Tuesday, 10 March 2026

Mandjie Hoop: Blomme bring vreugde

Blomme kan met die lewe vergelyk word. 
Dit bring vreugde wat almal kan geniet, 
al het sommiges dorings 
en maak dit soms seer. 

Skoenlappers en bye kry nektar daaruit,
maar elkeen om 'n ander rede. 
Skoenlappers bestuif plante en bome
en bye maak heuning. 

Soms val luise die plante aan
of wurms broei uit 
en probeer die plant verwoes. 
So is daar mense wat dieselfde aan ander doen. 
As die eienaar oplettend is 
sal hy gou die plaag uitroei 
en die plant sterk herstel.

So is dit jul plig om mense se lewens aan te raak. 
Julle mag nie huiwer om iemand reg te help
as hy iets verkeerd sê of doen nie, 
maar doen dit met liefde en respek. 

Hy sê toe: Die lewe is soos 'n blom,
dit is nie vir ewig nie. 
Ek het aan elkeen 'n lewenstydperk gegee - 
sommiges langer as ander.
Moenie vrae vra nie,
want Ek het my beplanning perfek uitgewerk. 

Ek laat jul soms bedroef agter, 
maar Ek is jul Trooster, 
ek heel gebroke harte. 

So my kinders gaan in vrede 
en deel dit met almal, 
saai vreugde
en jul lewe sal 'n liefdestuin wees. 

[Aangestuur]

Monday, 9 March 2026

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Die Here sal jou raaksien 
en vir jou sorg.
Die Here sal jou goedgesind wees
en vir jou voorspoed gee.
Die Here sal sy lig oor jou laat skyn
en vir jou genadig wees.

Sunday, 8 March 2026

Mossiestilte: Op. 2:17b + 3:12b

... en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe ...

Elke mens het 'n naam, somtyds 'n bynaam of 'n verkorte naam.
Die Here het Jakob se naam verander na Israel, en Simon na Petrus.
Vir die wat hierdie sondige wêreld oorwin sal die Here 'n nuwe naam gee.
Dit wat die wêreld jou noem is nie altyd wie jy is nie, maar dit wat God jou noem is vir ewig.
As jy oorwin sal God nooit jou naam uit die boek van die lewe uitwis nie.(vers 5)

Dankie, Jesus, U het U Naam vir my gegee, die Naam bo elke naam. U Naam het krag tot vergifnis van sondes en oorwinning van die bose en die dood. U sal aan my 'n nuwe naam gee en my naam nooit uit die boek van die lewe uitwis nie. Ek sal oorwin deur die krag, die bloed van Jesus. Ek bid dat elkeen aan u Naam sal vashou, sodat niemand hulle kroon kan wegneem nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Afkondiging: Eerste Kwartaalprogram

Afkondiging: Bybelstudie

Afkondiging: Dagboek

Oesmaande: Maart

Active Church Members

Said a friend to a minister: "How many members have you in your church?" 
"Fifty-five," replied the minister.
"How many are active?'
"All of them are active," was the reply. "Twenty-five of them are active for me, and thirty are active against me."

We sometimes wonder how our Lord feels as he looks at His professed followers.

"There is one thing I have noticed as I have travelled in different countries," said Mr. DL Moody.* "I have never known the Spirit of the Lord to work where the people are divided. The one thing that is required to have the Spirit of God work in our midst is UNITY."   

* Dwight Lyman Moody was one of the most effective evangelists of the late 19th century - the Billy Graham of his generation. Dwight was born in Northfield, ... Read more

Flitsgedagte: Seën

Saturday, 7 March 2026

Statistiek: Dankie vir 338 000 e-besoeke


Vanaf 23 Februarie 2026 tot vandag, 3 Maart 2026, het ons 
10 000 e-besoeke gehad. 
Dankie aan elkeen wat so getrou kom inloer. 
Ons waardeer julle!

