘n woord van aanmoediging;
Gebed - positiewe geloof.
Wat ookal ons geskenk is, die wêreld het dit so nodig en ons word honderdvoudig geseën wanneer ons dit aan iemand gee. Wat ook al ons geskenk is, die wêreld is onvolledig daarsonder!
Gebed: Vandag gee ek ‘n geskenk aan my naaste, wat eie aan myself is en wat net ék in staat is om te kan gee!

Saturday, 21 March 2026
Kerkgenotjies: Antwoorde stem 'n mens tot nadenke ...
Tydens 'n kinderdiens sit die kinders reg voor die preekstoel om kommunikasie en deelname te verbeter.
Moeilike begrippe (vir sommiges) word hanteer. Wat is eerlikheid, etiek en oplettenheid? Elkeen word aan die hand van voorbeelde verduidelik.
Dominee hoop dat sy gehoor die kern van die begrippe verstaan. Hy besluit om by Peter te begin. Hy is 'n meelewende outjie en hy het met intense aandag na die verduidelikings geluister.
Dominee: "Peter, wat sal jy doen as iemand langs jou in die winkel staan en 'n pakkie gemengde groente steel?"
Peter: "Ek sal vir hom sê om eerder lekkers te steel, want dis baie lekkerder."
oooOOooo
Koos-hulle is nuwe intrekkers op die dorp en die dominee en wyksouderling besluit om te gaan kennis maak.
Dominee: "Koos, is jy al voorgestel?"
Koos: "Nee, maar my naam is Koos van der Merwe."
Dominee: "Ek bedoel, is jy al aangeneem?"
Koos: "Nee, Dominee. Albei my ouers leef nog."
oooOOooo
Een van die begrafnisgangers aan die seun: "Was jou pa nog by sy volle verstand toe hy sy testament laat opstel het?"
"Ek weet nog nie. Dit word eers môre gelees."
Friday, 20 March 2026
Terugflits: Leer ander om te dien
Ek het hom nooit spontaan ontmoet nie, maar sy naam het hom vooruit geloop. Juis daarom het ek moeite gedoen om hom te gaan leer ken.
Aan die Suidkus van ons land waar baie mense gereeld by die see gaan uitrus en in die branders en sand kop skoonmaak, het Surprise nie gerus nie.
Waar ander rus, daar is sy werksplek. By die klein, tog besige ou seeplekkie is Surprise gestasioneer.
Hy sou seker ook net die nodige kon doen soos baie van ons, maar nee, hy glo jy doen die ekstra moeite, jy dra daardie ekstra vrag, jy help onvoorwaardelik. As jy hom leer ken, dan kom jy dit onmiddellik agter. Dit was nie moeilik om hom op te spoor nie - ja, almal ken vir Surprise.
By die laaste huis waar hy 'n inbraaksaak hanteer het, het hy uit omgee vir hulle kos laat aflewer.
By die voertuig wat langs die pad gaan staan het, het hy nie net iemand gebel nie, maar haar later gebel en gevra of sy veilig tuis gekom het. 'n Ander se klein seuntjie se trane het hy afgedroog.
Nou ja, so kan ons seker baie dinge oor baie mense vertel - wat Surprise anders maak, is dat die dinge nie 'n nou en dan verskynsel in sy lewe is nie, dit is hoe hy elke dag leef.
Dit is wie hy is. Onvoorwaardelik altyd dienend. Sy lewe gevul met diensbaarheid.
In my gesprek met hom vra ek hom: "Hoe kry jy dit reg dat almal so mooi van jou praat, wat maak jou so anders?"
"Anders, Meneer? Ek is nie anders nie, ons is mos maar almal dieselfde. As ons oë kyk, sien hulle 'n plek waar hulle kan help, as ons ore luister, hoor hulle 'n plek waar hulle kan help, as ons mond praat, dan bring dit sagtheid.
In 'n nuwe jaar, met nuwe dinge, kan ons by Surprise iets leer: DIEN.
[Bron: Noordkaap - Twyfelhoekie - Hannes Noëth - gaan lees gerus die Twyfelhoekierubrieke op die internet -daar is soveel pitkos om aan te herkou.]
Thursday, 19 March 2026
Think about it: Practice compassion ...
Not all scars show.
Not all wounds heal.
Not all illness can be seen.
Not all pain is obvious.
Practice compassion, rather than judgement.
Not all illness can be seen.
Not all pain is obvious.
Practice compassion, rather than judgement.
Wednesday, 18 March 2026
Mossiestilte: Mal. 4:2
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Vir jou wat in die Allerheiligste God glo, is hierdie vers van uitsonderlike belang.
Jy sal mag hê om die goddelose te vertrap, die Here van die leërskare sê dit.
Te midde van 'n tyd dat mense nie meer in God sal wil glo nie, sal jy teruggebring word na jou kinders en jou vader.
Jou naam sal opgeskryf wees in die gedenkboek voor die aangesig van die Here. (Mal. 3:16)
Here, ek bid vir elkeen wat in U glo, dat hulle harte nou versterk word in u Woord. Ek bid dat hulle die vuur van die Heilige Gees in hulle sal ervaar. Ek bid dat hulle met die waarheid gevul sal word en dat hulle vry sal wees in die Naam van Jesus Christus. Ek bid vir hulle genesing en dat hulle geloof versterk sal word in U. Ek bid dat hulle vreugde groot sal wees en dat die son van geregtigheid hulle lewens sal vul. Amen.
Vir jou wat in die Allerheiligste God glo, is hierdie vers van uitsonderlike belang.
Jy sal mag hê om die goddelose te vertrap, die Here van die leërskare sê dit.
Te midde van 'n tyd dat mense nie meer in God sal wil glo nie, sal jy teruggebring word na jou kinders en jou vader.
Jou naam sal opgeskryf wees in die gedenkboek voor die aangesig van die Here. (Mal. 3:16)
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Tuesday, 17 March 2026
Omkring hierdie belangrike basaardatum
Dutoitspanners kry weer daardie bekende basaar-gevoel wanneer die kerk op 31 Mei 2026 sy deure oopmaak vir ’n oggend vol verrassings en sommer net lekker kuier.
ONTHOU: 25 MAART – DANKFEESVERGADERING
Mandjie Hoop: Hy verander my!
Treetjie vir treetjie lei Hy my,
dra Hy my,
kom soek Hy my,
leer Hy my,
stuur mense na my,
voed Hy my,
sorg Hy vir my,
gee my manna en heilige water,
vra Hy my om te getuig van Hom want sien
Nie ek nie,
Nie ek nie,
maar God verander my in Sy kind,
'n Christus-volger.
God verander my gedagtes,
my denke,
my hart van vrees of klip.
God was my en gee my witte klere,
salf vir my oë,
'n nuwe naam en 'n naamplaatjie.
God gee my geloof,
Sy Heilige Gees,
'n nuwe lid,
'n nuwe krag,
God maak my heel,
gesond en heilig.
Monday, 16 March 2026
Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...
Mag jy ...
Genoeg geluk hê ...
om jou dankbaar te maak
Genoeg wind-van-voor kry ...
om jou sterk te maak
Genoeg trane stort ...
om jou naby aan die aarde te hou
En genoeg hoop koester ...
om jou lewenslus te gee.
(Kliek hier vir storie agter die seën)
Genoeg geluk hê ...
om jou dankbaar te maak
Genoeg wind-van-voor kry ...
om jou sterk te maak
Genoeg trane stort ...
om jou naby aan die aarde te hou
En genoeg hoop koester ...
om jou lewenslus te gee.
(Kliek hier vir storie agter die seën)
Sunday, 15 March 2026
The source
A miner who had to work underground six days a week, with four miles to walk, to his work and four back, was a regular churchgoer. Although this involves a long walk, he could be seen at public worship on Sunday morning and evening.
Someone once said to him, "After your exhausting week, I am surprised you still have the energy to go to church."
"Energy?" he replied, "Why, I go there to get the energy that I require during the week."
[WCD]
Mossiestilte: Jer. 33:11b
Bring lof aan die Here, die Almagtige want die Here is goed. Sy liefde en trou hou nooit op nie!
Hierdie vers staan uit teen die agtergrond dat God weer die Israeliete sal herstel. Maar weens hulle sondes, sal hulle eers na Babel verban word vir 70 jaar.
Die Here is in die herstelperiode. Sy Seun het reeds die prys betaal vir die sonde van die mensdom.
Kom daagliks tot bekering en laat jou lei deur die Heilige Gees, want daar sal weer opgewekte liedere gesing word om hul dankbaarheid aan die Here te bewys.
Here, baie dankie vir u genade om ons weer te herstel. U planne werk altyd uit ten spyte van my sondige natuur. Ek wil U loof en dank vir u goedheid wat van die ewigheid is; U planne van die voortyd. U liefde is so omvangryk en U wil die hele mensdom red en ewig in u koninkryk en rykdom laat leef. U Naam moet geloof en verheerlik word tot in ewigheid. Amen.

Saturday, 14 March 2026
Kerkgenotjies: Sondagskoolklas
Sondagskoolonderwyser wil by haar klassie hoor wat hulle dink van die begrip toeval of toevallig.Sy besluit om die kinders aan die dink te sit met 'n vraag.
"Wie van julle kan vir my 'n voorbeeld van toeval gee?"
Sarel: "My ma en pa is toevallig op dieselfde dag getroud."
oooOOooo
Dieselfde Sondagskoolklas is die betrokke Sondag baie besig en die juffrou sukkel om hulle rustig te kry. Sy betrap een van die seuntjies in haar klas dat hy baie lelik praat. Dis nie net ongehoord vir sy ouderdom nie, maar ook die plek waar hulle hul bevind.
"Willie,"sê sy, "jy moenie so lelik praat nie. Waar leer jy sulke woorde?"
"My pa het so gesê," antwoord Willie.
"Ag, dit maak seker nie saak nie, want jy weet tog nie wat dit beteken nie"
"Ek weet tog, juffrou," help Willie haar reg. "Dit beteken die kar wil nie vat nie."
oooOOOooo
Die Sondagskool het 'n heerlike daguitstappie na Rooifontein. Moeg gespeel na 'n onvergeetlike dag in die buitelug, moes die kinders se ouers hulle so teen vieruur die middag by die kerk oplaai.
Jannie se ma sien sommer op 'n distansie hoe hy met 'n meneer van 'n blouoog aangestap kom.
Sy ma is op die plek vies.
"Het jy alweer baklei?"
"Ja, Ma, maar Kobus het eerste teruggeslaan."
Friday, 13 March 2026
Thursday, 12 March 2026
Uitreik: 'n Treffende preek
In Nu-Mexiko loop die spoorlyn deur talle Indiaanse nedersettings, en by elke stasie word die treine oorval deur Indiane wat hulle produkte te koop aanbied.
Terwyl 'n paar passasiers besig was om die ware van 'n Indiaanse meisie te koop, het iemand skertsend opgemerk: "Toeriste word oral berowe. Maak julle klaar om bedroë daarvan af te kom."
"Ek bedrieg niemand nie," het die meisie geprotesteer. "Ek maak self hierdie mandjies, en dit neem my baie dae om hulle klaar te kry."
"Toemaar," het die persoon ongeërg voortgegaan, "almal sê dieselfde. En waarom sal julle ook nie kul nie? Ek sou dieselfde gedoen het as ek in julle plek was."
Sonder aarseling het die meisie se antwoord gekom: "'Wat sal dit 'n mens baat as jy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?' Dit is wat ons in die Sendingskool geleer het, en ek sal nie lieg nie, al moet ek ook honger ly."
"Dit was nie 'n lang preek nie, maar dit het getref," was die kondukteur se opmerking toe die trein uit die stasie beweeg.
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Dink hieroor: Groot dinge het 'n klein begin
"Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word."
Matteus 5:9 AFR83
In 1976 is die Nobelprys vir Vrede aan Betty Williams en Mairead Corrigan toegeken vir hul aandeel aan die beëindiging van die geweld in Noord-Ierland. Williams en Corrigan het in Wes-Belfast kragte saamgesnoer toe 'n vrou en drie kinders, wat in hul woonbuurt gaan stap het, deur 'n wegholmotor getref is. Die kinders is dood en hul ma kritiek beseer.
Die motor se bestuurder, wat 'n lid van die Ierse Republikeinse Leër was, is deur Britse soldate geskiet. Hierdie tragedie het vroue in Belfast - insluitend Williams, 'n huisvrou, en Corrigan, die kinders se tannie - gemotiveer om die geweld stop te sit. Die twee vroue het 𝘞𝘰𝘮𝘦𝘯 𝘧𝘰𝘳 𝘗𝘦𝘢𝘤𝘦 gestig en in die daaropvolgende weke het meer as 30 000 mense teen die geweld betoog. Ten spyte van lewensbedreigende teenstand het hulle vredespogings vermoedelik die dodetal van die konflik met die helfte verminder.
