Thursday, 30 July 2026

Dink hieroor: Vergifnis

Om te vergewe is om 'n gevangene vry te laat, 
net om te ontdek daardie gevangene was jyself.
Lewis B. Smedes

Wednesday, 29 July 2026

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons om 11:00!

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Woensdag)

3.1.3 God roep nog voor geboorte (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 3: God roep nog voor geboorte – roeping is deel van ons identiteit.

 Lees: Jer. 1:4–10 

Oordink: 
Glo ek werklik dat my lewe doelbewus deur God gevorm is as deel van sy Meesterplan in die wêreld – of glo ek dit is net die geval met sommige geestelik ‘begaafde’ mense? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!


Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons!!

Mossiestilte: Gal. 3:26-27

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Jesus Christus se bloed aan die kruis het jou skoon gewas van jou sonde. Jou geloof in Christus het jou gered. Die doop bevestig jou verhouding met God; 'n daad vanuit jou geloof in gehoorsaamheid aan God.
Christus het jou verander die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword; jy is nou met Christus beklee; jy is nou sy kind!

Dankie, Jesus, vir u redding aan die kruis vir my. Ek is nou beklee met Christus; ek is 'n nuwe mens; skoongewas deur die bloed van die Lam. Die doop bevestig dat ek met Christus een geword het; dat Christus vir my aan die kruis gesterf het en my in 'n nuwe lewe laat opstaan het. Ek het nou die Vader se kindskap deelagtig geword, deur die genade van Christus Jesus. Amen.

Tuesday, 28 July 2026

Statiestiek: Interessante brokkie inligting - Maandag 4 390 lesers

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Dinsdag)

3.1.2 ‘Hier is ek, stuur my!’ (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 2: ‘Hier is ek, stuur my!’ – God roep en stuur dié wat beskikbaar is. 

Lees: Jes. 6:1–8 

Oordink: 
Is ek bereid om myself sonder voorbehoud en ongeag die ‘prys’ wat dit mag kos beskikbaar te stel vir wat God van my vra? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Plankvloere

My hart het ‘n plankvloer ... Met 'n skraapplek, ‘n seerkryplek, hier en daar,  en as jy mooi kyk, sal jy sien dit is nie splinternuut nie, ook 'n paar krakies sal jy gewaar.
Met politoer probeer ek om dit blink te hou.
Maar hoe fix ‘n mens ‘n harde hou?
Die water waarmee ek die vloer skoon wou maak, 
het tussen die krakies weggeraak.
Ek is kwaad, ek wil huil.
Die vloer van my hart is vol krake, dit is vuil.
Op my knieë het ek gaan sit, en tot my liewe Heer gebid. 
Vader, hoekom loop die water by die krake deur? 
Dit maak my hart so seer, 'n skoongewaste vloer is tog al wat ek begeer. 
My Vader vat my hand en droog my traan: "KYK, MY KIND,
KYK WAAR MY HOUTKRUIS STAAN,
MY BLOED HET IN DAARDIE KRAKE INGEGAAN
GEEN WATER SAL NOU DAARDEUR KAN GAAN, 
MY BLOED SAL NOU JOU HART HERSTEL.
WANT JY, MY KIND, DIS JY WAT TEL”
Nou sit ek stil en ek dink -
Al kan politoer jou vloer laat blink,
As dit gaan kraak en die onderhoud raak te veel ...
“Jesus maak graag die plankvloer van jou hart heel.

[Aangestuur]

Mandjie Hoop: Maklik vs moeilik

Maklik is dit om 'n plekkie in iemand se adresboekie te kry ...
Moeilik is dit om 'n plekkie in iemand se hart te kry ...
Maklik om die foute van ander te oordeel ... 
Moeilik om jou eie foute te erken ...
Maklik is dit om te praat sonder om te dink ... 
Moeilik is dit om die tong in toom te hou ...
Maklik is dit om iemand seer te maak vir wie jy lief is ... 
Moeilik is dit om die wonde te heel ...
Maklik is dit om die reëls neer te lê ... 
Moeilik is dit om dit te volg ...
Maklik is dit om oorwinning te vier ... 
Moeilik is dit om nederlaag met waardigheid te aanvaar ...
Maklik is dit om met 'n vrag te struikel ... 
Moeilik is dit om op te staan ...
Maklik is dit om elke aand te bid ... 
Moeilik is dit om die Hand van God in die swaarkry te sien ...
Maklik is dit om aan iemand te beloof ... 
Moeilik is dit om die belofte na te kom ...
Maklik is dit om te sê ek het jou lief ... 
Moeilik is dit om dit elke dag te bewys ...
Maklik is dit om foute te maak ... 
Moeilik is dit om van jou foute te leer ...
Maklik is dit om oor verlore liefde te ween ...
Moeilik is dit om te sorg dat dit in die eerste plek nie verlore gaan nie ...
Maklik is dit om te dink om jouself te verbeter ... 
Moeilik is dit om op te hou dink en tot aksie oor te gaan ...
Maklik is dit om te ontvang ... 
Moeilik is dit om hul te hou deur dade ...
Maklik om hierdie te lees ... 
Moeilik om dit te volg ...

[Geleen op FB]

Monday, 27 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Maandag)

3.1.1 Moses word geroep–God gebruik gewone mense vir buitengewone roepings. (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 1: Moses word geroep – God gebruik gewone mense vir buitengewone roepings. 

Lees: Eks. 3:1–12 

Oordink: 
Is ek deurgaans daarop ingestel en geestelik sensitief om te ‘hoor’ wanneer God op een of ander manier my ‘aandag trek’ en hoe reageer ek normaalweg daarop? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Statistiek: 546 000 gewaardeerde e-kuiergaste

Seënbede: Mag jy vandag 'n geseënde mens wees ...