Donderdag was daar 1 322 e-besoeke en
Vrydag het 2 011 e-besoekers kom oë wys!
Vandag het ons reeds die 1000-kerf verby gesteek!

Gemeente-ete: 1 Maart 2026


Foto's: Elsa Minne

Kerkgenotjies: "Let's laugh away our stress with ants"

1. 5 ants + 5 ants = Tenants
2. To bring an ant from another country into your country = Important
3. Ant that goes to school = Brilliant
4. Ant that is looking for a job = Applicant
5. A spy ant = Informant
6. A very little ant = Infant
7. An ant that uses a gun = Militant
8. An ant that is a specialist = Consultant
9. A proud ant = Arrogant
10. An ant that is cruel and oppressive = Tyrant
11. An ant that is friendly and lovely = Coolant
12. An ant that has changed from evil to good deeds = Repentant
13. An ant that accumulated so much food in summer for use in winter = Abundant
14. An ant that isn’t willing = Reluctant
15. An ant that keeps financial account = Accountant
16. An ant that occupies a flat = Occupant
17. A huge ant = Giant
18. An ant that is important = Significant
19. An ant that has big legs = Elephant
20. A sarcastic ant = Mordant
21. An extremely fast ant = Instant
22. A noisy ant = Rant
23. An ant that doesn't keep moving = Constant
24. A dirty ant = Pollutant
25. An ant that annoys = Irritant
26. An ant that lacks knowledge= Ignorant
27. An ant that can take anything without complaining= Tolerant
28. An ant that wastes resources= Extravagant
29. A very careful ant = Vigilant
30. An ant that maintains good odour = Deodorant
31. An ant that finds it hard to move = adamant
32. An ant that refused to move = Redundant
33. An ant that is into business = Merchant
34. A Political ant = Aspirant
35. An ant that sues someone to court= Complainant
36. A happy ant = Jubilant
37. An ant that is patient = tolerant
38. An ant that does not cooperate = recalcitrant
39. An ant that doesn't agree easily = reluctant
40.An ant that runs away from school unjustified = Truant

[Contributed by Marguerite Pienaar.] 

Friday, 6 March 2026

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Manne-gebedsoggend


WANNEER: 07 MAART 2026 - 07:00
WAAR: NG Kerk Harmonie se lapa - 053 832 7722
Kekewich-rylaan 30, Monumenthoogte
SIEN JOU DAAR!

Wêreldbiddag vir vroue van Nigerië


“RUS VIR DIE WAT MOEG EN OORLAAI IS.”

07 MAART 2026 - 18:00

WAAR: NG Kerk Harmonie - 053 832 7722
Kekewich-rylaan 30, Monumenthoogte

PREDIKER: René Viljoen

BRING 'n PAKKIE RYS SAAM!

 TEE EN KOFFIE NA DIE TYD!!

Meer oor Nigerië
Die sendingorganisasie, Geopende Deure Internasionaal (OD), lys Nigerië onder die tien lande waar Christene die ergste vervolg word. Sowat 3 490 mense is laasjaar in Nigerië weens hulle geloof doodgemaak is berig OD in hulle jaarlikse Wêreldwaarnemingslys (WWL) wat op 14 Januarie 2026 bekendgestel is. Dit is die meeste in enige land. Verskeie terreurgroepe is in hierdie land aktief wat blykbaar Christene in besonder teiken vir godsdienstig gemotiveerde aanvalle.

Klik HIER vir meer inligting.

Afkondiging: Welkom by eerskomende Sondag se erediens

Gedagte uit 'n koevert: Wysheid

Enigiemand kan kennis opdoen, maar Wysheid moet van God verkry word.

[Spoorwegboodskapper]

Tuesday, 3 March 2026

Mandjie Hoop: Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek, en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.

[Lied 519]

* Stilte is een van die beste maniere om gemotiveerd te raak as dinge nie lekker is nie.
* Stil tye saam met God laat die onmoontlike meer moontlik lyk.
* Jou bekommernis, depressie, beswaardheid, bitterheid en negatiewe gevoelens voel ligter as jy vir 10
   minute net stil sit in die teenwoordigheid van die Here.
* God sal jou vul met sy kalmte, vrede en rustigheid.
* Hy sal jou gedagtes lei na probleemoplossing.

Monday, 2 March 2026

Afkondiging: Bid saam met ons vir ...

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag die Seën van God se sagte reën op jou val
Sag op jou hoof en jou siel verfris
Met die soetheid van klein blomme wat bloei
Mag die krag van die winde van die Hemel jou seën
En die reën na jou dra om jou gees skoon te was
Vonkelend dan in die sonlig
Mag die seën van God’s aarde met jou wees
En soos jy die paaie wandel
Mag jy altyd `n sagte woord spreek
Vir die wat jy op pad ontmoet
Ierse Seëngebed 
(Vrye vertaling)

Sunday, 1 March 2026

Afkondiging: Eerste Kwartaalprogram

Oesmaande: Maart

Mossiestilte: Fil. 1:6

Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.


Laat hierdie woord jou versterk vandag dat jy nie sal twyfel oor God se krag in jou nie.
Miskien twyfel jy oor jouself, jou ouderdom, jou mislukkings, jou onvermoë, jou swakhede en sondige natuur.
God twyfel nie in jou vermoëns nie, want dit is Hy wat jou versterk en krag en wysheid gee, om te voltooi wat Hy in jou begin het.
Die God wat jou tot hiertoe gebring het is die een wat jou ook hierdeur sal bring in sy oorwinning.

Here, my God, ek het swakhede maar ek vertrou op u krag. U krag is op sy beste in my swakste tye, daarom is my blydskap groot. Net U alleen is betroubaar en die Waarmaker van u woord wat U oor my uitgespreek het. Ek weet dat u Naam verheerlik sal word in my swakheid, en dat net goedheid en guns my sal volg al dae van my lewe. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

A church on fire

In a certain town stood a beautiful church on a prominent corner; but it was a dead church.

One night the church burned to the ground, and as it burned, among the crowd which gathered was a young man who had no time for religious matters.

"This is the first time I have seen you coming to church," said somebody who happened to notice him.
"Yes," was the reply, "but this is the first time the church has been on fire."

[The Railway Messenger March 1988]

Flitsgedagte: Hartskatte

Saturday, 28 February 2026

Kerkgenotjies: Die bedelaar

Jare lank het 'n bedelaar voor die koöperasie gesit en die jammerhartige boer het elke maand as hy sy goedjies kom koop vir die stomme man R50 gegee.

Een maand begin die boer egter om net R40 te gee. Die bedelaar is 'n bietjie dikbek, maar aanvaar dit maar.

‘n Jaar later gee die boer net R20 en die bedelaar vererg hom: "Haai ou," sê hy, "toe jy van R50 na R40 afgekom het, was ek geduldig, maar nou gee jy net R20. Hoekom so min? Alles raak duurder."

"Ag, ek is regtig jammer, Meneer," antwoord die boer verleë.

"Jy sien, my seun is verlede jaar technikon toe en dit kos my 'n klomp geld. Dis die rede hoekom ek nie genoeg geld het om vir jou elke keer R50 te gee nie. En nou is my dogter universiteit toe en dit kos nog meer geld ..."

"Hoor hier, hoeveel kinders het jy?" vra die bedelaar.

"Daar is nog twee in die hoërskool," antwoord die boer.

"Wel, ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op my koste te laat leer nie!" 

Friday, 27 February 2026

Thursday, 26 February 2026

Dink hieroor: God se oneindige liefde

Redding is 'n gawe van God se oneindige liefde. Die hemel is net ons s'n weens sy genadegawes. 

Menslike trots het geen plek in hierdie verlossingswerk nie. Ons nuwe lewe in Christus is God se kreatiewe meesterstuk. Hy het 'n pad van goeie werke voorberei vir ons en Hy sal daardie goeie werke in ons lewens laat gebeur soos ons deur die geloof wandel. 

Dit is die Christelike lewe: Want deur genade is julle gered, deur die geloof - en dit is nie uit julleself nie, dit is die gawe van God - nie deur werke nie, sodat niemand kan roem nie. Want ons is God se handewerk, wat in Christus Jesus geskep is om goeie werke te doen, wat God vooraf voorberei het vir ons om te doen. (Efesiërs 2: 8-10, NIV)

Elke goeie en volmaakte gawe is van bo af, afkomstig van die Vader van die hemelse ligte, wat nie verander soos verskuiwende skaduwees nie. Hy het gekies om ons geboorte te gee deur die woord van waarheid, sodat ons 'n soort eersteling kan wees van alles wat hy geskep het. (Jakobus 1: 17-18, NIV)

Wednesday, 25 February 2026

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp

Mossiestilte: Klaag. 3:26-29 (NLV - 2011)

Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.
Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig op die Here te wag.
Mense moet geduldig sit en wag totdat die Here aandag aan hulle gee.
Daar is hoop vir jou as jy stilbly.


Met die tegnologie tot ons beskikking word die lewe al hoe vinniger en wil ons nie wag vir enige iets meer nie.
Kettingwinkels laai kruideniersware by jou huis af.
Jy kan nou inmiddellik met iemand kommunikeer en wil nie jou woorde oordink nie.
Somtyds laat die tegnologie jou in die steek, dan moet jy vir 'n part, of herstel wag.
Die Here se ore is nie toe nie. Hy hoor jou nog voor jy praat en ken jou behoeftes; Hy het nie jou tegnologie nodig nie.
God verlang egter na die stem van jou afhanklkheid en wil met jou kommunikeer.
Vra Hom, rig jou versoeke in geloof en wag in stilte, en sien hoe jou lewe verander en Hy jou antwoord.

Here, vanoggend sonder ek my af in U woord en wil ek U stem hoor na al my klagtes en versoeke. Ek vertrou U, Here. U alleen is my antwoord; U alleen weet wat die regte plan en uitkomste vir my saak is. Ek rig vanoggend my gebed na U en ek het in geloof 'n verwagting van u planne, daarom loof ek U en kyk op en bly stil en wag ... Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 24 February 2026

Uitreik: Uitreikingsprogram by VGK Ring van Upington


Die naweek het Annatjie Enslin as deel van Dutoitspan se Uitreikingsprogram, 'n kursus in Upington by die VGK Ring van Upington aangebied. 


Byna 70 jeugleiers uit 7 gemeentes is opgelei om lesmateriaal op 'n prettige manier te gebruik om dissipels in God se Koninkryk te maak. Die jeugleiers moes maar hul grootmensskoene uittrek en self weer kinders word om saam speletjies te speel, blokraaie en woordsoek in te vul, Bybelteksverse aan te leer, ens. Die kursusgangers het hope pret gehad. 


Dit was 'n geseënde naweek: 'n verrykende kursus wat tot die hart gespreek het, het die deelnemers toegerus met waardevolle kennis en vaardighede, sodat hulle met selfvertroue kan uitgaan en jong dissipels kan wen, wat op hulle beurt weer 'n verskil kan gaan maak aan diegene wat hulle pad kruis. 



Dié naweek is afgesluit met ds. Ensie wat Sondag by VGK Rainbow gepreek.

HEBREËRS 12:28-29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

Jongmense moet eendag, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Foto's: Annatjie Enslin

Uitreik: Die eerste in twintig jaar

Een koue wintersaand (so verhaal dr. Cuyler) het ek my eerste besoek afgelê by 'n ryk koopman in New York. Toe ek by die voordeur uitgaan en 'n snerpende windjie daar inwaai, sê ek: "Wat 'n vreeslike nag vir die armes!"

Die man het teruggegaan en bring my toe 'n rol banknote met die woorde: "Gee tog asseblief hierdie geld aan die armes wat u ken."

'n Paar dae later het ek aan hom 'n dankie sê-brief geskryf namens die dankbare armes wat deur sy milddadigheid gehelp is. "Hoe kom dit tog," het ek daarby gevoeg, "dat 'n man wat so vriendelik teenoor sy medemens kan wees, tog altyd so onvriendelik is jeens sy Saligmaker, deur Hom sy hart te weier?"

Hierdie vraag het hom diep in sy binneste getref. Hy het vir my 'n boodskap gestuur om hom te kom spreek, en dit was nie lank nie, of hy het hom aan Christus oorgegee. Van toe af was hy 'n baie nuttige en entoesiatiese Christen gewees. Skokkend was egter die feit dat hy vir my vertel het dat ek die eerste persoon was die afgelope 20 jaar wat met hom oor sy siel gepraat het.


Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.

Mandjie Hoop: Dis nie God se werkswyse nie

Dikwels land daar gebedsversoeke per e-pos, whatsapp of sms op jou foon wat sê dat indien jy nie vir ‘n bepaalde saak bid nie of die gebedsketting breek, dit vir jou en so baie mense tot nadeel sal wees. Slegte dinge kan gebeur.

Dit is nie hoe God werk nie!

As jy egter by ‘n gebedsaksie wil inskakel, waar dit vir jou gaan om niks anders as die belange van God se Koninkryk nie, doen jy die regte ding. (Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.)

Ons kan met sekerheid weet dat God ons liefhet en dat elkeen van sy kinders ‘n plek in sy groter plan beklee.

[Bron: Gebed, ‘n Bybelstudie - Johan Smit]

Monday, 23 February 2026

Sunday, 22 February 2026

Wat doen jy op Sondae?

Niemand kan kerkbesoek verwaarloos en geestelik vorder nie.

Hoe meer jy wegbly, hoe minder sal jy lus kry om te gaan, en hoe makliker sal jy die dag van die Here ontheilig.

Iemand wat van die kerk af los raak, verloor sy sin vir waardes met betrekking tot God en die ewige dinge. Hy vind iets anders om hom mee besig te hou en word maklik opgeneem in die maalkolk van dolle plesierversugting.

Hierdie dinge verskaf egter nie die versadiging en satisfaksie waarna sy siel smag nie. Daardie leemte in sy binneste word al groter, totdat die lewe eindelik, ontbloot van alle sin en betekenis, 'n vermoeienis en 'n oorlas word, met die moontlikheid van selfdood nie uitgesluit nie.

Dit klink miskien vergesog en onwaarskynlik, maar dit is die verhaal van menige persoon wat van God af weggedwaal het - en die eerste stap op daardie weg was verontagsaming van Gods Woord, van Sy Huis en van Sy Dag.

* Maak 'n gewoonte daarvan om Sondae die kerk te besoek. 
* Ontmoet God daar. 
* Hy daag altyd op vir die afspraak ... 
* En jy? 
* Wat doen jy Sondae?

Afkondiging: Nuwe intrekkers

Mossiestilte: Joh. 12:31

[Nou] is dit die oordeel van die wêreld, [nou] sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.


Jesus het as Seun van die mens gesterf en vir jou sondes met sy bloed betaal, daar en dan aan die kruis.
Vers 32 kan met Joh. 14:3 vergelyk word vir verdere studie. Hy sal almal na Hom toe trek. Christus het die Satan (owerste van hierdie wêreld) oorwin en buitentoe uitgedryf. Wandel in die lig sodat die duisternis jou nie kan oorval nie.

Dankie Here, vir u getrouheid om vir my aan die kruishout te betaal. U het die owerste van die wêreld vir my oorwin. Ek is klaar veroordeel omdat ek in U glo, en as U van die aarde verhoog sal word sal U my na U toe trek. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Afkondiging: Eerste Kwartaalprogram

Flitsgedagte: Genade

Verjaardagwense