Elke dag stuur God ons die wêreld in om Sy vredemakers te gaan wees, om daar waar ek leef en werk, 'n verskil te maak.
Ek kan nie 'n vredemaker wees as ek nie vrede in my eie lewe het nie en ware vrede is eers moontlik, wanneer daar vrede tussen my en my Skepper bestaan. Dit begin deurdat ek Jesus as my Redder aanvaar. Wanneer ek dan elke dag met gebed en Sy woord begin, verander Hy my lewe om meer soos Hy te word. Daar rus Hy my toe om Sy vredemaker te gaan wees.
Op my beskeie manier kan ek dan uitgaan gaan om Sy vredeswerk in seergemaakte gevoelens en komplekse verhoudings te doen. Soms in my eie familie of gesin of vriendekring of dalk by die werk tussen kollegas.
Paulus herinner daaraan dat, al probeer ons alles in ons vermoë om in vrede met ander mense te leef, dinge nie altyd sal uitwerk soos ons graag sou wou nie. (Romeine 12:18, DB). ‘n Vriendin vertel hoe sy en haar suster jare gelede na haar ma se dood ‘n uitval gehad het. Ten spyte daarvan dat sy alles in haar vermoë gedoen het om vrede te maak, het die suster alle kontak verbreek. Die vriendin het aangehou bid vir die herstel van die verhouding. Eers na 8 jaar het die suster weer kontak gemaak en is hulle verhouding herstel.
“𝘜𝘯𝘭𝘦𝘴𝘴 𝘵𝘩𝘦 𝘭𝘰𝘷𝘦 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥 𝘪𝘴 𝘧𝘰𝘶𝘯𝘥 𝘪𝘯 𝘰𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘢𝘳𝘵𝘴, 𝘢𝘭𝘭 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘢𝘭𝘬 𝘢𝘣𝘰𝘶𝘵 ‘𝘉𝘭𝘦𝘴𝘴𝘦𝘥 𝘢𝘳𝘦 𝘵𝘩𝘦 𝘱𝘦𝘢𝘤𝘦𝘮𝘢𝘬𝘦𝘳𝘴 𝘧𝘰𝘳 𝘵𝘩𝘦𝘺 𝘴𝘩𝘢𝘭𝘭 𝘣𝘦 𝘤𝘢𝘭𝘭𝘦𝘥 𝘵𝘩𝘦 𝘴𝘰𝘯𝘴 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥’ 𝘸𝘰𝘶𝘭𝘥 𝘰𝘯𝘭𝘺 𝘣𝘦 𝘢 𝘥𝘳𝘦𝘢𝘮 𝘣𝘦𝘤𝘢𝘶𝘴𝘦 𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘪𝘮𝘱𝘰𝘴𝘴𝘪𝘣𝘭𝘦 𝘵𝘰 𝘢𝘱𝘱𝘭𝘺 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘦𝘢𝘤𝘩𝘪𝘯𝘨. 𝘈 𝘵𝘰𝘵𝘢𝘭 𝘵𝘳𝘢𝘯𝘴𝘧𝘰𝘳𝘮𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘰𝘧 𝘰𝘶𝘳 𝘣𝘦𝘪𝘯𝘨 𝘩𝘢𝘴 𝘵𝘰 𝘵𝘢𝘬𝘦 𝘱𝘭𝘢𝘤𝘦. 𝘞𝘦 𝘯𝘦𝘦𝘥 𝘵𝘰 𝘣𝘦 𝘳𝘦𝘨𝘦𝘯𝘦𝘳𝘢𝘵𝘦𝘥 𝘣𝘺 𝘎𝘰𝘥.”
- Yves I-Bing Cheng

Om vrede te maak, selfs wanneer dit moeilik is, is om Christus se voorbeeld te volg. Hy het vrede op aarde gebring tussen God en ons, Sy kinders, en tussen ons as mense.
Ek kan nie 'n vredemaker wees as ek nie vrede in my eie lewe het nie en ware vrede is eers moontlik, wanneer daar vrede tussen my en my Skepper bestaan. Dit begin deurdat ek Jesus as my Redder aanvaar. Wanneer ek dan elke dag met gebed en Sy woord begin, verander Hy my lewe om meer soos Hy te word. Daar rus Hy my toe om Sy vredemaker te gaan wees.
Op my beskeie manier kan ek dan uitgaan gaan om Sy vredeswerk in seergemaakte gevoelens en komplekse verhoudings te doen. Soms in my eie familie of gesin of vriendekring of dalk by die werk tussen kollegas.
Paulus herinner daaraan dat, al probeer ons alles in ons vermoë om in vrede met ander mense te leef, dinge nie altyd sal uitwerk soos ons graag sou wou nie. (Romeine 12:18, DB). ‘n Vriendin vertel hoe sy en haar suster jare gelede na haar ma se dood ‘n uitval gehad het. Ten spyte daarvan dat sy alles in haar vermoë gedoen het om vrede te maak, het die suster alle kontak verbreek. Die vriendin het aangehou bid vir die herstel van die verhouding. Eers na 8 jaar het die suster weer kontak gemaak en is hulle verhouding herstel.
“𝘜𝘯𝘭𝘦𝘴𝘴 𝘵𝘩𝘦 𝘭𝘰𝘷𝘦 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥 𝘪𝘴 𝘧𝘰𝘶𝘯𝘥 𝘪𝘯 𝘰𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘢𝘳𝘵𝘴, 𝘢𝘭𝘭 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘢𝘭𝘬 𝘢𝘣𝘰𝘶𝘵 ‘𝘉𝘭𝘦𝘴𝘴𝘦𝘥 𝘢𝘳𝘦 𝘵𝘩𝘦 𝘱𝘦𝘢𝘤𝘦𝘮𝘢𝘬𝘦𝘳𝘴 𝘧𝘰𝘳 𝘵𝘩𝘦𝘺 𝘴𝘩𝘢𝘭𝘭 𝘣𝘦 𝘤𝘢𝘭𝘭𝘦𝘥 𝘵𝘩𝘦 𝘴𝘰𝘯𝘴 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥’ 𝘸𝘰𝘶𝘭𝘥 𝘰𝘯𝘭𝘺 𝘣𝘦 𝘢 𝘥𝘳𝘦𝘢𝘮 𝘣𝘦𝘤𝘢𝘶𝘴𝘦 𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘪𝘮𝘱𝘰𝘴𝘴𝘪𝘣𝘭𝘦 𝘵𝘰 𝘢𝘱𝘱𝘭𝘺 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘦𝘢𝘤𝘩𝘪𝘯𝘨. 𝘈 𝘵𝘰𝘵𝘢𝘭 𝘵𝘳𝘢𝘯𝘴𝘧𝘰𝘳𝘮𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘰𝘧 𝘰𝘶𝘳 𝘣𝘦𝘪𝘯𝘨 𝘩𝘢𝘴 𝘵𝘰 𝘵𝘢𝘬𝘦 𝘱𝘭𝘢𝘤𝘦. 𝘞𝘦 𝘯𝘦𝘦𝘥 𝘵𝘰 𝘣𝘦 𝘳𝘦𝘨𝘦𝘯𝘦𝘳𝘢𝘵𝘦𝘥 𝘣𝘺 𝘎𝘰𝘥.”
- Yves I-Bing Cheng
[Geseënd is die vredemakers deur Elmarie van die Westhuizen - klik HIER]
Wednesday, 11 March 2026
Dankie vir 345 000 e-besoeke - julle is vir ons belangrik!
Dankie, vir elke getroue besoeker!
Saterdag het ons 338 000 trefslae gehad en
vier dae later staan ons op 345 000 trefslae -
'n hele 7000 meer!
Mossiestilte: Mar. 7:37 + 8:18
En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.
Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
In Gen. 1 lees ons hoe God alles geskape het en telkens gelees: En God het gesien dat dit goed was.
Ten spyte daarvan is ons blind vir die krag en liefde van God; soms hoor ons nie as God praat nie.
Die Here doen wonderwerke in ons lewens maar ons besef dit nie.
Die Here spreek en stuur ons op die regte pad maar ons soek ons eie weg.

Ek bid dat U, ons ore en oë sal open, om u stem te hoor en u wonderwerkende krag te kan aanskou. Heilige Gees ek bid dat ons sal verstaan as U, vir ons leer wat u wil is deur u wonderwerke. (verg. Mar. 8:21). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Kommunikasie: Die swart skaap
'n Leser skryf soos volg:
'n Man het 'n slagbok by ons kom haal. Hy was 'n Spoorwegwerker en hulle het 'n hele paar kindertjies gehad waarvan twee blind was. Een van hulle was juis siek, en in die stad vir 'n operasie aan die ogies. Sy vroutjie het laat vra of ek dan nie 'n hoender aan haar kon afstaan nie. Sy wou dit slag vir die pad wanneer sy weer gaan kind gaan besoek.
Ek het laat weet dat ek net 'n klompie henne het wat lê, en nie graag hulle wou wegmaak nie. Daar was egter 'n swart hennetjie met 'n seer voetjie wat sy maar kon kry. Ek het dit vir haar present gegee.
Iewers het iets my egter gehinder. Ek kon net nie my vinger daarop lê nie. Maar daardie aand, nadat almal in die huis al geslaap het, lê en lees ek die getuienis van 'n man wat, toe die wolpryse so goed was, 'n swart skaap as dankoffer gegee het. Daarna het hy so baie probleme ondervind dat hy en sy vrou ernstig begin bid het; en op hul knieë het hulle ontdek dat al die teenspoed hulle getref het omdat hulle die Here afgeskeep en Hom probeer bedrieg het. Nadat hulle hul sonde bely het, het hulle besluit dat die Here net die beste sou kry. En toe het al die moeilikhede verdwyn.
Toe ek hierdie stuk klaar gelees het, het die swart hennetjie onmiddellik voor my kom staan. Ek het dadelik gereageer en vir die Here gesê: "Here Jesus, ek weet dat u vannag nog al my henne kan laat doodgaan. Ek beloof om vir hierdie vroutjie een van my beste henne te gee." En ek het ook.
Is dit nie wonderlik hoe die Here werk nie? Hy het die getuienis van iemand gebruik om vir 'n ander tot seën te wees.
[Mev. M.V.]
Tuesday, 10 March 2026
Uitnodiging: Kom ontspan heerlik by die kuierbasaar
Dutoitspan se basaar is ’n vaste item op die kerkkalender. Dis meer as net ’n fondsinsamelingspoging, dis ook ’n kans vir die gemeenskap om saam te kom.
Daarom is dit belangrik dat ons die woord versprei en klomp voete sal uitnooi!
Kom geniet 'n heerlike kuier saam met ons. Daar is hope pret vir oud en jonk, baie lag, tafels wat kreun, lekker kos, musiek en goeie geselskap!
Plek: NG Kerk Dutoitspan
Datum: 31 Mei 2026
Tyd: 09:00
Wat bied 'n kuierbasaar?
* Smullekker kosstalletjies - die lekkerste jaffels suid van die ewenaar!
* Tuisgebak & soetgoed!
* Springkasteel vir die kinders!
* Handgemaakte items!
* Koffie, tee en koeldrank!
* Braaivleisvure en -reuke wat tot alle sintuie spreek!
💚 Bring jou familie, bure, vriende en kollegas saam!!
💚 Almal is só welkom!
💚 Kom geniet ’n gesellige dag saam met die gemeente.
💚 Nooi iemand spesifieks saam met jou en trakteer
daardie een op 'n outydse basaarpoeding of 'n pannekoek
waarvan die kaneelsuiker onder jou tande kraak!
💚 Sien JOU daar!
VOLGENDE BASAARVERGADERING:
WO: 25 MAART 18:30
Mandjie Hoop: Blomme bring vreugde
Dit bring vreugde wat almal kan geniet,
al het sommiges dorings
en maak dit soms seer.
Skoenlappers en bye kry nektar daaruit,
maar elkeen om 'n ander rede.
Skoenlappers bestuif plante en bome
en bye maak heuning.
Soms val luise die plante aan
of wurms broei uit
en probeer die plant verwoes.
So is daar mense wat dieselfde aan ander doen.
As die eienaar oplettend is
sal hy gou die plaag uitroei
en die plant sterk herstel.
So is dit jul plig om mense se lewens aan te raak.
Julle mag nie huiwer om iemand reg te help
as hy iets verkeerd sê of doen nie,
maar doen dit met liefde en respek.
Hy sê toe: Die lewe is soos 'n blom,
dit is nie vir ewig nie.
Ek het aan elkeen 'n lewenstydperk gegee -
sommiges langer as ander.
Moenie vrae vra nie,
want Ek het my beplanning perfek uitgewerk.
Ek laat jul soms bedroef agter,
maar Ek is jul Trooster,
ek heel gebroke harte.
So my kinders gaan in vrede
en deel dit met almal,
saai vreugde
en jul lewe sal 'n liefdestuin wees.
[Aangestuur]
Monday, 9 March 2026
Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...
en vir jou sorg.
Die Here sal jou goedgesind wees
en vir jou voorspoed gee.
Die Here sal sy lig oor jou laat skyn
en vir jou genadig wees.
Sunday, 8 March 2026
Mossiestilte: Op. 2:17b + 3:12b
... en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe ...
Elke mens het 'n naam, somtyds 'n bynaam of 'n verkorte naam.
Die Here het Jakob se naam verander na Israel, en Simon na Petrus.
Vir die wat hierdie sondige wêreld oorwin sal die Here 'n nuwe naam gee.
Dit wat die wêreld jou noem is nie altyd wie jy is nie, maar dit wat God jou noem is vir ewig.
As jy oorwin sal God nooit jou naam uit die boek van die lewe uitwis nie.(vers 5)
Dankie, Jesus, U het U Naam vir my gegee, die Naam bo elke naam. U Naam het krag tot vergifnis van sondes en oorwinning van die bose en die dood. U sal aan my 'n nuwe naam gee en my naam nooit uit die boek van die lewe uitwis nie. Ek sal oorwin deur die krag, die bloed van Jesus. Ek bid dat elkeen aan u Naam sal vashou, sodat niemand hulle kroon kan wegneem nie. Amen.

Active Church Members
Said a friend to a minister: "How many members have you in your church?"
"Fifty-five," replied the minister.
"How many are active?'
"All of them are active," was the reply. "Twenty-five of them are active for me, and thirty are active against me."
We sometimes wonder how our Lord feels as he looks at His professed followers.
"There is one thing I have noticed as I have travelled in different countries," said Mr. DL Moody.* "I have never known the Spirit of the Lord to work where the people are divided. The one thing that is required to have the Spirit of God work in our midst is UNITY."
* Dwight Lyman Moody was one of the most effective evangelists of the late 19th century - the Billy Graham of his generation. Dwight was born in Northfield, ... Read more
Saturday, 7 March 2026
Statistiek: Dankie vir 338 000 e-besoeke
Vanaf 23 Februarie 2026 tot vandag, 3 Maart 2026, het ons
10 000 e-besoeke gehad.
Dankie aan elkeen wat so getrou kom inloer.
Ons waardeer julle!
Kerkgenotjies: "Let's laugh away our stress with ants"
1. 5 ants + 5 ants = Tenants
2. To bring an ant from another country into your country = Important
3. Ant that goes to school = Brilliant
4. Ant that is looking for a job = Applicant
5. A spy ant = Informant
6. A very little ant = Infant
7. An ant that uses a gun = Militant
8. An ant that is a specialist = Consultant
9. A proud ant = Arrogant
10. An ant that is cruel and oppressive = Tyrant
11. An ant that is friendly and lovely = Coolant
12. An ant that has changed from evil to good deeds = Repentant
13. An ant that accumulated so much food in summer for use in winter = Abundant
14. An ant that isn’t willing = Reluctant
15. An ant that keeps financial account = Accountant
16. An ant that occupies a flat = Occupant
17. A huge ant = Giant
18. An ant that is important = Significant
19. An ant that has big legs = Elephant
20. A sarcastic ant = Mordant
21. An extremely fast ant = Instant
22. A noisy ant = Rant
23. An ant that doesn't keep moving = Constant
24. A dirty ant = Pollutant
25. An ant that annoys = Irritant
26. An ant that lacks knowledge= Ignorant
27. An ant that can take anything without complaining= Tolerant
28. An ant that wastes resources= Extravagant
29. A very careful ant = Vigilant
30. An ant that maintains good odour = Deodorant
31. An ant that finds it hard to move = adamant
32. An ant that refused to move = Redundant
33. An ant that is into business = Merchant
34. A Political ant = Aspirant
35. An ant that sues someone to court= Complainant
36. A happy ant = Jubilant
37. An ant that is patient = tolerant
38. An ant that does not cooperate = recalcitrant

39. An ant that doesn't agree easily = reluctant
40.An ant that runs away from school unjustified = Truant
[Contributed by Marguerite Pienaar.]
Friday, 6 March 2026
Manne-gebedsoggend
WANNEER: 07 MAART 2026 - 07:00
WAAR: NG Kerk Harmonie se lapa - 053 832 7722
Kekewich-rylaan 30, Monumenthoogte
SIEN JOU DAAR!
Subscribe to:
Comments (Atom)