Wednesday 28 March 2018

Koskas!

Raak betrokke... Kospakkies word reg deur die jaar aan minderbevoorregtes in ons omgewing uitgedeel.Die kospakkies bestaan uit items soos mieliemeel, blikkies gemengde groente, teesakkies, soya, maalvleis, ens. Indien jy ‘n skenking van produkte wil maak, kan dit by die kerkkantoor afgelewer word. Merk asb. duidelik dat dit vir die koskas is. Indien jy ‘n finansiële bydrae wil maak, kan jy dit in die kerk se rekening betaal met verwysing dat dit vir die koskas is.