Sunday 1 January 2017

Voorspoedige 2017


















Maak tyd om te werk - dit is die prys van sukses.
Maak tyd om te dink - dit is die bron van krag.
Maak tyd om te speel - dit is die geheim van ewige jeug.
Maak tyd om te lees - dit is die fontein van wysheid.
Maak tyd om te bid - dit vermag só veel.
Maak tyd om vriendelik te wees - dit is die pad na geluk.
Maak tyd om lief te hê en liefde te kan ontvang - dit is 'n Godgegewe vermoë.
Maak tyd om te lag - dit is die medisyne van die gees.
Maak tyd om te gee - die lewe is te kort vir selfsug.
Maak tyd vir God – dit is die enigste standhoudende belegging.
Maak tyd om te glo - dit is die sleutel tot die Ewigheid.
Waarvoor gaan jy tyd maak in die volgende 12 maande van 2017?
Maak tyd vir die dinge wat werklik saak maak.