Tuesday 19 December 2017

Elmi Bean - geliefde Dutoitspanner

Elmi Bean is 7 Desember 2017 oorlede na 'n moedige stryd teen kanker.

Sy was aktief betrokke by die kerk se werksaamhede en het altyd met vars en oulike idees voor 'n dag gekom tydens 'n basaar, die kerk se almanak en ook die kerssangdiens. Sy het drie buitelug-kerssangdienste gereël wat moeilik herhaal sal kan word. Kerslig, musiek en voorlesings het hierdie dienste in die buitelug spesiaal gemaak en daarna is vrugteslaai en roomys deur die gemeente geniet.