Friday, 19 June 2020

Wednesday, 17 June 2020

Monday, 15 June 2020

Sunday, 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname om op die blog te laai nie.


Liefde ...

Liefde is nie wat jy kan kry nie,
maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie,
maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie,
nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee, nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee
vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk
al het jy niks om iemand te bied nie,
maar jy het liefde wat geld nie kan koop nie.

[Dankie, Estia Greeff, dat jy hierdie waarheid met ons deel.]

Friday, 12 June 2020

Thursday, 11 June 2020

Besoekers by die dosyne!

'n Verstommende 752 lesers op een dag!
Klik gerus op die prent om die statistiek duidelik
te sien. Dis werklik 'n riem onder die hart om te
sien hoe groei die belangstelling in die blog.
3 Junie was daar 757 besoekers vir die dag!
Lekker lees!

Dankie aan al ons gereelde besoekers!


Wednesday, 10 June 2020

Monday, 8 June 2020

Wat maak ek hier ...?

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: ... Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (Kolossense1:16)

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!

[Dankie Marguerite Pienaar dat jy die volgende treffende gebed met ons gedeel het.]

Sunday, 7 June 2020

Wednesday, 3 June 2020

Kykertal: 757 besoekers vir die dag!!

Wat 'n heerlike verrassing toe daar na die
statistiek van die dag gekyk is en die kykertal
vir 3 Junie 2020 was 757. (Klik op die prent
om die getalle duidelik te sien.)

Dankie vir elke besoeker van
hierdie blog. Ons waardeer elkeen
van julle.

Don't give up ...


Moenie met jou "ore" kyk nie ...


Tuesday, 2 June 2020

Sunday, 31 May 2020