Geseënd is die mens wat ...

in die Woord van die Here sy vreugde vind (Psalm 1:1-2).
in die Woord van die Here onderrig word (Psalm 94:12).
wandel volgens God se Woord (Psalm 119:1).

Knieltyd: Ons gemeente

Sunday, 26 July 2026

Meesterplan: Baie dankie!

1. Báie dankie aan die 58 respondente wat reeds die vraelys voltooi het.
2. Mag ek vir oulaas vra dat die ander dit groot asseblief nog sal oorweeg om dit voor vanaand invul. Dit neem minder as 3 minute. Onthou net om onderaan op “Submit” knoppie te druk.

Baie, baie dankie vir almal se geduld. Ek sal u nie verder met boodskappe hieroor pla nie.

Seënwense.

Klik HIER vir die VRAELYS.

Die Meesterplan: "God se Roepstem" is die simboliek van ons agtergrond prentjie soos volg:

Vir Hoofstuk 3
* Die alleenstaande figuur links bo
verteenwoordig die mens wat stil word voor God. Die roeping begin nie by aktiwiteit nie, maar by luister. Die figuur kyk nie na homself nie, maar na God se horison.

* Die herderstaf
simboliseer die roeping van Moses (Eksodus 3) en herinner daaraan dat God gewone mense roep en toerus vir buitengewone take.

* Die kronkelpad beeld God se roepstem uit wat 'n mens op 'n lewensreis neem. Roeping is nie net 'n enkele oomblik nie, maar 'n pad van gehoorsaamheid.

* Die klein groepie mense op die pad wys dat God deur die eeue steeds mense roep om Hom te volg. Dit sluit aan by Jesaja, Jeremia, die dissipels en uiteindelik elke gelowige gedurende hierdie week se leesrooster.  

* Die dorpie in die verte verteenwoordig die wêreld waarin God sy mense instuur. Die doel van roeping is nie om weg te vlug nie, maar om God daar te dien waar mense leef.

* Die oop landskap herinner daaraan dat God se roeping 'n nuwe perspektief oopmaak. Waar ons net ons eie pad sien, sien God reeds die groter prentjie van sy Meesterplan.

* Die warm goue lig simboliseer God se teenwoordigheid en leiding. Anders as vorige weke, waar die lig dikwels die bestemming beklemtoon het, val die klem hier op die lig wat die pad en die roeping sigbaar maak.

* Die dramatiese wolke dui daarop dat roeping dikwels in onsekerheid en spanning plaasvind. God se stem word nie net in rustige tye gehoor nie, maar juis wanneer die toekoms onbekend lyk.

Die sentrale boodskap:

Die beeld wil nie in die eerste plek sê: "Gaan!" nie, maar eerder: "Luister." Die roeping begin waar 'n mens stil word voor God, sy stem hoor en dan die pad van gehoorsaamheid begin loop. Dit pas goed by die weektema "God se Roepstem" en die vyf Skrifgedeeltes oor Moses, Jesaja, Jeremia, die eerste dissipels en Paulus se oproep om waardig aan ons roeping te leef. 

Oesmaande: Julie

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies.
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom.
Ons vra dat elke lidmaat,
indien dit enigsins moontlik is,
om wanneer jy kruideniersware koop,
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Mossiestilte: 2 Thes. 3:3

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Is jou lewe omvergewerp; het jy jou rigting verloor? 
Die Here wil jou met sy krag en wysheid versterk. 
God wil aan jou bewys dat Hy steeds getrou is en sal bly en alle werk van die geloof met krag volkome sal maak. 

2 Thes. 1:12. sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

Here, ek het u krag nodig om U te verheerlik vandag. Ek weet ek is swak, maar my geloof is in u sterkte. U bly getrou al is ek ontrou en swak. U krag is ewig en u sterkte ken geen einde nie. Ek glo en vertrou U my Verlosser en Saligmaker. U sal my met wysheid versterk en bewaar van die Bose. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Flitsgedagte: Genade

Saturday, 25 July 2026

Kerkgenotjies: Rekenaars

* Ons Silwer Surfers (dis nou die ouer garde op die internet) het soms probleme met ons rekenaars.Ek het gister 'n probleem gehad en toe skakel ek vir Boetman, die 11-jarige buurseun.
Boetman druk 'n paar knoppies en die probleem is opgelos.
So in die wegstap roep ek agter hom aan: "So wat was fout?"
en hy antwoord: "Dit was 'n ID-tien-T-fout!"
Ek wou toe nie te dom lyk nie, het darem ook my trots, maar vra nietemin: "'n ID-tien-T-fout? Wat is dit, ingeval ek nodig het om dit weer te gebruik?"
Boetman grinnik: "Het Oom nog nooit van ‘n ID-tien-T-fout gehoor nie?"
"Nee", antwoord ek eerlik.
"Skryf dit neer," sê hy, "ek dink Oom sal dit wel snap."
So skryf ek dit toe neer: 'IDIOT.'
Om te dink ek het voorheen so baie van die mannetjie gehou.

* Wat is die verskil tussen "e-mail" (e-pos) en g-mail?
Antwoord: E-mail word met elektrisiteit gestuur en g-mail met 'n generator.

* Wat het SA voor kerslig gehad?
Antwoord: Elektrisiteit.

Friday, 24 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 - Vrydag)

2.6.5 Die gemeente ... self ’n getuienis ... (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.5 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 5: Die gemeente se geloof en liefde word self ’n getuienis vir die wêreld 

Lees: 1 Tes. 1:2–10 

Oordink: 
Hoe word jou eie geloof en liefde sigbaar sodat dit ander na God toe trek? 
Is dit ook kollektief waar vir die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou