Thursday, 30 April 2020

Tuesday, 28 April 2020

Die kerk in die gemeenskap ...

Klik op die prent om beter te kan lees.






 

Dagstukkies vir die jongere geslag ...

30 dagstukkies wat jy op jou eie kan deurwerk. Dankie vir diegene wat hierdie boekie aanlyn beskikbaar gestel het. Die boekie is in OneDrive gestoor. So klik op die skakel en gee kans dat dit oopmaak. Laai dan gerus die boekie af. Klik HIER!!

Beskikbaar: Handreinigers

Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.

Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.

Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.

Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892

[As jy jou eie houer bring vir handreiniger, dan kry jy R20 afslag.]

Monday, 27 April 2020

Sunday, 26 April 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Dis vir my goed om naby God te wees.

Skriflesing: Ps. 73:1-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 26 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday, 25 April 2020

'n Huwelikspsalm deur Brahm Reyneke






Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke ...

Nou weet ons,
ons kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Sy Goedheid en Trou volg ons
al ons dae soos ons skaduwee ...     

(Aangepas-ACR 12/03/2019)


Friday, 24 April 2020

Thursday, 23 April 2020

Wednesday, 22 April 2020

Monday, 20 April 2020

Sunday, 19 April 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Hou die oë op God alleen gerig..

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-32

Teksvers: 2 Kronieke 20:12

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Thursday, 16 April 2020

Slim plan hoe om jou basaarkoekies 'n langer lewe te gee ...

Gaan loer gerus na vorige jare se basaar foto's. Klik slegs op die betrokke jaar. Stuur gerus vir ons foto's as jy êrens in die laai nog het.

Basaar: foto's van 1969 - 1975

Basaar 2010

Basaar 2012

Basaar 2015

Basaar: blink idees!

Wednesday, 15 April 2020

Monday, 13 April 2020

Covid-19-oordenking 17

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking.

Tema: Ons Huwelik vir Christus

Aandtema: (Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Paasfees is die Nuwejaarsdag van die siel


Sunday, 12 April 2020

Paassondag: Covid-19-erediens: Afrikaans

Vandag plaas ons prop. Neels Loots van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore uit die graf ... Jesus leef

Skriflesing: Lukas 24:1-49

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van prop. Neels Loots te aktiveer)

Paassondag: Covid-19-erediens: Engels

Vandag plaas ons ds. Peter Chapman van die St Andrews Prespiteriaanse Kerk Beanconsfield se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore na die graf

Skriflesing: Markus 16:1-19

Seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Peter Chapman te aktiveer)

Saturday, 11 April 2020

This is Shrek ...

This is Shrek the sheep. He became famous several years ago when he was found after hiding out in caves for six years. Of course, during this time his fleece grew without anyone there to shorn (shave) it. When he was finally found and shaved, his fleece weighed an amazing sixty pounds. Most sheep have a fleece weighing just under ten pounds, with the exception usually reaching fifteen pounds, maximum. For six years, Shrek carried six times the regular weight of his fleece. Simply because he was away from his shepherd.

This reminds me of John 10 when Jesus compares Himself to a shepherd, and His followers are His sheep. Maybe it’s a stretch, but I think Shrek is much like a person who knows Jesus Christ but has wandered. If we avoid Christ’s constant refining of our character, we’re going to accumulate extra weight in this world—a weight we don’t have to bear.

When Shrek was found, a professional sheep shearer took care of Shrek’s fleece in twenty-eight minutes. Shrek’s sixty pound fleece was finally removed - enough wool to make suits for 20 men! All it took was coming home to his shepherd.

I believe Christ can lift the burdens we carry, if only we stop hiding. He can shave off our ‘fleece’—that is, our self-imposed burdens brought about by wandering from our Good Shepherd.

“Come to Me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest. Take My yoke upon you and learn from Me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. For My yoke is easy and my burden is light.” Matthew 11:28-30

[Thank you, JD van den Berg for sharing this with us.]

Covid-19-oordenking 16

Ds. Ensie Enslin doen vanaand die oordenking.

Tema: Stille Saterdag van verslaenheid

Skriflesing: Lukas 23

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)